Skip to main content

Full text of "Die Werklike, Of Nie Werklike Doel Van Ons Bestaan (Brand Smit)"

See other formats


| DIE WERKLIKE, OF NIE-WERKLIKE 
do DOEL VAN ONS BESTAAN 


iE 
8 sl 


Te 


Die werklike, 
of nie-werklike 
doel van ons bestaan 


BRAND SMIT 


@ 2018 Barend J. L. Smit 


Alle regte voorbehou 
Eerste uitgawe 2018 


Buiteblad: Die Stryd tussen Karnaval en Vastyd, deur Pieter 
Bruegel die Ouere (1559) 


INHOUD 
INLEIDING 


Blonde meditasie 

Oortuig van 'n spesifieke rede vir jou bestaan — of 
nie 

Die doel van my lewe 

Net nog `n stuk 

(DIE GROOT ONGETITELD] 

Resultate van `n lewe 

Identiteit, die SELF, en die resultaat van alles 

Die formule wat lei tot resultaat 

Brousel vol gedagtes 

Verloor jouself, of wend jouself aan 

Los fragmente wat aansluit by “Verloor jouself, of 
wend jouself aan” 

Verloor jouself, of wees jouself ... 

Woestyn of stad | `n Beginsel 

VERSKYN of VERDWYN? 

Doel van bestaan, drie stelle opmerkings 

Vir as enige iemand vergeet het 

Planeet gevul met doel en rede 

Vermoë om `n doel te vervul | Totalitêre staat 

Die doel van bestaan 310305.doc 

Alles draai om die PUNT. 

Slegs waarde vir enkele ander mense 

Waardig om te bestaan | Teleologie | Redelike 
filosofie 

Waarde in die Groter Beskouing 

Nie almal is belangrik nie 

Die tipe volwassenes wat ons word 

Stellings en vrae | Vier doelwitte 

Om iets agter te laat 

Lewe wat `n doel dien | Intelligente, kreatiewe 
agent — of agente 


`n Lewensbeskouing om oor verleë te voel 

Doel en rede — ten minste drie moontlikhede 

Ek besluit die doel van my bestaan 

Drie breë moontlikhede vir hoe jy jou lewe kan 
leef 

Deurweek met spesifieke doel en funksie 
Resultaat, Proses, Identiteit en Geluk 

Duidelik veel om te leer van `n kat (en `n kat 
probeer nie eens om jou iets te leer nie) 
Waarvoor jy leef, en waarvoor jy sterf — `n paar 
kort notas 

Ou spoke, of slapende honde 

Die werklike, of nie werklike, doel van ons bestaan 
Almal wil `n punt bereik 

Punt, en wat my lewe die moeite werd maak 


111 
113 
114 
115 


117 
119 
121 


124 


126 
127 
130 
131 


INLEIDING 
Wie is die skrywer? 


Gebore op 29 Junie 1971 in Pretoria, in die Republiek van 
Suid-Afrika. 


Spandeer twee jaar in Suid-Korea as Engelse onderwyser 
tussen 1996 en 1998. 


Werk in Johannesburg vir ses maande in 1998. 


Vertrek na Kaohsiung, in die suide van Taiwan, in Januarie 
1999. 


Waaroor gaan hierdie bundel? 
NOVEMBER 2001 


Ek word verteer deur vrae: Wat is die mens? Hoekom doen 
ons wat ons doen? Hoekom leef ons soos ons leef? Wat is 
“geluk”? Wat beteken dit om “ongelukkig” te wees? Wat doen 
mense om “tevrede” te wees? Is daar universele patrone te 
bespeur? Wat beteken dit om `n “betekenisvolle lewe” te leef? 
HO6é leef `n mens `n betekenisvolle lewe? Wat is die natuur 
van die mens? Behoeftes, drange, doel ... Ek kan nie my lewe 
daaraan toewy om geld te maak terwyl ek verteer word deur 
hierdie vrae nie. Ek word gedryf om antwoorde te vind. Ek 
kan dit nie ignoreer nie. 

Ten spyte van my obsessie moet ek steeds op `n daaglikse 
basis speel volgens die neergelegde reëls: Ek moet kos en 
kruideniersware koop, huur en water en elektrisiteit betaal, 
ensovoorts. Ek kan nie my behoeftes vervul deur in `n grot te 
woon, en te jag, of miskien my eie lappie grond te bewerk nie 
— nie in die wêreld waarin ek woon nie, in elk geval. 


Ek het lankal geleer dat wat ek nodig het, verkrygbaar is, 
solank ek iets kan ruil vir die kos wat ek wil eet, en vir die 
klere wat ek wil aantrek. Wat ek nodig het, is krediet. Hoe 
kry `n mens krediet in die hande? Deur of `n produk vir `n 
mark te produseer, 6f deur `n diens te lewer. Dis hoekom ek 
om 6:45 elke oggend opstaan — sodat ek `n diens kan lewer, 
krediet kan ontvang daarvoor in die vorm van kontant, wat 
dan omgeruil kan word vir wat ek nodig het. Of ek my 
dienslewering geniet, is van sekondêre belang — ek moét dit 
doen. 

Maar steeds word ek verteer deur dit wat ek nie weet of 
verstaan nie. Kan daar iets soos `n doel toegeskryf word aan 
die mens se lewe? Miskien, miskien nie. Wat ek weet is dat 
indien daar `n doel is maar jy vervul dit nie, jy die spyt later 
in jou lewe sal voel soos `n ton bakstene op jou skouers. 


AUGUSTUS 1999 


Die lewe is `n stryd na `n Hoër Bestaan. Jou daaglikse lewe 
is `n proses waar jy @6f vooruitgaan na hierdie beter 
bestaanstoestand, 6f waar jy al verder afdwaal. Die konkrete 
betekenis van hierdie Hoër Bestaan verskil van persoon tot 
persoon. Om te definieer wat jéd spesifieke Hoër Bestaan is, 
is deel van jou stryd. 


* N 


Die man sit op sy stoep en rook `n sigaret. Hy dink aan die 
lewe, en vra homself Die Vraag. Hy't die oorleweringe en 
doktrines van sy jeug laat vaar, en kyk nou na sy eie 
lewenservarings en al die kennis wat hy sover opgedoen het, 
en poog om daarin te soek na `n antwoord. Hy sal dit vind: in 
sy eie ervaringe, in sy kennis, in homself, en in ander mense. 
Want net soos hy soek, uit die wese van sy natuur en gedryf 
deur sy instinkte, so soek ander ook. 

Niemand beskik oor volmaakte kennis nie, maar luister 
na `n honderd mense, en jy sal `n honderd brokkies inligting 


1 


kry wat deel vorm van die geheel. Baie brokkies kennis sal 
oorvleuel, en daar is vele wat slegs resiteer wat aan hulle 
geleer word. Daar's ook biblioteke vol boeke van mense wat 
generasies of eeue gelede kennis van die Waarheid gehad het, 
al het hierdie kennis deur die generasies, of oor die eeue heen, 
soms vergete geraak. 

Soms sal jy iemand vind — deur `n persoonlike 
ontmoeting, deur `n storie of `n artikel of `n nuusberig te lees, 
deur `n film te kyk of deur iemand se musiek te luister — wat 
lank genoeg sy of haar eie ervaringe gekontempleer het ten 
einde te beskik oor wat genoem kan word, Dieper Kennis. Op 
dieselfde wyse, indien hy ernstig is oor sy soeke, sal ook die 
man op die stoep vrede vind oor wat sy lewe beteken. 


OKTOBER 1999 


Ek sê graag dat ek `n kenner van iets wil wees. Maar `n kenner 
van wat? (Geskiedenis? Filosofie? Sielkunde? Ek sal 
eenvoudig moet leer wat ek kan van al hierdie onderwerpe, 
omdat dit die enigste manier is om die een vraag te 
beantwoord waarop ek my hele volwasse lewe al gefokus is: 
Wat maak die lewe die moeite werd vir die gemiddelde 
persoon in die moderne wêreld? 


Blonde meditasie 
Januarie 2000 


Die hele episode het begin toe ek die Saterdagoggend `n 
oproep kry van W., `n plaaslike besigheidsvrou wat my gehelp 
het om werk te kry toe ek in Taiwan aangekom het. Sy't pas 
teruggekeer uit Suid-Afrika, sê sy toe, met `n Suid-Afrikaanse 
Vrou wat nou gaan werk vir `n vennoot van haar in `n naburige 
stad. Maar die vrou het `n paar klein probleempies, en kan ek 
asseblief saam met haar en haar man gaan om met die vrou te 
gaan gesels. Ek is natuurlik opgewonde. Ek het altyd gedink 
dit sal lekker wees as daar `n paar ekstra mede-landgenote in 
die omgewing is. En W. het genoem dat die vrou blond is ... 

So piekel ek toe saam om die vrou te gaan ontmoet. 

Die oomblik toe ek haar sien, weet ek iets is verkeerd. 
Haar hande bewe, sy's bleek, en sy is duidelik oorstelp om 
iemand te sien wat haar moontlik kan help. Sy verduidelik toe 
hoe ongelukkig sy is met haar werksituasie, en hoe sy nie 
gemaklik is daarmee om saam met haar baas en sy familie te 
woon in dieselfde huis nie. En dié en daai beloftes wat gemaak 
is, is nog nie nagekom nie. 

Ander mense sou dalk dollar simbole voor hulle oë sien 
flits het (daar's baie geld te make as jy `n “foreign teacher” 
kan voorstel aan `n skool wat een soek). Terwyl sy praat, sien 
ek die Ruiter in Swart. Ek sien hoe my mond in `n goed 
geoliede Colt verander, hoe ek `n paar argumente afvuur in 
die rigting van die rampokkers, en hoe ek teen sononder saam 
met die Blonde Vrou op die trein sit terug Fengshan toe. 

Na `n hele middag van argumente voer, kom ons toe op 
die punt waar W. se vennoot, “Honest” Jimmy, `n voorstel 
maak: As ek waarborg dat hulle nie die geld sal verloor wat 
hulle betaal het om die vrou hier te kry nie, sal hulle haar in 
my sorg “vrylaat”. 

Vir ure al praat ek toe namens die vrou, en ek besef toe as 
ek nie instem nie, my hele poging om haar te help so belaglik 


soos `n leë Colt sal wees by `n skietgeveg. Ek stem toe in: Ek 
waarborg dat, as sy nie vir hulle gaan werk nie, ek persoonlik 
seker sal maak dat hulle die NT$40 000 sal terugkry wat hulle 
op haar gespandeer het. 

Die vrou gaan pak toe haar sakke, en `n paar minute later 
is ons daar weg. 

Terug in Fengshan bel ek toe my vriend O., die enigste 
ander Suid-Afrikaner wat ek op daai stadium geken het in 
Taiwan, en lig hom in oor die groeiende getal landgenote in 
ons dorp. Vyftien minute later toe staan hy in my sitkamer, en 
terwyl hy nog bladskud, oortref hy amper my eie heldedaad 
deur in te willig om sommer self vir haar die NT$40 000 te 
leen, en te help om vir haar `n nuwe werk te kry. 

Die vrou was op die punt om trane van vreugde te stort. 
Twee helde! In een dag! 

Sondag maak ons toe `n paar oproepe, en ek ry die hele 
stad plat met haar agterop my scooter om vir haar `n 
alternatiewe betrekking te organiseer. Teen die aand se kant 
het ons `n paar afsprake gemaak met skole wat sy Maandag 
sou besoek. Ons gaan sien toe weer vir O., en hy krap, volgens 
belofte, die kontant uit sy laai. 

Maandag oor middagete neem ek toe die vrou na W. toe, 
om haar in te lig dat ons vir my landgenoot `n ander werk 
gekry het, en, soos ek dit verstaan het, om vir W. en haar 
vennote die veertig duisend te gee. W. se man, wat geen 
woord Engels kan praat nie, luister toe aandagtig na wat ons 
te sê het, en na W. soos sy vertaal. Toe hy meen ons het klaar 
gepraat, staan hy op, en begin sonder verdere versuim op ons 
te gil met `n passie waaroor ek nie geweet het hy beskik nie. 

Ek word toe eers effens bleek, en die vrou word effens 
bleek, en in die paar oomblikke van stilte wat volg op die 
uitbarsting probeer ek my bes om uit te werk wat ons verkeerd 
gedoen het. W. verduidelik toe dat dit nie was wat hulle van 
my verwag het nie. Omdat hulle my gevra het om saam te 
gaan, was ek veronderstel om aan hille kant te wees. En hulle 
het al baie vir my gedoen, en hulle is my vriende, en ek ken 
nie eens die vrou nie, en hoe kon ek hulle so verraai het. 


10 


Soos ek dit toe verstaan, was ek veronderstel om die 
Sondag te gebruik om die vrou te oortuig dat W. en haar 
vennote eintlik goeie mense is, en dat om vir hulle te werk die 
regte ding sal wees om te doen. En dat Meneer $., W. se man, 
nou kwaad is vir my omdat ek my hulp aan die verkeerde kant 
verleen het. 

Die situasie neem toe `n selfs ernstiger wending. Ek word 
ingelig dat ek geen bystand meer van hulle moet verwag in 
my aansoek om my werks- en verblyfspermit te hernu nie. Dat 
hulle selfs verder sal gaan en my aansoek sal verhinder — op 
onwettige wyses indien nodig. 

Ek wil toe nog vir hulle sê maar as dit oor die geld gaan, 
die vrou hulle nou kan terugbetaal. Sy self sê egter niks. Eers 
later het sy my ingelig dat sy haar “opsies oopgehou” het. 
(Haar plan was blykbaar om die veertig duisend te leen van `n 
skool waar sy gehoop het om `n werk kry, en dan vir O. sy 
geld terug te gee.) 

Die volgende paar dae was stresvol. Ek moes sekere 
dokumente vervang, en die enigste mense wat my kon help 
was die einste mense wat ek vervreem het — W. en haar man, 
die gillende Meneer $. Hulle het geweier om enige bystand te 
verleen, soos per dreigement. 

Die Blonde Vrou het intussen by O. ingetrek, omdat sy 
van opinie was dat die atmosfeer in my woonstel “negatief” 
geraak het. Beide ek en O. was teen dié tyd bewus daarvan dat 
sy `n ietwat esoteriese uitkyk op die lewe het. Sy't gereeld 
haar sterre bestudeer, haar kaarte uitgepak op die bed om te 
sien hoe die situasie gaan uitwerk, en gereeld op haar kussing 
gesit om kontak te probeer maak met die Stiltes Wat Waarheid 
Openbaar. Die atmosfeer in my woonstel was dus meer as die 
verwagte resultaat van `n spannende situasie; dit was negatief 
Op wyses wat `n gewone sterfling nie sou verstaan nie. 

Teen die volgende week het ek genoeg gehad. Ek bel haar 
toe en sê vir haar dat sy vir W. en haar man die veertig duisend 
moet gee, sodat ek die dokumente kan vervang wat ek nodig 
het. Sy lig my toe ongeërg in dat sy nie van plan is om vir 
hulle die geld te gee voordat hulle nie vir haar die 


11 


vliegtuigkaartjie gegee het wat hulle in Suid-Afrika vir haar 
gekoop het nie. 

Ek verduidelik toe dat ek hêér gehelp het om uit `n slegte 
situasie te kom, en dat die minste wat sy vir my kan doen is 
om haar besigheid met hulle af te handel. Haar antwoord was 
dat sy nie haarself gaan benadeel ter wille van my nie, en dat 
sy my inderdaad nie gevra het om haar te help nie. En om te 
illustreer dat sy haar sê gesê het, plaas sy toe die gehoorstuk 
terug op die mikkie voor ek die punt verder met haar kon 
beredeneer. 

Teen die einde van daai week is O. Suid-Afrika toe vir `n 
vakansie, hopende dat die vrou intussen `n werk sal vind sodat 
hy sy geld kan terugkry. 

Minder as 'n week later was sy ook op ʼn vliegtuig terug 
Suid-Afrika toe — met `n kaartjie wat sy met die veertig 
duisend gekoop het. 

Hy't later te vertelle gehad dat sy met hom in kontak was 
in die Kaap. Sy't vir hom `n tjek gegee vir die geld wat sy by 
hom geleen het, en dadelik vir hom gevra of sy dit nie weer 
kon leen sodat sy kan teruggaan Taiwan toe nie. Hy't 
vriendelik die versoek geweier. 

Ek het net een keer weer van haar gehoor sedert haar 
ontsnapping. In `n bisarre, kriptiese e-mail het sy onder andere 
haar verbasing uitgespreek oor hoe dinge uitgewerk het. 


N 


Die episode het my laat dink aan `n paar dinge. Jy ontmoet 
iemand in nood. Jou eerste instink is om die persoon te help. 
Edel, reg? Ingewikkeld soos die situasie is, bring dit jou in die 
moeilikheid by ander mense. Drie dae later is jou senuwees 
klaar. Jy besluit om stappe te doen om jou eie situasie te 
verbeter, en die persoon wie jy probeer help het, steek haar 
vinger in jou oog. Sy's verbaas dat jy enige iets van haar 
verwag. En om sout op die wond te gooi, herinner sy jou 
daaraan dat dit immers jéd keuse was om betrokke te raak. En 
dan gooi sy die telefoon in jou oor neer. 


12 


Al wat jy kan doen, is om op jou stoel te gaan sit en deur 
vyftig TV-kanale te flits opsoek na iets anders om aan te dink. 

Ek vind myself toe op my eie meditasie kussing, gereed 
om gevul te word met Insig Wat Geopenbaar Word Aan Een 
Wat Homself Bejammer. Bene gekruis, hande in die hare, 
wonder ek toe: Hoekom is ek op my eie? 

Dit is sekerlik so dat `n mens, tot `n baie groot mate, 
verantwoordelik is vir jou eie situasie. Was dit nie immers tOg 
my keuse om betrokke te raak by die Blonde Vrou se situasie 
nie? Die konklusie moet dan sekerlik ook wees dat ek 
verantwoordelik is vir my eie isolasie, my eie eensaamheid. 
(Wat `n vreemde woord is dit nie! “Eenheid” is goed, 
“saamheid” is goed. Maar is “een” en “saam” nie 
teenoorgesteldes nie? Alleenheid. Dis `n beter woord: Al-een. 
Al-een hier, en al-een daar. Al-een wat soos ek is, wat soos ek 
dink, wat hierdie partikulêre sorge dra. Al-een in hierdie 
woonstel. Al-een agter hierdie rekenaar. Al-een-heid.) 

Soos almal ontmoet ek soms nuwe mense. Maar dis 
asof `n hoër hand net die mense oor my pad bring wat nie troos 
en uitkoms vir hierdie skynbaar ewigdurende lot kan bring 
nie. En hierdie hoër hand weet waarmee ek hierdie week weer 
gekonfronteer is: my eie nietigheid — hoe swak, en magteloos 
ek werklik is. 

Ek het sover al `n paar dinge uitgewerk in my lewe. As ek 
voorlopige konklusies moet maak, lyk die groter prentjie nie 
rooskleurig nie. Dit wil blyk asof die goddelike regter van my 
vader en moeder se religie nie werklik betrokke is by die 
wêreld wat hy volgens oorlewering geskep het nie. Is dit dan 
almal vir hulleself? Ook hieroor is daar nie duidelikheid nie. 

So hier sit ek, vasgevang in `n paradoks: Op die oog af 
geen regverdigheid nie, maar moenie waag om te doen wat jy 
wil nie, “because karma is gonna get you”. En as dit nie karma 
is nie, dan een of ander vorm van geregtigheid om die skale 
weer gelyk te maak. 

Ek is moeg vir hierdie legkaart waar geen van die stukke 
pas nie. Ek sit nou al vir jare met `n hamer onder my tafel, 
want p4s wil die stukke wragtig nie pas soos legkaarte moet 


13 


nie. En ek sê maar vir mense dat my ambisieuse poging om 
sin te maak van alles op my eie, goed vorder. Ek sny my 
stukke fyn, en my legkaart is nog nie so groot soos wat dit was 
toe ek geglo het soos `n kind nie, maar dit kom aan. En hierdie 
keer is dit my legkaart. 

Maar elke keer as ek terugkeer na die tafel met my 
legkaart op, het die stukke uitmekaar gebeur! Dis dan wanneer 
ek die hamer te voorskyn bring. Want as dit dan nie hierdie 
stukke is op hierdie manier nie, hoe dan? Want god alleen 
weet ek kan nie sonder `n legkaart nie! Ek moet op een of 
ander manier sin maak van die wêreld buite my venster. Maar 
ek is moeg vir retoriek en argumente! Ek is moeg vir teologie, 
en filosofie, en slim verduidelikings! 

Gee my net `n bietjie troos, for once! Soos die kelnerin in 
die padkafee op die Roger Waters CD wat vra of die ou koffie 
wil hê, en dan verskoning maak omdat sy hom miskien 
wakker gemaak het, of te hard gepraat het. 

Ek werk aan planne wat moontlik oor twee of drie jaar vir 
my `n orraait lewe sal gee. Dit spreek tog van hoop, dan nie? 

Of is dinge soos dit maar nog altyd was? `n Mens raak 
ouer, jy leer meer van die lewe, miskien kan jy oor `n paar jaar 
iets koop wat jy nou nie eens van weet nie, en die lewe gaan 
voort. En dis nooit so goed soos wat jy die heeltyd vir jouself 
vertel het nie. Tog, ons roei voort soos `ʼn span dwase tot `n 
golf ons érens teen `n kus te pletter gooi, of tot ons dryf tot in 
die middel van `n enorme oseaan. 

Miskien het Nero die regte idee gehad. In plaas daarvan 
om Rome te probeer te red, het hy viool gespeel. Miskien moet 
ons meer dans, en meer musiek maak. Miskien moet ons nég 
meer dink. Miskien moet ons aanhou mediteer tot ons onsself 
verbeel die hele tafel is gevul met `n legkaart waar al die 
stukke pas. “Watse mooi, kleurvolle prentjie is dit nie!” sal 
ons uiteindelik kan uitroep. `n Bottel-blonde antwoord op die 
vaalheid van ons werklikheid. 

Ek raak toe aan die slaap op my meditasie kussing, en 
droom van `n blonde vrou wat op die straathoek staan en 
tweedehandse viole verkoop. En ek droom ek leen geld by 


14 


“Honest” Jimmy, koop vir my een, en gaan speel vir W. en 
haar man terwyl O. hulle by die straat afjaag met brandende 
vliegtuigkaartjies in sy hand. 


15 


Oortuig van `n spesifieke rede vir jou bestaan 
— of nie 


Maart 2000 


Ek kry die gevoel, as ek weer kyk na my laaste maande in 
Korea en wat ek toe geskryf en geglo het, dat ek nog steeds 
die punt mis. Ek het toe gesê ek luier, dat ek wag vir die lig 
om groen te slaan. (Ek het myself besig gehou met video's en 
boeke. Nou hou ek myself net meer produktief besig.) 

Laas Vrydag het my scooter se brieke gefaal. Dit kon op 
enige tyd gedurende daai oggend gebeur het, en in 80% van 
die gevalle sou dit ernstige gevolge gehad het. Maar op die 
betrokke tyd en plek waar dit wel gebeur het, was ek in feitlik 
geen gevaar nie. En siende dat dit nie die eerste keer was wat 
iets werklik slegs kén gebeur het met my maar nie gebeur het 
nie, het ek gewonder: Hoekom? 

Dit het my weer laat dink aan die idee van roeping ... of 
meer spesifiek, die idee of gevoel dat ék een of ander spesiale 
roeping het, dat daar iets is wat ek mo6ét doen — a reason for 
being. 

Ek spandeer soms die beste ure van my dae en nagte hard 
aan die dink — oor die wêreld, oor die lewe, oor die betekenis 
van dinge, oor die betekenis van my eie lewe, oor die raaisel 
van hoekom ek is soos ek is en doen wat ek doen, en hoekom 
ek die keuses gemaak het wat my gebring het waar ek vandag 
is. Dis asof ek `n speurder is wat die heeltyd opsoek is na 
leidrade, ongeag of ek bewus is daarvan of nie. Soms is dit 
net 'n woord wat in my gedagtes vassteek. Soms is dit `n 
monoloog aan die einde van `n movie. Soms is dit iets wat 
iemand nié sê nie. Ander kere weer gebeur iets, of ek doen iets 
wat oënskynlik geen waarde het nie, and there it is again — 
nog `n leidraad, nog `n deel van die legkaart, asof ek moet 
verstaan. 

Ek het nou al menigmaal gedagdroom oor my ideale lewe, 
en gewoonlik begin dit met geld — om finansieel onafhanklik 


16 


te wees, omte kan doen wat ék wil doen, wadr ek dit wil doen, 
vir solank as wat ek dit wil doen. Miskien is om meer as 
genoeg geld te hê `n belangrike deel van die proses, sodat jy 
jou daaglikse bestaan kan toewy aan wat ook al die rede mag 
wees hoekom jy nog leef, sonder om afhanklik te wees van 
ander mense vir die vervulling van jou daaglikse behoeftes, en 
sonder dat jy genoodsaak word om jouself te verlaag tot 
kleinlike konvensies om aanvaar te word deur `n bepaalde 
gemeenskap. 

Steeds wonder ek “if this is as good as it gets”. Of wag ek 
steeds vir `n teken, `n woord waarop ek sal reageer dat ek nou 
verstaan, om dan die res van my lewe toe te wy aan wat ek sal 
sien as my ware roeping? 

Dit alles impliseer geloof in `n Hoër Wese. Indien jy nie 
glo in die bestaan van so `n wese nie ... nou ja, dan kom dit 
daarop neer om jouself besig te hou op so `n wyse dat jy ʼn 
bewussyn van welstand ontwikkel, en handhaaf. En om te 
dink aan ander motiverings vir wat jy doen — miskien om 
onthou te word as alles verby is, of om in jou laaste minute 
geen spyt te hê oor wat jy gedoen het, of nie gedoen het nie. 

As jy dus glo aan `n rede vir jou bestaan, wat sou hierdie 
rede wees? En as jy nie oortuig is van enige spesifieke rede 
vir jou bestaan nie, hoe beinvloed dit jou keuses en 
lewensuitkyk? 


17 


Die doel van my lewe 
Februarie 2001 


`n Eerlike Poging ter Oplossing van `n Netelige Probleem/'n 
Voorlopige Ondersoek na die Doel en Betekenis van die 
Lewe, en Wat Ons Moet Doen om Vervullende en Gelukkige 
Lewens te Lei 


DEEL EEN 
`n Ode aan die bioskoop 


“Real life is not like in the movies where you get a realisation 
and your life changes the next day. In real life you get a 
realisation, and your life changes a month later.” — Postcards 
from the Edge 


`n Paar dae gelede, om kwart oor een in die oggend, het ek 
myself `n afsnypunt gegee: Teen halftwee moes ek `n 
antwoord hê op die vraag van wat ek wil doen met my lewe. 
Ek neem toe stelling in op die stoep, en rook `n sigaret. 
Halftwee het gekom, en halftwee het gegaan, soos verwag kon 
word, sonder dat ek enigsins gevorder het in my ondersoek. 
Hulp, of inspirasie, sou met `n oop gemoed verwelkom word. 

`n Rolprent wat ek `n paar maande gelede gesien het, kom 
toe by my op as `n moontlike padaanwyser. Dit het gehandel 
oor `n klomp rekenaarprogrammeerders, en hoe hulle 
geworstel het met die vraag na die waarde van hulle lewens. 
(Soos dit maar gebeur, was die een karakter `n bietjie meer 
obsessief oor die onderwerp.) Gedurende een gesprek 
bespreek hulle toe die verskil tussen wat hulle doen met hulle 
lewens, en wat vir elkeen meer ideaal sou wees. Met ander 
woorde, as hulle nie ten minste agt ure per dag, vyf dae per 
week moes wegslyt in kantoorhokkies vir `n inkomste nie, wat 
sou hulle gedoen het met hulle tyd? Een karakter noem toe 


18 


dat `n onderwyser eenkeer vir hulle gevra het wat hulle sou 
doen met `n miljoen dollar. Die antwoord, in teorie, moes 
dan `n aanduiding gee van watse beroep jy moes volg. As jy 
byvoorbeeld antwoord dat jy ou karre sou regmaak, is dit 
veronderstel om te beteken dat jy 'n motorwerktuigkundige 
moes word. (Laat dit 'n mens nie soms met die indruk dat die 
lewe `n wit olifant is nie? Iemand het vir jou hierdie ding 
gegee wat ons “lewe” noem, maar jy weet nie mooi wat omte 
doen daarmee nie, en weggooi is nie `n opsie nie.) 

Geinspireer deur hierdie brokkie raad, stel ek toe vir 
myself die volgende vraag: As ek vyf miljoen rand gehad het, 
hoe sou ek my dae en nagte gespandeer het? 

Nou, hierdie is `n wolk waarop ek gereeld aan die slaap 
raak in die aande, en die voorlopige antwoorde is altyd 
dieselfde — koop vir my ouers `n groot huis en gee vir hulle 
genoeg geld sodat hulle kan aftree; gee vir my twee susters 
genoeg geld sodat hulle hulself nooit weer oor geld hoef te 
bekommer nie; koop vir myself `n ou gebou, gaan op reis vir 
ten minste ses maande, sien al die plekke wat ek nog altyd 
wou gesien het, bou `n internasionale netwerk van minnaresse 
op ... en dan raak ek gewoonlik aan die slaap. 

Na `ʼn uur of so van dink wat ek met vyf miljoen sou doen, 
kon ek nie met beter antwoorde as die gewones vorendag kom 
nie. Ek het geweet dat hierdie alles korttermyndoelwitte is. As 
ek klaar huise gekoop en `n klomp geld weggee het, is die 
doelwitte nie meer geldig nie. 

As my ouers en my susters dan gemaklik is vir die res van 
hulle lewens, as ek die wêreld gesien en `n internasionale 
reputasie opgebou het, wat sal ek din doen om myself besig 
te hou? Of dalk moet ek verder gaan en vra, wat sal ek dan 
doen om betekenis aan my lewe te gee? 

Ek dink toe aan `n ander film waar `n paar ouens van die 
stad dink dat dit hulle goed sal doen om `n bietjie beeste te 
gaan aanjaag oor die vlaktes. Tydens hierdie avontuur 
ontmoet hulle `n ou cowboy. Een van die stadsjapies, wat ook 
die Groot Vraag gekontempleer het, reken toe dat `n ou 
beesman die antwoord behoort te ken. Laasgenoemde het 


19 


vir `n oomblik nagedink, en toe `n enkele vinger die lug op 
gesteek. “One thing,” sê hy toe. Die ou wag toe in spanning 
vir die res van die antwoord, en toe die beesman nie sy sin 
klaarmaak nie vra die ou hom wat die een ding is. Die ou man 
antwoord toe, “Y ou've gotta figure that out for yourself.” 

My eie beskouings het my gemaklik gemaak met die idee, 
so ek het my visier toenemend begin instel daarop om `n 
enkele ding raak te sien. Om die waarheid te sê het die Een 
Ding Teorie `n amper dogmatiese aspek geword van my 
denkprosesse oor die Hoër Vrae van die Lewe. Ek was vas 
oortuig daarvan dat, wat ook al die antwoord, dit slegs `n 
enkele ding kon wees. 

Teen die tyd wat ek bed toe gegaan het (so teen halfvyf), 
het ek `n idee gehad: Ek gaan `n besigheid begin wat 
dokumentêre programme, musiekvideo's, reisprogramme en 
films in DVD-formaat verkoop; miskien `n posbesteldiens, 
sodat ek nie elke dag in `n winkel hoef te sit nie. Dit dek my 
belangstellings in geskiedenis, musiek, aktuele sake en films. 
Ek het ook gereken as ek vir mense sê dat dit my ambisie is, 
my doelwit waarna ek streef, hulle dit aanvaarbaar sal vind, 
dat dit naastenby sal klink soos die tipe antwoord wat hulle 
self sou wou gee. Ons almal ken mense wat eindeloos aangaan 
oor een of ander restaurant wat hulle wil oopmaak, of `n 
koffiewinkel, of `n boekwinkel, selfs `n skoenwinkel. Ons 
dryf gewoonlik nie die spot met mense as hulle sulke ambisies 
het nie, en ons dink nooit hulle drome is belaglik nie. Sulke 
ambisies maak sin. Hulle sal iets hê wat hulle besig hou 
meeste van die tyd, en hulle sal moontlik geniet om in `n 
bedryf te wees wat goeie kos bedien, of om die heeltyd op 
hoogte te wees van die mees kommersieel suksesvolle boeke 
van die dag. Almal weet ook dat hierdie tipe ambisies, indien 
suksesvol, `n inkomste sal genereer vir die mense en hulle 
gesinne. 

Die gedagte aan voldoende kapitaal om te befonds wat jy 
ook al wil doen het dus `n voorlopige antwoord gebring. In die 
hoop dat die antwoord sal hou tot ek weer wakker is, sluimer 


20 


ek toe in, wandelend deur rakke vol dokumentêre programme, 
musiekvideo's, en ander interessante items. 


Die volgende dag (of later dieselfde dag) het ek ontwaak 
met `n ligte spesmaas van iets wat onlangs bereik was. Die 
oomblik toe ek egter onthou wat dit was, het ek 
teruggesteier. `n Winkel?! Ek, 'n winkeleienaar? Hoe op aarde 
het ek daarby uitgekom as ʼn rede vir my bestaan? 

Die lig van `n nuwe middag het inderdaad helderheid 
gebring. Ek moes van voor af begin. 

Op ʼn wetenskaplike wyse besluit ek toe om te kyk na die 
moontlike redes hoekom ek dit aanvanklik beskou het as `n 
goeie punt, om sodoende voort te gaan met die volgende stap 
in die proses. Mense vind bevrediging in hulle werk, dan nie? 
En nie almal het `n betrekking wat ander beny nie! Ek ken 
mense wat gelukkig is met werk wat ander ongelooflik 
vervelig sal vind. Aan die ander kant, moet besoldigde werk 
noodwendig die krediet kry vir geluk in `n mens se lewe? Of 
anders gestel, moet mens noodwendig werk doen wat jou 
gelukkig maak? 

Maar ek probeer `n idee in smokkel wat geregtig is op ten 
minste `n voorlopige teorie: geluk, en hoekom dit so verweef 
is in ons soeke na doel en betekenis in ons lewens (ten minste 
in hierdie tyd van die wêreldgeskiedenis, indien nie 
noodwendig altyd so in vervloë dae nie). 

Elementêre sielkunde, en gesonde verstand, leer ons dat 
ons sekere basiese behoeftes het. Of bevrediging van hierdie 
behoeftes in hiërargiese volgorde plaasvind of nie, ons weet 
dat dit bevredig moét word tot `n redelike mate om in die 
eerste plek fisiese oorlewing te verseker, en om naas dit 
naastenby jou sinne te behou. Dit volg ook, uit gesonde 
verstand meer as enige iets anders, dat as al ons behoeftes 
bevredig word, ons `n sensasie ervaar wat ons gewoonlik 
“geluk” noem. As ons genoeg eet, relatief gesond is, 
behoorlike nagrus inkry, ordentlike skuilplek het (6f in `n 
huurkamer, 6f in `n paleis), liefde ontvang en liefde gee (in 
fisiese en emosionele terme), `n redelike begrip het van hoe 


21 


alles inmekaar steek, en as ons uiting gee aan ons kreatiewe 
behoeftes, dan voel ons gewoonlik dat die lewe orraait is, om 
die minste te sê. 

As enige van ons basiese behoeftes — fisies of andersins — 
nie bevredig word nie, ervaar ons `n sensasie van `n ander 
aard. Afhangende van die graad van onvervuldheid en die tipe 
behoefte, verklaar ons gewoonlik dat ons “ongelukkig” is, of 
“nie lekker voel nie”. In die geval van ernstige nood of gebrek 
— of om net meer spesifiek te wees — gee ons hierdie 
onaangename sensasies name soos “honger”, “koue”, “vrees”, 
of “eensaamheid”. 

Maar hoe pas die vervulling van behoeftes in by ons 
bespreking van werk (of werkloosheid, wat ook al die geval 
mag wees)? Dit werk soos volg: die besoldigde arbeid wat ons 
lewer bepaal die graad waartoe ons die meeste van ons 
behoeftes kan bevredig. Genoeg geld beteken genoeg kos — 
tensy die geld geblaas word op ander behoeftes wat minder 
belangrik is in verhouding met behoeftes wat bevredig moét 
word om die voortbestaan van ons lewens te verseker. Hope 
geld, weereens in teorie, kan `n miljoen rand skuiling beteken 
vir jou en jou intieme sirkel, en eersteklas bevrediging van jou 
(of julle) ander behoeftes. Die alternatief: geen geld nie, geen 
kos nie; geen kos nie, slegte gesondheid, en uiteindelike dood 
vanweë komplikasies teweeggebring deur onvoldoende 
bevrediging van basiese behoeftes. Tussen hierdie twee pole 
lê `n spektrum met `n duisend punte wat verskil in graad van 
behoefte vervulling. Dit alles bevestig steeds die basiese 
waarheid dat die inkomste wat jy verdien `n direkte 
verhouding het tot die graad waartoe jou behoeftes bevredig 
word, asook die kwaliteit daarvan. 


“Masters of simplicity” is wat die historikus, Alan Bullock, 
twee van die bloedigste diktators van die 20ste eeu noem. 
Volgens hom het Adolf Hitler en Joseph Stalin geweier om 
oorweldig te word deur die kompleksiteit van probleme wat 
hulle in die gesig gestaar het. Ek neig na presies die 
teenoorgestelde. Nie net voel ek oorweldig deur vrae oor die 


22 


doel en betekenis van die lewe nie, ek raak by tye 
angsbevange daaroor! Die rede hiervoor is die groot aantal 
moontlike antwoorde op die vrae. Verskeie gevestigde 
godsdienste moes in die laaste paar dekades kompeteer vir 
aanhangers (en monetêre donasies) met honderde sektes, 
bewegings en kwasie-religieë. Predikante, hoë priesters, lae 
priesters, pouse, rabbyne, heilige mans, onheilige mans, 
heilige vrouens, selfs die plaaslike kroegman, het almal hulle 
eie antwoorde op die vrae wat ons vra. By hierdie lys kan jy 
voeg antieke filosowe, pseudo-filosowe, sielkundiges, 
selfverbetering-ghoeroe's, akteurs wat skrywers word, 
skrywers wat sangers word. Die lys is oneindig. As jy nog 
vriende en familie byvoeg, sal jy begin voel Soos `n 
speelgoedrobot wie se drade gekruis geraak het. Jy begin selfs 
in meubels vas te loop, en jy stamp jou kop teen die mure. En 
dis nie eers altyd opsetlik nie. 

`n Paar weke gelede gooi my ma nog `n bestanddeel by 
die pruttende brousel. Sy't gereken dit sal goed wees om met 
my een van die basiese feite van die werklike (lees: 
middelklas) lewe te deel, naamlik dat `n man sy merk moet 
maak voor die 35e herdenking van sy aankoms op hierdie 
planeet. Hy moet, om die waarheid te sê, reeds sy hakke begin 
inkap teen sy middel-twintigs, maar as hy ten minste op pad 
is teen dertig kan hy steeds die laaste stukrag insit so teen sy 
middel-dertigs. Na 35, volgens my ma, begin dit toenemend 
moeilik raak vir `n man om sy plek in die wêreld te vind. (Dit 
is natuurlik op vrouens ook van toepassing. Ek het twee 
susters, en ek is nooit grootgemaak om te dink net omdat ek `n 
seun was ek minderwaardig hoef te voel teenoor my susters 
nie. Of andersom, soos ek later agtergekom het die neiging in 
die breër gemeenskap blyk te wees.) 

Ek het my ma op die betrokke aand heelhartig bedank vir 
haar advies (wat tot `n mate sin maak). Die gedagte is dus om 
jouself op iets toe te spits vir `n aantal jare, om een of ander 
vermoë baas te raak, of om `n kwalifikasie vir `n spesifieke 
beroep te verwerf. Ek het ook besef dat die motivering agter 
hierdie advies, en die ouderdom wat daaraan gekoppel word, 


23 


moontlik iets te make het met die feit dat `n mens se ouers nie 
wil hê jy moet weer by hulle intrek op `n stadium in hulle eie 
lewens wat hulle nie elke dag in jou bakkies wil vaskyk nie 
(en soveel te meer nie as jy werkloos is nie). 

Die ander rede hoekom jy finansieel gemaklik moet wees 
teen 35, is omdat jy dit dalk oorweeg om `n paar 
afstammelinge te produseer. Ons almal ken die assosiasies: 
meer monde om te voer, meer kruideniersware, nuwe skoene 
en klere, skoolgelde, groter huis, groter kar, duurder 
huispaaiemente, 35 op pad 60 toe. Ek kon sien waarheen 
hierdie argument beweeg. Die ideaal van `n konvensionele 
middelklaslewe was nog nooit my hoofmotivering om op te 
staan in die oggende nie (of in die vroeë middag, soos deesdae 
die geval is). Maar om dit aan te voer as `n rede om nie te doen 
nie wat mense al doen vanaf lank voor die mees antieke 
filosowe die eerste “Hoekom?”-teorie geformuleer het, is nie 
goed genoeg nie. 

Hoekom blyk dit dat (amper) alle mense (amper) altyd 
neig na dieselfde ding, in goeie tye en slegte tye, of hulle mooi 
of lelik is, ryk of arm, geniaal of idioot? Die mens bereik `n 
sekere ouderdom, hy of sy begin anders optree as voorheen, 
en as hulle weer hul oë oopmaak, eet hulle nie meer alleen 
ontbyt nie. Dieselfde neiging herhaal homself deur elke era 
van die wêreldgeskiedenis, deur elke generasie, oor alle 
grense heen — ongeag ras, godsdiens, ideologie, opvoeding, 
agtergrond, klas of status. Hoekom wil dit voorkom asof 
mense altyd na mekaar toe dryf — met elke nou en dan twee 
wat gelukkig die sononder binnestap? Hoekom wil dit verder 
blyk dat dit mense gelukkig maak deur sosiaal te verkeer met 
individue met wie hulle iets in gemeen het? 

Dis eenvoudig, mag jy dalk antwoord: Mense het mekaar 
nodig. Soos diere het ons `n behoefte aan die veiligheid en 
ondersteuning van `n groep. Ons word ook gebore met die 
drang om voort te plant, daarom die intieme kontak tussen 
(gewoonlik) twee mense op `n slag. 

`n Verdere verduideliking vir hierdie neiging onder die 
mens kan gevind word in `n oppervlakkige oorweging van die 


24 


teenoorgestelde van verhoudings en assimilasie, naamlik die 
verskynsel van eensaamheid — om alleen te wees wanneer jy 
nie noodwendig alleen wil wees nie. `n Karakter in `n ander 
fliek het eenkeer genoem dat volgens Amerikaans-Indiaanse 
volkskunde, om die wêreld alleen te bewandel die ergste straf 
is wat `n man opgelê kan word. Dit is ook toevallig die ergste 
(amptelike) straf wat `n gevangene opgelê kan word in `n 
tronk. “Gooi hom in die gat vir twee weke!” sal `n tronkhoof 
soms gil in `n fliek, en dan val die ander gevangenes se oë 
paniekerig vloer toe. Dis nie net die afwesigheid van sonlig 
wat die man tot op die rand van `n senu-ineenstorting gaan 
dryf nie — mense het ander mense nodig. Wysheid uit Afrika 
komplementeer dié van die Inheemse Amerikaners met die 
konsep van “ubuntu” — `n mens is `n mens, deur ander mense. 


Universele verskynsel, wysheid uit Afrika en Noord-Amerika, 
die tronkbaas in die fliek, en my ma, bevestig derhalwe almal 
dieselfde ding: Ek het `n hond nodig. Is dit nie een van die 
hoofredes hoekom mense troeteldiere aanhou nie? Om 
hulleself te kompenseer vir die afwesigheid van menslike 
geselskap! Of as hulle dan gelukkig genoeg is om daagliks 
hulle lewe met ander te deel, om iets te hê om mee te gesels 
as die gewone geselskap nie in die bui is nie, of tydelik 
afwesig. 

`n Troeteldier het egter meer waarde as net om iets te hê 
wat terugblaf as jy praat, en het `n meer betekenisvolle 
uitwerking op die mens se psige as net `n bietjie vermaak as 
hy vir jou toertjies doen. Om `n troeteldier te hê, is om te 
ervaar hoe dit voel as `n ander lewende wese jou nodig het — 
iets buite jou wat nodig het dat jy lewendig moet wees. Dit 
gee ons 'n gevoel van waarde. Dit laat ons voel asof daar `n 
doel in ons lewe is, `n rede vir ons bestaan. (Die idee dat jy 
aan die lewe moet bly om vir Bruno twee keer per dag `n bak 
korrels te gee, word natuurlik in `n nuwe perspektief geplaas 
die oomblik as jy daaraan dink dat hy heel moontlik straataf 
sal draf en elders anders korrels sal gaan soek as jy aanhou om 
filosofie met hom te praat.) 


25 


Ons het ander mense nodig — soos daar reeds uitgewys is, 
en selfs meer as wat ons troeteldiere nodig het — om 
vanselfsprekende redes: Ons het nodig om êrens te behoort, 
ons het kameraadskap nodig, en in die geval van gewoonlik 
intieme verhoudings, voel ons ook die behoefte aan om voort 
te plant. In `n onlangse fliek oor `n troue-sanger, kom die 
hoofkarakter by `n punt waar hy vir sy vriend sê dat, van 
daardie oomblik af, beide van hulle “free and happy” gaan 
wees. Sy vriend maak sy glas whiskey toe in een sluk leeg en 
antwoord, “Tm not happy. Dm miserable.” Hy gaan toe voort 
om te verduidelik dat, ten spyte van sy reputasie as `n 
enkellopende Romeo, hy net iemand soek om hom vas te hou, 
iemand wat hom kan vertroos met die woorde dat alles sal 
uitwerk. Gooi hierby die idee van die ons van `n verhouding, 
en `n mens raak toenemend oortuig van die feit dat jy @rens 
behoort as jy in `n betekenisvolle verhouding is met `n ander 
persoon. `n Franse madame wat troos (en soms liefde) haar 
besigheid gemaak het in `n ander fliek, som die redes vir die 
intieme verhouding tussen twee mense op as “romanse, 
kameraadskap en toewyding”. `n Verhouding van hierdie aard 
het ook die addisionele bonus dat jy iemand het om mee te 
gesels as jou troeteldier elders anders besig is. En om `n bietjie 
speserye by die brousel te gooi, het jy natuurlik iemand saam 
met wie jy die kuns van voortplanting kan verfyn. 

Om belangrik te wees vir iemand anders, om iemand te hê 
in jou lewe wat jou as `n onontbeerlike deel van sy of haar 
lewe beskou, gee betekenis aan jou bestaan. Dis `n 
eenvoudige ooreenkoms, maar dit werk: Ek sal betekenis gee 
aan jou lewe, as jy betekenis gee aan myne. 


Het ek die Een Vinger Ding opgelos? Is liefde, soos baie 
vermoed, die antwoord? Gee “romanse, kameraadskap en 
toewyding” betekenis aan ons lewens, en ʼn rede om te leef? 
Dit mag sinies klink, maar ek is nie heeltemal tevrede nie. 
Dit is waar dat ons liefde nodig het, en dat dit ons in staat 
stel om die Groot Vraag tot `n bevredigende mate te 
beantwoord. Ek het egter tot die konklusie gekom dat ons ten 


26 


minste #wee ander dinge nodig het om die legkaart te voltooi. 
Eerstens moet ons `n manier vind om die voortdurende 
bevrediging van ons materiële behoeftes — insluitende voedsel 
Op 'n daaglikse basis en beskerming van die elemente — te 
verseker (reeds aangeraak `n paar paragrawe terug). In die taal 
van die moderne tyd beteken dit een ding: geld. Tensy ons een 
of ander lotery wen, impliseer dit verder dat ons nodig het om 
werk te doen, om hierdie geld te verdien op 'n gereelde basis. 
In die tweede plek — of naas liefde en geld, die derde stuk van 
die legkaart — het ons iets nodig wat ons geniet om te doen. 
Sommiges noem hierdie aktiwiteit `n stokperdjie; ek verkies 
om dit Die Derde Ding te noem. 

[aat my toe om kortliks die betekenisvolle impak te 
verduidelik wat Die Derde Ding het op die moontlikheid van 
geluk en vervulling in ons lewens. Hierdie ding — of dit nou `n 
aktiwiteit, of die bemeestering van een of ander vermoë is, of 
doodgewoon net om dinge te versamel — is waarop vele van 
ons die meeste van ons tyd séi spandeer as ons dit nie moes 
spandeer om ons maandelikse salaristjeks te verdien nie. Die 
redes hoekom ons hierdie Derde Dinge najaag, wissel van 
ontspanning tot die uitdaging wat dit ons bied tot die sin van 
eiewaarde wat dit tot gevolg het. Die onderliggende beginsel 
is egter dat ons dit geniet. 

Party mense sal argumenteer dat hulle dit geniet om seëls 
te versamel, maar dat hulle dit nie noodwendig voltyds sal wil 
doen nie. Hulle sal verder argumenteer dat hulle geniet om te 
doen wat hulle gekies het om geld mee te verdien (as dit nie 
is om skaars seëls te versamel en dit teen `n wins te verkoop 
nie). Hierdie argumente bevestig, tot `n mate, die beginsel dat 
ons iets nodig het wat sommige `n stokperdjie noem — wat 
saakmaak is dat dit iets is wat ons geniet. 

Realistiese gesproke behoort die werk wat ons kies om ons 
spreekwoordelike brood en botter mee te verdien iets te wees 
waarin ons naastenby geinteresseerd is, en wat ons tot `n 
redelike graad geniet om te doen. `n Professionele fotograaf 
is `n goeie voorbeeld van iemand wat `n inkomste 
bewerkstellig op `n terrein waarin hy of sy werklik belangstel. 


27 


Dit mag dalk selfs die behoefte aan `n Derde Ding verminder, 
want die wyse waarop hierdie fotograaf geld verdien, verskaf 
reeds die nodige vervulling van die derde deel van die 
formule. Indien jy egter nie so geseënd is met die vermoë om 
goeie beroepskeuses te maak nie, of vanweë ander redes nie 
jou besoldigde situasie geniet nie, het jy `n aparte 
belangstelling of aktiwiteit nodig om die formule te laat werk. 

Balans is `n verdere faktor wat in berekening gehou moet 
word. `n Lewensmaat vervul `n hele reeks behoeftes, net soos 
jy (hopelik) dieselfde behoeftes vervul vir hom of haar. Almal 
weet egter dat liefde nie die huur betaal nie (as `n karakter 
in `n fliek dit nie al gesê het nie, is ek seker daarvan jou ma 
het dit al genoem). Jy of jou lewensmaat, of albei, het dus `n 
inkomste nodig waarmee die huur of huispaaiement betaal kan 
word, kos en klere gekoop kan word, en soos meeste mense in 
die ontwikkelde wêreld al agtergekom het sedert die 
Industriële Rewolusie, om veel meer ander artikels aan te skaf 
as wat `n mens werklik kan bekostig en/of nodig het. As die 
werk wat jy doen vir `n inkomste jou `n mate van genot en 
satisfaksie gee, het jy reeds begin om ook die behoefte te 
bevredig wat gewoonlik gedek word deur “dit wat mense in 
hulle vrye tyd doen vir plesier” (soos die woordeboek 
“stokperdjie” definieer). 


Jy't dus nou genoeg kos in jou maag om jou te hou vir `n paar 
ure, en jou onvolmaakte naaktheid is beskerm teen die wind 
en weer. Jy't `n behoorlike dak oor jou kop, `n relatiewe goeie 
begrip van die kosmos, romanse en intieme gemeenskap is 
daagliks deel van jou lewe, en jy sny die gras elke tweede 
Saterdag vir jou pret en plesier terwyl jy dink aan jou 
seëlversameling. Maar steeds voel jy `n ongemaklikheid 
knaag aan jou binneste. En maak nie saak hoe hard jy probeer 
nie, jy kan nie die vraag onthou wat ons gekontempleer het 
toe hierdie hele bespreking begin het nie. 


28 


(SOORT VAN) DEEL TWEE 


Die soektog na antwoorde op die vrae wat die mens al jaag 
sedert die ontwaking van intellektuele nuuskierigheid 
produseer gewoonlik verskeie moontlikhede. Maar net 
wanneer jy optimisties begin raak oor jou filosofiese 
vermoëns, besef jy dat jy nooit daarin geslaag het om die 
vraag behoorlik te formuleer nie. Wat is dit wat ons wil weet? 
Wil ons weet hoekom ons gebore is? Wil ons weet of ons `n 
spesiale doel het wat ons moet vervul? Wil ons oortuig wees 
daarvan dat ons lewens waarde en betekenis het? Wil ons weet 
wat ons moet doen om gelukkige en vervullende lewens te lei? 
Hoekom wil ons gelukkige en vervullende lewens lei? 

Meeste van ons het sekere verwagtinge van onsself, van 
wat ons graag sal wil bereik. As deel van ons grootwordproses 
kyk ons na wat ander doen, en ons identifiseer —- bewustelik of 
nie — sekere mense as voorbeelde. Ons dink aan hoe dit sal 
wees om dieselfde dinge te doen as wat hierdie mense doen, 
of gedoen het, en om soortgelyke resultate te bewerkstellig. 
Maar hoekom wil ons hierdie doelwitte nastreef? Hoekom wil 
ons ons verwagtinge realiseer? Hoekom het ons in die eerste 
plek verwagtinge van onsself? 

Die Griekse filosoof Plato het beweer dat omdat ons vrees 
om te verdwyn in die nietigheid, ons onsterflikheid wil 
bewerkstellig. Ons kyk na die diereryk, en ons hoop dat ons 
lewens meer waarde het as dié van `n rot of `n kameelperd. 
Ons weet hoe delikaat ons lewens kan wees, maar ons is ook 
bewus van sekere unieke kwaliteite en vermoëns waaroor 
ander diere nie beskik nie. 

Die oortuiging dat ons meer moet bereik in ons leeftyd as 
wat `n wilde dier sal bereik in syne, blyk `n natuurlike 
resultaat te wees van ons superieure intellektuele vermoëns. 
As ons nié meer behoort te doen met ons lewens as die 
gemiddelde dier nie, waarom beskik ons dan oor vermoëns 
wat soveel meer gevorderd is as ons primaatneefs en -niggies 
aan wie ons die naaste verwant is? Ons begin vrae te formuleer 
wat ons nader kan bring aan wat dit beteken om “mens” te 


29 


wees. Ons wonder oor die “betekenis van die lewe”, of daar `n 
spesifieke rede is hoekom ons gebore is, of daar `n doel is vir 
ons bestaan. 

Ek vermoed dat hierdie vrae nie bloot verskillende 
weergawes is van dieselfde basiese soeke nie, en dat dit 
derhalwe nodig is om verskillende antwoorde aan elke vraag 
te gee. Ek wil verder voorstel dat `n mens aanvanklik 
konsentreer op ʼn enkele een, naamlik die vraag na wat jou 
gelukkig maak. (Vele sal protesteer dat persoonlike geluk tog 
so selfsugtig is, en moet ons dan nie streef na iets meer edel 
nie? Laasgenoemde is `n onderwerp wat later aangeroer sal 
word; die leser sal ook vind dat `n meer edel strewe nie 
teenstrydig is met die primêre emosie wat ons “geluk” noem 
nie. Die moontlikheid van geluk speel verder `n sentrale rol in 
die oortuiging dat die lewe die moeite werd is, hoe mense ook 
al kies om te definieer wat hulle gelukkig maak — hetsy 
onophoudelike vermaak, of toewyding aan `n goeie saak.) 

Is daar `n antwoord op wat `n mens gelukkig maak 
waarmee meeste mense sal saamstem? Ek glo daar is. 

Dis op oomblikke soos hierdie wat sommige lesers dalk `n 
lewensveranderende openbaring verwag. Hulle sien moontlik 
in hulle geestesoë hoe ek my keel skoonmaak, die mikrofoon 
met geswete vingers vasklem, en begin praat, stadig, met elke 
woord fyn opgeweeg. Dan, na hulle my magiese uiteringe 
beluister het, mag hulle hulself dalk voorstel hoe hulle 
terugdeins, en dan met agting prewel: “Sjoe! Dis dan 
waarmee `n mens vorendag kom as jy jare spandeer in 
eensame isolasie in `n poging om `n antwoord te vind! Ek is 
so verlig dat jy vir my hierdie wonderlike woorde gegee het! 
Dis nou duidelik dat ek dit self nooit sou kon uitwerk nie...” 

Die waarheid is, gelukkig vir almal van ons, veel minder 
dramaties (al hét dit my jare van moontlik onnodige semi- 
eensame opsluiting geverg om uit te werk). Wat `n mens nodig 
het, is die drie dinge wat reeds bespreek is. Vir dié wat nie 
mooi die patroon raakgesien het nie, hier's dit weer: `n mens 
het liefde nodig, en jy't geld nodig, en dan het jy iets nodig 
wat jy geniet om te doen — op jou eie, sal dalk wys wees om 


30 


by te voeg. (Goeie gesondheid kan as `n addisionele vereiste 
genoem word, nou dat ek daaraan dink). As hierdie elemente 
deel is van jou lewe tot `n bevredigende mate, is jy ten minste 
op pad na `n bestaanstoestand wat “persoonlike geluk” 
genoem kan word, en mag jy dalk net oortuig wees daarvan 
dat die lewe die pyn en teleurstelling werd is wat soms 
onvermydelike bestanddele is van ons bestaan. 

`n Ekstra woord van advies sal hier nie onvanpas wees nie: 
Balans mo6ét gehandhaaf word. As die balans versteur word, 
sal dit wees soos `n towerformule wat nie werk nie omdat jy 
die woorde in die verkeerde volgorde geuiter het, of omdat jy 
iets uitgelaat het. As jy te veel tyd spandeer om geld te maak, 
en jy jou verhouding met die persoon (of persone) wat jy 
liefhet skade aandoen, sal dit die toorkrag verbreek. Aan die 
ander kant, as jy die heeldag die bed warm Iê met jou 
lewensmaat, gaan dit nie werk as jy die bankbestuurder 
meedeel dat liefde belangriker is as geld as hy wil weet waar 
die maandelikse huispaaiement is nie. Die derde ding is ook 
essensieel om die eerste twee aan te vul, en die hele storie te 
balanseer. Verhoudings verloop nie altyd vlot nie, en soms 
maak iemand by die werk jou pogings om `n inkomste te 
bewerkstellig nog meer sieldodend as wat jy verwag dit moet 
wees. Op sulke tye help dit om te dink daaraan dat jy `n bietjie 
kan gaan visvang, of dat jy later weer jou kitaarsnare kan sit 
en pluk op die agterstoep. 


Daar het jy dit dan, soos jy sekerlik nog altyd vermoed het: 
liefde, geld, en iets wat jy doen vir die suiwer genot daarvan. 
Dit hang van jouself af watter een die belangrikste is, of watter 
een die meeste van jou tyd verdien. Persoonlik dink ek ons 
kan almal doen met `n kitaar, maar nie eers Jimi Hendrix kon 
oorleef sonder liefde of geld nie. En onthou, die kennis dat 
brood jou honger kan wegvat, is nie voldoende om jou maag 
op te vul nie. Jy moet uitgaan en vind wat jy nodig het, anders 
gaan jy opeindig as `n eensame en honger dwaas, maak nie 
saak hoeveel jy weet of verstaan nie. 


31 


Dit bring ons dan by die einde van hierdie deel van die 
bespreking. Indien jy egter jouself bevind tussen `n klein 
groepie mense wat nie tevrede is met genoeg geld, ware liefde 
en `n behoorlike stokperdjie nie, nooi ek jou uit om voort te 
lees aan die derde en finale deel van hierdie stuk. 


DERDE EN FINALE DEEL 


“Like [the Scottish moral philosopher] Adam Smith and 
others, [the German intellectual] Von Humboldt felt that at the 
root of human nature is the need for free, creative work under 
one's own control.” - Noam Chomsky, Secrets, Lies And 
Democracy 


Ek verdien geld, om `n paar van die basiese behoeftes wat ons 
bespreek het te vervul, deur Engelse lesse aan te bied vir 
Taiwannese kinders. My weeklikse werkskedule bestaan 
uit `n lappieskombers van klasse by verskillende skole — `n 
paar ure hier, `n paar daar, en so aan. Om te kwalifiseer vir die 
dokumente om wettiglik in Taiwan te kan woon, hoef ek slegs 
elf ure per week klas te gee by die skool wat my 
werkspermitaansoek elke jaar borg (ek doen in werklikheid 
slegs agt ure per week by hierdie instelling). Elke uur wat ek 
in `n klaskamer spandeer meer as die elf ure wat ek wettiglik 
per week moet klasgee, vermeerder my inkomste. Ek is egter 
altyd bewus van die feit dat ek nie verplig is om die ekstra ure 
in `n klaskamer te spandeer nie. Om nie enige ekstra klasse te 
doen nie, sal natuurlik `n negatiewe uitwerking hê op my 
kontantvloei, en daar is `n grens wat liefs nie oorgesteek moet 
word nie. 

Elke uur wat ek nié in `n klaskamer staan om my inkomste 
te vermeerder nie, is `n ekstra uur wat ek kan spandeer aan 
dinge waarin ek belangstel. Gedurende die laaste paar maande 
was ek druk besig om my klasgee-skedule te herrangskik en 
te heroorweeg. Die hoofmotivering was om myself meer tyd 
te gee vir wat Chomsky noem, “free and creative work under 
one's own control”. 


32 


Ek het ook `n eenvoudige teorie geformuleer wat 
verduidelik dat mense slegs volhoubare geluk en vervulling 
kan ervaar as hulle skeppers is. (Die verbruikerskultuur word, 
volgens hierdie teorie, beskou as die laagste vorm van 
kreatiwiteit. Dit werk soos volg: mense het nodig om te skep, 
maar in stede daarvan om op `n behoorlike wyse kreatief te 
wees, gaan hulle winkels toe, maak keuses, en koop dan klere, 
juweliersware en ander artikels waarmee hulle uitdrukking 
kan gee aan hulle kreatiewe natuur. Sodoende bevredig hulle 
hul behoefte aan kreatiwiteit tot `n mate, hoewel dit in `n laer 
graad van kreatiewe proses is as om byvoorbeeld te skilder of 
musiek te komponeer.) 

Voordat `n mens egter by die Kreatiewe Fase van jou lewe 
arriveer, moet jy eers die mees basiese uitdaging die hoof 
bied, naamlik die stryd om elementêre oorlewing. Vir baie 
mense op hierdie planeet is elementêre oorlewing `n daaglikse 
gesukkel. Hulle neem niks as vanselfsprekend nie — nie kos of 
water, skuiling, of enige iets anders wat baie mense in die 
middel en hoër strata van die moderne samelewing ag as net 
nog `n item op die maandelikse begroting nie. Hulle daaglikse 
lewens bestaan uit `n worstelstryd om oorlewing. (Tog kan nie 
eens hierdie mense die basiese behoefte om te skep ignoreer 
nie. Hulle skryf of skets teen mure, of hulle kerf beelde 
verteenwoordigend van hulle lewens uit hout, of klip.) 

In veral die middel en hoër strata van die moderne 
geindustrialiseerde wêreld slaag meeste mense egter redelik 
goed daarin om die basiese stryd om oorlewing die hoof te 
bied. Hulle woon in huise of woonstelle met lopende water en 
elektriese krag, en hulle het stapels kosvoorraad in yskaste en 
kombuiskaste (en soms gerieflik na aan die TV). Talle het 
toegang tot geld in 'n bankrekening, of het kredietkaarte 
waarmee hulle na nabygeleë plekke kan gaan om die kos te 
kan koop wat hulle nodig het om aan die lewe te bly. Hulle het 
ook toegang tot mense wat spesiaal opgelei is om hulle te 
versorg wanneer hulle siek of beseerd is. `n Kru, daaglikse 
stryd om fisiese oorlewing is nie meer deel van die moderne 
samelewing nie (vir die meeste van die burgers van die 


33 


moderne samelewing, in elk geval). Om ekonomies aktief te 
wees, as beide arbeiders en as verbruikers, het die basiese 
stryd vervang wat ons voorouers se lot was in meer primitiewe 
tye. 

Toe die antieke Grieke en Romeine die betekenis van die 
lewe, idees oor Goed en Sleg, en die noodsaaklikheid van 
geluk gekontempleer het, het hulle samelewings ook reeds 
verby die primitiewe stryd om fisiese oorlewing gevorder. 
Hulle kon inderdaad die luuksheid van filosofie bekostig. As 
Sokrates of Plato elke dag `n spies moes gryp om ʼn wilde 
vark te gaan jag in die bosse, om hulleself en hulle families 
aan die lewe te hou, sou hulle nie tyd gehad het om in mooi 
geboue rond te sit en die fyner punte van menslike bestaan te 
bespreek nie. Dieselfde kan gesê word van Michelangelo of 
Leonardo da Vinci, en die tyd en omgewings waarin hulle 
geleef en gewerk het. As hulle elke dag moes jag, of voedsel 
in die woud moes versamel, of klein lappies grond moes 
bewerk sodat hulle en hulle meesters graan kon hê vir brood, 
sou hulle definitief nie nog tyd gehad het om katedrale te 
beverf, of portrette te skilder van ryk handelaars se vrouens 
nie. 


Sekerlik kan dit gesê word dat Sokrates & kie nie net 
filosofiese vraagstukke gekontempleer het tot diep in die 
agtermiddag omdat hulle gehou het van hulle eie stemme nie, 
maar omdat hulle nodig gehad het om sekere vrae te vra; dat 
die kreatiewe, intelligente proses van antwoorde bedink aan 
hulle `n mate van bevrediging besorg het, kan ook nie 
betwyfel word nie. Selfde met Da Vinci en sy kollegas in die 
wêreld van die skeppende kunste; hulle het heel waarskynlik 
nie net geskilder omdat hulle gehou het van verfspatsels op 
hulle gesigte, of omdat hulle gereken het kuns is `n orraait 
manier om `n paar silwerstukke te verdien nie — hulle 
skeppende werk was ook, so glo ek, gedryf deur `n inherente 
begeerte om te skep. 

`n Denker van Sokrates se kaliber word nie sommer 
raakgeloop in enige moderne universiteit of akademiese 


34 


instelling nie, en min skilders is in die klas van Da Vinci. 
Omdat ons almal dieselfde basiese “ontwerp” deel, glo ek 
egter dat die behoeftes waaraan antieke filosowe en die 
meesters van die Renaissance uitdrukking gegee het in hulle 
onderskeie werke, dieselfde behoeftes is wat ook ons in die 
21e eeu dryf tot skeppende ondernemings (al ervaar ons 
behoeftes op verskillende maniere, en in verskillende grade 
van intensiteit). 

Ervaar ons dus almal die behoefte om kuns, of musiek, of 
filosofiese werke te skep, of te produseer? Nee. Dit is waar dat 
baie van ons onsself gelukkig ag om net elke dag werk toe te 
kan gaan, by die huis te kom in die aande, aandete te geniet, 
en 6f op die hond éf op die TV te gil (afhangende van watter 
een ons eerste irriteer). Min van ons is egter tevrede met `n 
lewe wat beperk is tot hierdie dinge. Ons rangskik die dekor 
van ons woonplekke, plant die tuin vol blomme, koop mooi 
goed vir die huis, en maak kinders groot. In baie gevalle is ons 
nie eens bewus daarvan dat hierdie dinge fundamenteel 
kreatief is nie. Ons sien dit byvoorbeeld as `n natuurlike 
resultaat van die huwelik om kinders te verwek, en tog is die 
proses van kinders grootmaak een van die mees kreatiewe van 
alle skeppende prosesse —- om betrokke te wees in die skepping 
van `n nuwe mens. 


Dit is reeds genoem dat Stryd om Oorlewing nie dieselfde is 
as `n paar eeue of millennia gelede nie. Die gedagte dat stryd, 
per se, deel is van die verre verlede, is egter baie ver van die 
waarheid af. Hoewel ons nie meer nodig het om leeus of bere 
uit hulle grotte te stoei nie, stry ons steeds voort op ander 
maniere. En in sommige gevalle is dit nie veel minder 
angswekkend as om weg te hardloop van `n gewonde 
blouwildebees nie. 

Ons stryd vandag, tot `n groot mate, is egter nie meer fisiek 
nie. Die interessante ding is dat ons steeds somtyds fisieke 
krag meer bewonder as intellektuele krag, en waagmoed in 'n 
situasie wat `n fisieke bedreiging is meer as manjifieke talent 
op die gebied van kuns. Vele respekteer steeds die vermoëns 


35 


wat hulle aan die lewe sou gehou het 5000 jaar gelede, ongeag 
die gebrek aan geleentheid vir toepassing daarvan op hulle 
werklike daaglikse lewens in `n veel meer gesofistikeerde 
wêreld. 

Ons word gebore met die instink om te veg, en om die 
oorhand te kry oor dit wat ons bestaan bedreig. Maar wat 
gebeur met hierdie instinkte wanneer ons wêreld veilig 
genoeg raak, en ons nie meer ons vermoëns om fisiek te veg 
kan slyp op die reuse tande van `n mammoetbul nie? 

Die lewensenergie en die instinkte waarmee ons gebore 
word, is dieselfde as die lewensenergie en instinkte waarmee 
ons oervoorouers gebore was. Laasgenoemde het geleef in 
baie primitiewer, en baie gevaarliker omgewings. Vandag stry 
en baklei ons onder mekaar, en net soms is hierdie argumente 
dit werd om onthou te word. Ons kla, en ons kerm, en ons 
kritiseer elke persoon en elke ding wat ons sensitiewe karakter 
net effens irriteer ... 


[En dis so ver as wat ek gekom het met hierdie ambisieuse 
stuk. 

My vraag aan die einde was dit: Wat maak ons met ons 
vegtersinstink in `n wêreld wat op soveel wyses verskil van 
die primitiewer wêreld van ons voorouers? Sommige mense 
soek — bewustelik en berekend, of sonder om daaraan te dink 
— na geleenthede om steeds hierdie instink te benut. 
Voorbeelde wissel van professionele atlete (boksers sou die 
beste voorbeeld wees), tot soldate, jong gangsters wat tyd 
Spandeer in omgewings waar hulle weet konflik `n belowende 
moontlikheid is, tot mense wat alewig rede soek vir `n 
argument. 

Is daar 'n alternatief? Die idee wat ek met groot 
entoesiasme aan die einde wou voorstel (voor my aandag 
afgetrek was), is dat ons die vegtersinstink waarmee ons 
gebore word, moet gebruik as kreatiewe energie as ons dit nie 
meer hoef te gebruik, op `n daaglikse basis, vir fisieke stryd 


36 


ter wille van basiese oorlewing nie; anders mors ons dit op 
simpel argumente, nuttelose gekerm, en allerhande up-to-no- 
good ondernemings. Sekerlik is daar ook steeds areas waar 
hierdie instink in sy meer primêre vorm aangewend kan word 
tot `n goeie doel — voorbeelde sluit in brandweer-, noodhulp-, 
en polisiedienste. 

Het ek die oorspronklike vraag na die doel van my lewe 
opgelos? Nog nie. Het ek meer duidelikheid gekry oor wat ek 
wil doen met my lewe, of wat betekenis aan my bestaan sal 
gee? Het ek uitgewerk wat die rede is vir my bestaan? Het ek 
geslaag daarin om te verklaar wat `n mens gelukkig maak? 
Wel, 'n paar vrae is geformuleer, en `n paar moontlike 
antwoorde getoets. Die proses gaan voort. ] 


37 


de de dk RR RR AA HE dd RE 


“Work, marriage? Hmm... one needs money, true. One needs 
companionship, and children sometimes compensate people 
for not having anything else to give meaning to their lives. All 
these things have been time-tested, and seem to be universal 
truths. 

Nevertheless, there is more than one way to satisfy the 
need for money other than a life-sucking job; more than one 
way to satisfy the need for companionship other than 
marriage; and more than one way to satisfy the need to 
experience meaning in your life other than having children. 

Take me for example, Im trying to make it as a Sermoner, 
and although it doesmt pay the rent, | do get a kick out of 
preaching to other people. As for companionship and children, 
well ... 1t's not a perfect world. McDonald's sell a decent 
breakfast, though. Have you tried that?” 


— Uit `n e-pos aan ʼn vriendin (9 Maart 2001) 


de de dk RR RR AR Hd RR ER 


38 


Net nog `n stuk 
[Donderdag tot Sondag, einde November 2003] 


Hierdie jaar het `n paar goeie dinge opgelewer. Ek het onder 
andere besef nie een van my planne gaan ooit uitwerk nie en 
dat ek heel waarskynlik vasgevang gaan wees in `n 
“Ballingskap”-essay vir die res van my lewe. Ek het ook baie 
dinge wys geraak oor die lewe, en baie stukke geskryf 
daaroor. Die verwikkeling wat egter aanleiding gegee het tot 
hierdie spesifieke skrywe, is dat ek weer tennis begin speel 
het. Hierdie heerlike gryp terug na die dae van my jeug was te 
danke aan my vriend O. — altyd opsoek na iemand om saam 
met hom een of ander sportiewe aksie te onderneem. 

So gebeur dit toe dat ek en my aktiewe vriend 
Donderdagmiddag ou tennisballe rondjaag. Ek neem toe so in 
die middel van `n dubbelfout notisie van die spelers op die 
baan oorkant ons. Enige iemand wat al ooit tennis gespeel het 
enige plek in die wêreld sou die skouspel herken het — `n 
afrigter, en `n tienerseun wat die een perfekte voorarm na die 
ander oor die net stuur. 

Die voorarm-aksie was egter nie wat my die meeste 
beindruk het nie. Die jong speler was geklee in die mees 
perfekte oefendrag wat mens uit enige tennistydskrif kon 
begeer. Duur tennisskoene. Duur, behoorlike tennissokkies. `n 
Broek wat hom pas, en `n duur, hoë kwaliteit T-hemp met een 
of ander logo op. Die jong tennisspeler het goed gelyk. Hy sou 
enige tienermeisie in die omgewing se aandag kon trek soveel 
vir sy indrukwekkende voorarm-aksie as vir die feit dat hy `n 
toonbeeld was van sukses: aantreklike bou, atletiese 
vermoëns, en natuurlik finansieel suksesvolle ouers — Wie 
anders kan so `n perfekte tennis uitrusting en ander toebehore 
bekostig? 

Hierdie jong man het gelyk soos wat ek wou verskyn aan 
die wêreld, 10, 15 jaar gelede op die bane van tennisklubs in 
Stellenbosch en in voorstedelike Pretoria. Toe het dit saak 


39 


gemaak, want mens vergelyk jouself tog graag op so `n jong 
ouderdom met ander in die omgewing wat meeding vir 
dieselfde plekke in die son. En as mens jouself opgeweeg 
en ʼn bietjie lig in die broek bevind het, het jy gewoonlik jou 
vrot tennisballe in jou plastieksak geneuk, jou raket se snare 
reguit gedruk, en gemaak dat jy by die huis kom. 


Daar staan ek egter toe, tien jaar later, op baan nommer vier 
van die Yang Ming Tennisklub in Kaohsiung. Ek het `n broek 
aan wat twee nommers te groot is vir my, `n wit T-hemp 
met `n draakmotief in swart, en aan my voete `n paar ou 
skoolsokkies en `n paar draftekkies met deurgetrapte sole. 
Soos ek toe nog `n bal in die net moker, dink ek hoe lekker dit 
is dat dit nie meer saak maak dat ek lyk soos ek lyk nie, terwyl 
die ou op die ander baan lyk soos `n jong Pete Sampras. 

Hoekom maak dit nie meer saak nie? Omdat ek nou iets 
het wat ek destyds gedink het die beste tennis uitrusting vir 
my sou gee: Ek voel goed oor myself. Hoekom? Omdat ek 
gevind het wat ek graag wil doen; iets waarin ek reken ek ten 
minste nie vrotter is as met tennis nie. Ek is `n skrywer, wat 
so een keer per week saam met `n vriend tennisballe rondjaag. 
Ek is nie `n tennisspeler wat op dertig wens ek het eerder 
weggegaan na `n vreemde land toe om opstelle te skryf oor 
die betekenis van die lewe nie. Ek voel goed oor myself, en 
ek het nie meer duur tennisskoene en `n professionele afrigter 
nodig om my dit te gee nie. 


En dis waar hierdie stuk sou geëindig het as ek my sin kon 
kry. Maar net toe ek die bal met `n pragtige rughand 
uiteindelik langs die regte lyn afstuur, kom die interne 
argument: 


“So jy voel goed oor jouself omdat jy kastig `n skrywer is?” 
“Wel, ja. Ek skryf, en ek weet ek skryf nie kortverhale of 
goed vir De Kat of die Sarie nie, maar ek skryf.” 
“Ts dit belangrik dat jy actually gééd moet kan skryf om 
goed te kan voel oor jouself?” 


40 


“Ek neem aan vir die formule om te werk moet `n mens 
seker nie te sleg wees nie. Jy moet eerlik wees. En jou 
identiteit moet gewortel wees in geloofwaardige eksterne 
realiteit. So... ja. Ek dink as jy jouself `n skrywer noem, moet 
jou materiaal seker orraait wees.” 

“En jou materiaal is orraait?” 

“Ek is nie die beste skrywer van my geslag nie. Ek is nie 
eens regtig oorspronklik nie. Ek sê nie noodwendig wat ander 
nie sê nie. Maar ek sê wat ék wil sê, op die manier wat ek dit 
wil sê. En as ek my gat moet sien as `n skrywer ... wel, dan 
moet dit nog gebeur.” 

“So jy sou saamstem dat die feit dat jy nou se dae goed 
voel oor jouself moontlik gebaseer is op jou eie wanopvattings 
en illusies?” 

“Dis moontlik. Maar die lewe is `n stryd, en ek staan nog. 
So ek kan nie té sleg doen nie.” 


Ek en my vriend O. het klaargemaak met ons twee stelle 
tennis. Ons het die paar korrels sout van ons voorkoppe 
afgevee, ons koeldrank gedrink, en weggestap. Op pad na ons 
vervoermiddels deel ek met hom my gedagte van hoe `n 
sekere klas tennisspeler altyd dieselfde lyk, ongeag of jy nou 
in Taiwan of in Suid-Afrika is. 

Ons lag toe lekker oor rykmanskinders, solo tennis met 
houtspane en haarlose tennisballe, en hoe `n mens die 
gevoelens van onvergenoegdheid oor jouself afskud na jare se 
marteling van om jouself te vergelyk met mense wat soveel 
beter in die son lyk as jy. 

Ek sê toe dat dit soms wil voorkom asof `n mens jare 
Spandeer om jou eie wêreld so te konstrueer dat jy aan die 
einde goed kan voel oor jouself, om nie meer sleg te voel oor 
die dinge wat jy nie in jou jeug beter kon gehad het nie. En, 
soos O. toe byvoeg, om te kan lag oor die dinge wat ons so in 
verleentheid gelaat het. 


Maar ek is nooit tevrede met `n onafgehandelde argument nie, 
en ek weet die standaard vir `n “goeie punt” is hoog. Ek kan 


dl 


immers nog wegkom met `n debatteerbare punt as my 
opponent van vlees en bloed is, maar my woordewisselings 
deesdae is hoofsaaklik met die Interne Man van Staal. Hy duld 
nie half geweefde argumente nie, en hy rus nie voor `n punt 
opgelos is nie. 


“Wat beteken dit om goed te voel oor jouself?” maak die Man 
weer sy verskyning soos ek wegry huis toe. (“Ag tog!” wou 
ek oombliklik uitskree.) 

“Dit kom onder andere daarop neer dat jy deur `n proses 
gaan waardeur jy uitsorteer wat nie vir jou belangrik is nie,” 
beantwoord ek toe my eie vraag. “Of jy gaan deur `n proses 
waardeur jy tot die insig kom dat sommige dinge nie so 
belangrik is as wat jy op `n stadium van jou lewe gedink het 
dit is nie. Jy distansieer jouself uiteindelik van dinge wat nie 
meer soveel saak maak nie, en die eindresultaat is dat jy beter 
voel oor jouself.” 

“Jy bedoel dinge soos duur tennisskoene en foutlose 
voorarmhoue na jou professionele afrigter toe?” 

“Ja, om een voorbeeld te noem. Die proses behels verder 
dat jy die dinge identifiseer waarin jy werklik belangstel, wat 
werklik vir jou belangrik is ... jou talente, jou sterk punte; 
dinge wat jy kan gebruik om `n sukses van jouself te maak. 
Die idee is, jy gaan deur hierdie proses, en jy kom aan die 
ander kant uit met `n beter idee van wie jy is, en wat jy moet 
doen om gelukkig te wees. Om dan ...” 

““... goed te voel oor jouself.” 

“Ja.” 

“Maar wat maak dit saak as jy goed voel oor jouself?” 


Geagte leser, jy mag dalk dink hierdie materiaal is vervelig. 
Jy mag dalk dink ek hamer voortdurend voort op dieselfde 
punte. Jy mag dalk dink ek hou hierdie projek kunsmatig aan 
die gang omdat ek te lafhartig is om `n meer genadelose 
wêreld te konfronteer in my eie land. Jy mag selfs lus voel om 
hierdie leesstof neer te sit en eerder TV te kyk, of dalk self `n 
bal haarloos te gaan slaan teen `n baksteenmuur. 


d2 


Ek vra egter beleefd een guns voor jy dit doen: Stel jouself 
voor hoe dit moet voel om ek te wees. 

Ek kan niks net as vanselfsprekend aanvaar nie. Ek moet 
alles bevraagteken, en ten minste probeer om alles te verstaan. 
En nie eens net om by die huis agter my rekenaar te kan 
inskuif en `n opstel te skryf daaroor nie. Ek moet verstaan 
sodat ek kan funksioneer — in hierdie wêreld, in hierdie 
spesifieke periode van die mens se bestaansgeskiedenis, op 
hierdie planeet! 

Teen hierdie tyd het ek inderdaad voldoende begrip 
ontwikkel van die tyd en wêreld waarin ek leef. (Hoe anders? 
Ons almal weet wat gebeur met mense wat nie behoorlik kan 
funksioneer in `n Beleefde Beskawing nie.) Ek sal selfs so 
verwaand wees deesdae om oor `n koppie tee te vertel dat ek 
weet wat die “betekenis van die lewe” is, selfs dat ek verdien 
om te weet, of teen hierdie tyd al genoeg jare gespandeer op 
die vraag om ten minste `n goeie idee te hê. Ander mense van 
my ouderdom het al huise en karre en kredietkaarte en kinders. 
Ek moet immers iets hê om by `n sosiale geleentheid te kan 
sê! (“Hallo, ek is Brand. Ek't nie `n huis, `n kar, `n 
kredietkaart of `n kind nie, maar ek weet wat die “betekenis 
van die lewe” is ...”) 

Dis natuurlik altyd moontlik dat almal weet wat die 
“betekenis van die lewe” is, dat ek net ver agter die tyd is, soos 
om laat by `n partytjie aan te kom en die verkeer te blameer. 
En eers as vriende en familie vir mekaar kyk dan weet ek 
almal moes deur dieselfde verkeer kom om betyds te wees. 
Dit was net ék wat by elke hoek eers wou uitklim om `n smoke 
break te vat, om eers `n bietjie rond te kyk en “alles in te 
neem”. En net miskien was die sogenaamde betekenis van die 
lewe nooit so `n groot geheim van die begin af nie. 

Nietemin, hoekom op aarde vra ek hierdie vrae? En ek 
weet ek is nie die enigste een nie! Dit voel soms asof ek alleen 
is op hierdie soektog as ek nag na nag by die kombuisvenster 
uitstaar, maar ek weet almal wonder maar oor hierdie dinge — 
of dalk hoop ek net so. 


43 


Het mense nog altyd hierdie vrae gevra? En ek praat nie 
nou van Griekse leermeesters en Romeinse skrywers en 
Confucius en die Boeddha nie. Ek praat van die kleinboere en 
herbergiers en markvroue en diensmeisies en matrose en 
soldate van `n paar eeue gelede. Het hulle die antwoorde 
geken op belangrike lewensvrae? Het hulle daaroor 
gewonder? Wat van mynwerkers vandag, en moeders met 
krullers in hulle hare en `n baba op die heup, en straatveërs, 
onderwyseresse, ambagsmanne, advokate en ingenieurs, en 
professionele tennisspelers en hul afrigters. 

Wanneer ernstige vrae ons uitdaag, hoeveel van ons is 
gereed om `n antwoord te resiteer waarin ons werklik glo? 


44 


[DIE GROOT ONGETITELDI] 
Dinsdag 24 Februarie 2004 
16:50 


Ons almal word gebore in `n bepaalde era, in `n samelewing 
wat volgens bepaalde reëls regeer word, in `n kultuur met 
bepaalde waardes, konvensies, en idees van wat `n goeie lewe 
is. Dit is altyd `n ope vraag hoe elke individu gaan reageer op 
die wêreld waarin hy of sy gebore is en grootgeword het. Gaan 
hy die reëls aanvaar en meeste van die tyd daarvolgens speel? 
Gaan sy sommige reëls aanvaar en ander verwerp? Gaan hy 
soveel van die reëls verwerp dat hy in sy kort, ellendige 
bestaan konstant in konflik gaan wees met alles en almal om 
hom? Gaan hy of sy oorgelewerde waardes en konvensies, en 
idees oor wat `n goeie lewe is, grootliks aanvaar en n eie lewe 
daarvolgens bou? Indien nie, wat is die alternatiewe? 

Ekself hang tussen die boom en die gras. Ek wil nie 'n 
“goeie job” — `n vaste betrekking — hê nie. Ek weet ek moet 
geld maak, maar ek glo daar is talle maniere om dit te doen. 
Ek heg ook waarde aan die edel ambisie van `n lewe toegewy 
aan studie, liefdadigheid en kreatiewe werke. Aan die ander 
kant hoop ek dat ek kan opeindig in `n drie slaapkamer huis 
in `n rustige voorstad of `n groterige dorp, met `n kleinerige 
tuin, `n kar, en miskien `n hond of twee. Ek hoop ook dat ek 'n 
vrou sal vind wat my sal bemin en my sal aanvaar soos ek is, 
vir wie ék kan lief wees, en saam met wie ek miskien twee of 
drie kinders kan produseer en grootmaak. 

Soms dink ek my weergawe van `n goeie lewe is te 
idealisties. Dit is nie. 

Soms reken ek ook dat veral die “middelklas” deel van die 
storie moontlik nie vir my beskore is nie. Maar dalk is so `n 
gedagtetrant net die gevolg van `n paar persoonlike ervarings, 
en `n vermoede dat ook dit my nie gelukkig sal maak nie. 

Wat is die alternatief vir my weergawe van `n goeie lewe? 


45 


Die alternatief is `n mik-en-druk, `n notaboek, `n paar 
penne, en 'n liniaal (iets moet netjies gedoen word); geen 
besittings nie, geen huis nie, en geen intieme verhoudings nie. 
Ek sal reis van plek tot plek — in my eie land, want om oorsee 
te gaan kos geld, en jy't `n paspoort en visums nodig. Ek sal 
hier tyd spandeer, daar oornag, en uiteindelik my veertigste 
verjaarsdag vier op `n bus of `n trein @rens heen. 

Geen plek nie, toegewyd aan niks en niemand behalwe `n 
swerwersbestaan. 


17:32 


Sal `n swerwersbestaan my gelukkig maak? 

Nie volgens my eie oortuigings nie. 

Ek streef nou al vir jare na die mees volmaakte lewe wat 
ek kan vind ten einde myself daaraan te kan toewy. ('n 
“Ronin”, terloops, is 'n “masterless samurai, one who's 
master had died”. Was ek die afgelope meer as tien jaar `n 
swerwende ronin, opsoek na `n nuwe meester om te dien?) 
Hoe sou `n volmaakte lewe lyk? Ek het al `n bietjie tyd 
afgeknyp in die gejaag na daaglikse oorlewing om hierdie 
aangeleentheid te bepeins, en sover het ek vorendag gekom 
met drie moontlikhede (reeds genoem): toewyding aan ander 
— familie, liefdadigheid; die vryheid om vrye kreatiewe 
uitdrukking na te jaag; en die tyd, geleentheid en hulpbronne 
om jouself te kan toewy aan `n lewe van studie. 

Gedurende die afgelope vyftien jaar het ek myself tot `n 
groot mate toegewy aan laasgenoemde twee. My familie was 
nog altyd belangrik vir my, maar liefdadigheid is `n saak wat 
ek tot dusver sover as moontlik ontwyk het. Hoekom? Ek weet 
nie. Maar ek glo wel dat `n lewe van vrywillige, onbaatsugtige 
diens aan ander een van die edelste maniere is om jou bestaan 
te spandeer, en dat om jou eie lewe te verloor ter wille daarvan 
dat ander kan leef, die hoogste uitdrukking van hierdie 
toewyding is. 

Dit laat my met `n vraag: Die lewe wat ek nou al vir jare 
probeer vermy, naamlik dié van die “gewone ou” wat trou, 


46 


kinders kry en elke dag werk toe gaan, is dit nie aan die 
einde `n pragtige manifestasie van toewyding aan ander nie? 

Miskien geniet die man (of vrou) die werk wat hy (of sy) 
doen, miskien nie. Maar hulle weet plesier in die werksplek is 
nie wat werklik saak maak nie; vir die werkende, getroude 
man of vrou is dit aan die einde van die dag hulle huwelik en 
kinders. Hulle is dus bereid om soms groter ambisies op te 
offer ter wille van toewyding aan dit wat “werklik” saak maak 
— naamlik hulle verhoudings met mekaar, en met hulle 
kinders. 

Hierdie is natuurlik `n oorvereenvoudigde prentjie. In 
werklikheid is daar ambisie wat getroude mans en vrouens 
verhoed om tyd saam met hulle gesinne te spandeer; daar's 
buite-egtelike verhoudings en egskeidings; mans en vrouens 
wat `n konvensionele gesinslewe agterlaat na `n paar jare om 
ander dinge na te jaag — of dieselfde dinge, maar saam met 
iemand anders. 

Kom ons keer vir die oomblik terug na `n meer 
ongekompliseerde beeld van toewyding aan huweliksmaat- 
en-kinders, en inkomste-genererende aktiwiteite wat ten 
minste tot `n mate geniet word. In beginsel blyk dit goed te 
wees, reg? Die beginsel is dan dat die volwasse man of vrou 
se lewe aan die einde van die dag toegewy word aan die 
volgende geslag — hulle seuns en/of dogters. 

Moet dit so aanvaar en die saak hier gelaat word? 

Dalk moet `n addisionele vraag gevra word: Watse tipe 
lewe word moontlik gemaak deur toewyding aan die volgende 
geslag? 

Ek wil dit waag om te sê meeste volwasse mans en 
vrouens knyp nie genoeg tyd af in hulle daaglikse lewens om 
hierdie aangeleentheid te bepeins nie. En selfs as hulle dit 
doen, met watse antwoorde kom hulle vorendag? Word die 
een geslag se lewens na die ander opgeoffer vir `n lewe wat 
almal uitstel vir `n volgende geslag om te definieer? Hou te 
veel mense verbete vas aan die ou leuses, “Ons doen maar net 
die beste wat ons kan” en “Alles sal uitwerk soos dit moet”? 


47 


22:47 


Of weet niemand van beter nie, so almal kyk maar om hulle 
rond en doen soos meeste ander van hulle tyd en kultuur? Is 
dit goed genoeg om te sê, “Ek het nie tyd om te dink aan sulke 
dinge nie, want ek is te besig by die werk (of by die huis) om 
alles aan die gang en kop bo water te hou”? 

Meeste volwasse mans en vrouens wat trou en kinders kry 
wy hulle lewens daaraan toe sodat hulle seuns en dogters `n 
vae “beter” lewe kan lei; of indien dan nie beter nie, sodat 
hulle ten minste self as volwassenes kop bo water kan hou, en 
miskien van tyd tot tyd gelukkig kan wees. 

Is dit voldoende? Vir baie mense van my tyd en kultuur is 
dit. 

Kan dit genoeg wees vir my? 

Ek het nog nooit in my murg ervaar hoe dit voel om 
toegewyd te wees aan ʼn volgende geslag van my eie bloed 
nie. Kan ek derhalwe regtig die vraag beantwoord? Watse 
waarde sal my antwoord in elk geval hê? Na vyf jaar van so `n 
lewe vra ek myself dalk een Saterdagoggend of dit alles “die 
moeite werd” is? Moontlik gee ek `n positiewe antwoord. As 
dinge so eenvoudig kan wees, sal dit die saak beslis vir die 
oomblik. Vra ek myself tien, of twintig jaar later weer die 
vraag, en ek antwoord weer dieselfde, wel ... dan moét dit 
seker die “moeite” werd wees. Gestel ek gee dié keer `n 
negatiewe antwoord, hoeveel gewig sal hierdie antwoord dra? 
Moontlik kon iets gebeur het wat my geloof `n knou toegedien 
het, en my bitter gemaak het teenoor my vroeër oortuiging. 
Selfs in hierdie geval sal die antwoord slegs vir myself geldig 
wees. 


Ek gooi `n klomp bestanddele in die pot, maar iets smaak nog 
steeds nie reg nie. Die pruttende dis is eetbaar, maar `n 
essensiële bestanddeel is nog afwesig. Ék skryf hierdie 
woorde. Ék dink hierdie gedagtes. Ék vra hierdie vrae. Ek, nie 
die muskiet wat my `n minuut gelede gebyt het nie, nie die 
hond wat `n uur gelede my fiets se agterwiel wou verskeur nie. 


48 


Hoekom dink ék oor hierdie dinge, en skryf ék hierdie 
woorde neer? Omdat daar iets is wat nie in plek is nie; omdat 
daar `n antwoord is wat my bly ontwyk. 


* N 


Sê die man op die fiets op pad terug van die Carrefour 
(Woensdag 25 Februarie, middag): “Write up what you can, 
and leave. To think that you too could lead a normal, happy 
life is ridiculous. Serve your purpose, and leave the show with 
your dignity in tact. To try and gain more out of life, is to lose 
your life.” 

Hoekom voel dit so reg? 

Slim gespreksgenote sou dalk vra: “Hoe kan jy so seker 
wees wat jou doel is? Miskien word dit eers oor tien jaar aan 
jou geopenbaar! En wat bedoel jy met “leave the show” ?” 


Ek dink soms aan opgee. Ek reken ek sal die stof byt binne `n 
jaar, en siende dat dit so sal gebeur, kan dit net sowel in my 
eie land wees. Beskikbare fondse, en liefdadigheid van familie 
en vriende (voor hulle geduld opraak) sal my aan die gang hou 
vir `n paar maande. Daarna sal dit parke en strate wees tot die 
einde toe. Notaboeke en uitgedrukte materiaal sal gelaat word 
by `n betroubare vriend. 

Dit tref my altyd tussen die ribbes as ek dink daaraan. Dit 
is my voorland as ek ophou probeer. Die feit dat ek nie 
gisteraand op `n leë maag in 'n park aan die slaap geraak het 
nie, is te danke daaraan dat ek nie, sê nege maande gelede, 
opgehou het om te probeer nie. 

Nietemin, hoe doen mens dit, in praktiese terme? Hoe gee 
mens op? 

Jy hou op was. Jy hou op skeer. Jy hou op werk. Jy strek 
jou fondse uit tot op die laaste sent, en dan gaan staan jy 
bakhand voor vriende en familie tot ook hille die deur beleefd 
in jou vuil, bebaarde gesig toedruk. Daarna is jy oorgelaat aan 
die elemente, kriminele karakters, siektes, en `n vinnig 
verslegtende fisieke toestand. Jy behoort die vertoning te kan 


49 


verlaat binne moontlik nie veel meer as twaalf tot agtien 
maande nie — tensy jy natuurlik moed verloor met die opgee- 
storie, of weer moed kry vir die lewe. 


(Nuwe notaboek) 


Ons staan elke oggend op, gaan deur die gewone roetine, en 
as ons gelukkig is maak ons dit terug by die huis aan die einde 
van die dag. Slaap tot slaap. Meeste van ons weet nie werklik 
hoekom nie. Ons klou vas aan vae idees oor `n “goeie lewe”, 
“gelukkig wees” en “vertrou en glo”. 

Ek doen dit ook: Staan elke oggend op, sit water op die 
gasstofie, spoel my twee asbakkies uit, gooi `n teelepel 
kitskoffie in my geel beker, meng my vier ontbytpappe ... en 
die volgende oggend doen ek presies dieselfde. 

Miskien is dit nie so maklik om op te gee nie. Miskien 
verhoed die waardestelsel waarmee ons grootgeword het ons 
om daadwerklik stappe te doen om op te gee. Daar's dalk 
geluide uit ons onderbewussyn wat ons ontmoedig; of dalk 
aanmoedig om voort te gaan met ons bestaan. Daar is wel 
selfmoord ... maar dit is onmiddellik, met geen kans op 
rehabilitasie nie — soos in die geval van iemand wat op `n tyd 
opgegee het, en na maande (of jare) weer `n aktiewe poging 
aanwend om te bly lewe. 

Die Duitse filosoof Arthur Schopenhauer het gesê, “Death 
is the true result and to that extent the purpose of life.” George 
Orwell het gesê, “Keep the aspidistra flying.” 

Ek glo albei is reg. Tussen hierdie twee stellings lê die 
menslike bestaan opgesluit. Die waarheid is dat ieder en elk 
van ons se lewens sal eindig in fisiese dood, en dit kan enige 
dag gebeur. Tot dan moet jy elke dag opstaan, jou gesig was, 
miskien skeer, water kook, ontbyt maak, en hoop op `n goeie 
nagrus aan die einde van nog `n lang dag. As jy slim is, tref jy 
dalk maatreëls soos om `ʼn huis te koop en geld te spaar en jy 
kry dalk `n vaste betrekking om te verseker dat hierdie proses 
kan voortgaan vir so lank as moontlik. As jy minder gelukkig 


50 


is, hoop jy net om elke dag te oorleef. Die alternatief is om op 
te gee, langpad of kortpad. 


Donderdag 26 Februarie 2004 
12:06 


Ek ken die waarheid, maar my daaglikse lewe bestaan daaruit 
om maatreëls te volg om dit te vermy. Ek het nie geloof nie. 
Ironies genoeg word gebrek aan geloof gewoonlik verstaan in 
die konteks van geloof in God, maar dit is nie noodwendig die 
geval met my nie. My probleem is dat ek nie geloof het in die 
wêreld nie. Ek kan nog glo dat God my liefhet. Die wêreld, 
aan die ander kant, gee nie veel om of ek leef of sterf nie. En 
ek het begrip hiervoor, in dieselfde asem as wat ek dit 
kritiseer. Ek is deel van die wêreld wat nie veel omgee nie. Ek 
is beide `n pleger van hierdie misdaad, en tot `n mate `n 
slagoffer daarvan. 

Ek het geen geloof in die mensdom nie. Volgens my is `n 
groot persentasie van die mense op hierdie planeet niks meer 
as diere in klere nie. Nou, ek het niks teen diere nie, dis net 
dat ek glo die mens is — in beginsel, indien dan nie altyd in die 
praktyk nie — meer ontwikkeld as ander spesies. Maar wat 
beteken dit? Wat maak my meer as `n stegiekat, of die rot wat 
wegskarrel van eersgenoemde? Onder andere my 
intelligensie, my vermoë om die omgewing te kan manipuleer 
(veel meer as enige dier), en vrye wil om 6f te skep 6f te 
vernietig (hoewel ook “vrye wil” aangehits en soms 
geinhibeer word deur instinkte en vrese). 

Nietemin, ek bejeën die wêreld met agterdog, en het min 
vertroue in my medemens. 


* 


Ek kontempleer deesdae alternatiewe. Een is om my hare te 
skeer, 'n oranje rok te koop en by verkeersligte te gaan staan 


51 


met my ontbytbakkie in die hand. As dit nie uitwerk nie, kan 
ek aansluit by `n Boeddhistiese sekte. 

Benewens bogenoemde opsies is daar twee ander wat 
hulleself sporadies by my opdring as van die min 
moontlikhede wat werklik werd is om te oorweeg: 1) om `n 
bebaarde, alleen reisende voltydse skrywer te wees; en 2) om 
genoeg geld te maak om `n vrou te kan oortuig om as my 
metgesel haar dae in gemak te slyt. 


12:46 


As onverfynde wysheid en pittigheid geruil kon word vir geld, 
was ek dalk `n ryk man. As `n sekere moegheid vir die wêreld 
gemaak het dat vrouens vleiende skinderstories oor `n man 
versprei, en dat ander mans hulle koppe respekvol vir hom 
knik in die straat, sou ek heel moontlik meer rede gehad het 
om te glimlag. Maar nou sit ek met `n sterk vermoede dat ek 
6f die res van my dae in toenemende armoede en eensaamheid 
gaan deurbring, 6f dat ek myself gaan “regruk”, een plus een 
bymekaar gaan tel, en hoop twee is goed genoeg vir `n paar 
jare se geluk. 


Ek dink te veel, en doen te min. Ek vermoed te veel, en glo te 
min. Oorlog is een ding, vrede is `n ander saak. O ja, en ek 
is `n lafaard wat nie genoeg maatreëls tref om my lewe te 
verskans vir so lank as moontlik nie, maar wat die dood net- 
net meer vrees as middelklas geluk. 


16:32 


Jy weet, as jy `n hond gehad het vir, sê twee of drie jaar, en jy 
ken die hond, jy weet wat hom kwaad maak, waar sy irritasie 
drumpel lê. Dan eendag sê jy iets vir die hond, of jy doen iets, 
en skielik grom hy vir jou. Miskien voel jy effens seergemaak, 
moontlik verontwaardig. “Ek het gedink ek ken die hond,” sal 


jy sê. 


52 


Mense wat nie opgee nie, het iets om voor te leef. Wat het ék 
om voor te leef? Finansiële stabiliteit met `n vrou en kinders? 
En dis as ek my dobbelstene reg gooi en ek het geluk aan my 
kant! Alternatiewe vir hierdie toekoms-scenario bestaan ... as 
kompensasies en as maatreëls om eksistensiële angs onder 
beheer te hou. 

“Jy verwerp dinge nog voor jy weet hoe gelukkig dit jou 
sal maak,” sou iemand dalk sê. 

“Jy's reg,” sal ek antwoord. “Maar wat sê jy? Finansiële 
stabiliteit plus huwelik plus kinders is gelyk aan geluk? Dan 
fs die lewe mos wiskunde en wetenskap! Dan is my huidige 
toestand bloot die resultaat van vermiste mense en gebroke 
kontantvloei.” 

“Jy laat toe dat huidige omstandighede jou geloof en hoop 
ondermyn,” sal die persoon terugkap. Dan sal hy die sigaret 
teen die rand van die asbakkie tik. 

“Huidige omstandighede werp lig op sekere 
aangeleenthede,” sal ek reageer, en trek aan die sigaret. 

Dan sal ek `n eenvoudige versoek maak. “Dis Donderdag 
26 Februarie om 4:49 in die namiddag. $ê my nou, op hierdie 
oomblik, wat die waarheid is.” 

“Ek weet nie,” sal my gespreksgenoot antwoord. “Of 
miskien weet ek, maar ek kan nie onthou nie. Of miskien kan 
ek onthou, maar ek is nie lus om te sê nie.” 

En die sigaret word doodgedruk. 


Vrydag 27 Februarie 2004, twaalf minute na middernag. 


Ek ken die waarheid al vir meer as vier en `n halwe ure lank. 
Dit was aan my geopenbaar terwyl ek op die mat van `n 
vertrek in `n naskoolsentrum gesit het, besig om `n sesjarige 
Taiwannese tweeling `n paar Engelse sinne te leer. Die klein 
gesiggies, die onskuld, die woeligheid, die warmte van 
handjies wat jou vinger vasgryp as jy na `n flitskaart wys ... 
het my amper hardop laat uitroep: “Dit, om jou eie kinders 


53 


groot te maak, om hulle te sien grootword elke dag, om hulle 
onvoorwaardelike liefde te ervaar, en onvoorwaardelik vir 
hulle lief te wees, dit moet tog alles die moeite werd maak!” 

En toe tref dit my: Dis Al waarna ons soek, moontlik die 
beste waarvoor ons ooit kan hoop! Liefde, kuns, vermaak, 
seks, geld, vakansies, kreatiewe vryheid, studie, samesyn — 
alles dinge wat ons najaag om die lewe die moeite werd te 
maak! 

Ons almal weet hoe weerloos ons is, hoe die dood soos `n 
duisend peste in `n duisend verskillende manifestasies orals 
rondkruip. En selfs al vermy ons dit sover vir twintig of dertig 
of tagtig jaar, kry sal dit ons kry! 

Maar as dit net die dood was wat ons gevrees het, was dit 
nog een ding. Tussen geboorte en dood wag daar pyn, 
hartseer, honger, siekte, armoede, leed, onvervulde begeertes, 
verlange, vernedering, skete, en ouderdom wat hare laat 
uitval, vingers laat kromtrek, oë laat verdof, ore doof maak en 
harte laat oppak. 

As dit moontlik kon wees om tyd te vries vir `n oomblik 
en al die data van elke mens wat op daai oomblik leef op te 
vang, om al die pyn, lyding, honger, verlange, vernedering, en 
alle ander emosionele en fisieke ongerief te kon vat, en dan 
ook al die blydskap, geluk, liefde, al die mooi en wonderlike 
dinge van die lewe, as jy aan alles `n spesifieke gewig kon 
gee, sou die gevolgtrekking gewees het dat die gemiddelde 
menslike lewe op die planeet Aarde gevul is met meer pyn as 
liefde, met meer ellende en verlange en honger as geluk en 
tevredenheid. 

Enige mens kan moontlik die geldigheid van hierdie punt 
protesteer, of verklaar dat hulle reken die mooiheid en geluk 
is die pyn en ellende werd wat `n mens soms ervaar, al ervaar 
jy die mooiheid en geluk vir net `n oomblik of net `n dag. 
Miskien sal ek saamstem, miskien nie. Maar selfs hierdie 
mense sal vind dat ook hulle die Waarheid bevestig — dat die 
mooi en goeie dinge die pyn en ellende (soms) die moeite 
werd maak (en as hierdie mense verder wil gaan kan hulle 
selfs byvoeg, “vir sommige” — want vele ander gaan 


sd 


lewenslank gebuk onder diepe oortuiging van die 
teenoorgestelde). 

Alles wat ons doen is `n bewustelike of onbewustelike 
poging om die “beste te maak” van ons lewens — asof ons 
weet, diep binne ons, dat die storie meestal nie goed eindig 
nie. 


Diere —- sommige troeteldiere uitgesluit — leef gewoonlik `n 
bestaan gevul met gevaar, voedsel, plesier, en dood weens 
siekte, ongeluk, ouderdom, of aan die kaak van `n ander, 
sterker dier. 

Mense, aan die ander kant, word gebore, leer hoe om te 
oorleef in die omgewings waaruit hulle bestaan gespruit het, 
en begin van kleins af aksies te neem en maatreëls te tref om 
soveel as moontlik geluk uit die lewe te kry. 

Meeste volwassenes bereik `n punt waar hulle besef 
mense gaan soms makliker dood as vlieë, en dat mens soms 
jare se tyd en energie spandeer om iets op te bou wat jy in `n 
oogwink kan verloor. Meeste weet, en erken, die uiteinde van 
(fisiese) lewe is dood. 

Dié onder ons met `n goeie waarnemingsvermoë besef 
ook dat om so lank as moontlik uit te hou op hierdie planeet 
eindig, as ons gelukkig is, in `n ouetehuis of `n gastekamer by 
familie, of -— in minder gelukkige gevalle — in 'n 
hospitaalkamer, met buisies in jou neus, jou vel ineengekrimp, 
en jou sig en gehoor net `n fraksie van wat dit voorheen was. 

Soms etiketteer ons dié wat ons herinner aan hierdie 
waarhede as pessimiste, smartvrate en ellendelinge. Maar 
ongeag of jy dink daaraan of nie, die kans is skraal dat jy kan 
sê jy's nie net ietwat onrustig oor die moontlikheid dat jy oor 
drie dae dood kan wees nie. En wie kan sê hulle kan nie wag 
om sestig, of sewentig of tagtig te slaan nie? Kan enige 
iemand uiteindelik die waarde ontken wat geluk inhou vir die 
meerderheid inwoners van hierdie planeet as troos vir die 
onaangename waarhede van die lewe? 


55 


Waar pas God in hierdie waarheid in? Ek weet nie, maar ek 
weet wel dat ateiste, panteiste, monoteiste, (Christene, 
agnostici, Hindoes, Moslems en Boeddhiste almal siek raak, 
pyn ervaar en dood gaan. Die Waarheid geld vir almal. Dis 
universeel. 

Vyfhonderd jaar gelede het almal behalwe 'n paar 
eksentriekes geglo die aarde is plat. Die feit dat mense heftig 
geprotesteer het teen die idee dat die aarde rond was, het die 
aarde nie `n millimeter platter gemaak het nie. 

ONTKEN DIT OF AANVAAR DIT - TERWYL 
BLOED IN ONS ARE VLOEI, DOEN ONS ALLES WAT 
ONS DOEN TER WILLE DAARVAN OM ONS LEWENS 
DIE MOEITE WERD TE MAAK. 


Wat sê dit van my kritiek oor die middelklas wat ek tot 
vervelens toe resiteer? `n Middelklaslewe is dan mos net `n 
eerlike poging om die lewe die moeite werd te maak! Wat sê 
dit van my voorkeur aan `n lewe toegewy aan kreatiwiteit en 
studie? Ook dit is net `n poging omte kan sé: hou aan probeer, 
dit kn die moeite werd wees ... 


(Dis Vrydag 27 Februarie 2004, om agt minute oor een in die 
vroeë oggend.) 


* 


As bogenoemde die waarheid is, wat is dan die verskil 
tussen `n “goeie lewe” en ʼn “edel bestaan”? 

`n Goeie Lewe is een waar lewe vir die betrokke persoon 
die moeite werd is, en as hy of sy `n bydrae kan maak daartoe 
dat die lewe die moeite werd is vir mense wat hille lewens die 
moeite werd maak, soveel te beter. 

Die strewe na `n Edel Bestaan kan gedefinieer word as 
aktiewe deelname aan `n stryd om die lewe die moeite werd 
te maak nie net vir jouself en jou geliefdes nie, maar ook vir 
ander met wie jy geen persoonlike verbintenis het nie. 


56 


Wanneer jou lewe toegewy word aan (onder andere) die 
verbetering van ander se lewenskwaliteit, slaag jy daarin om 
meer waarde te gee aan jou eie lewe as wat die geval sou wees 
as jy bloot nog `n enkele organisme was wat gestreef het na 
eie behoud. 

Om aksies te neem wat bevorderlik is daarvoor dat jy, en 
selfs `n uitgesoekte groepie betekenisvolle ander, oortuig kan 
wees dat die lewe die moeite werd is, maar wat ander ontneem 
van `n oortuiging dat die lewe die moeite werd is, of wat 
hierdie oortuiging kompromitteer tot `n ernstige graad, is 
om ... jou lewenswaarde te beperk tot slegs jouself, en `n 
uitgesoekte groepie betekenisvolle ander. 

Die aksies van `n persoon wat ander sporadies, en in 
wisselende grade beroof van oortuiging dat die lewe vir hille 
die moeite werd is, maak die permanente of tydelike isolasie 
van die betrokke persoon en die beëindiging van sy 
destruktiewe aktiwiteite (op wettige wyse) `n edel strewe vir 
mense wat dit najaag om nie net die lewe die moeite werd te 
maak vir hulleself en vir betekenisvolle ander nie, maar wat 
ook `n oortuiging dat die lewe die moeite werd is, wil fasiliteer 
vir lede van die breër gemeenskap. 


Die lewe is `n stryd? Ja, `n stryd om oorlewing, en `n stryd om 
die lewe die moeite werd te maak. `n Goeie Lewe is om te 
slaag in hierdie stryd. `n Buitengewoon Goeie Lewe is relatief 
tot wat vir jou die lewe die moeite werd maak. (As om te reis 
na onbekende plekke iets is wat vir jou die lewe die moeite 
werd maak, is om gereeld en moontlik vir uitgerekte periodes 
Op reis te gaan, iets wat jou lewe buitengewoon goed maak — 
vir jou). `n Edel Bestaan is om Ander individue — selfs 
vreemdelinge — by te staan in hille stryd; ook om aktief te 
wees in die verkondiging van die oortuiging dat lewe die 
moeite werd is, of kan wees. Om jéd lewe te verloor sodat 
ander kan leef, is 


57 


Saterdag 28 Februarie 2004 


Ek vra dus nie meer net na die betekenis van my lewe nie. Die 
vraag wat eers beantwoord moet word is, “Hoekom moet my 
lewe iets beteken?” 

Die antwoord op hierdie vraag is, indien jy glo dat jou 
lewe iets beteken, sal jy rede hê om te leef; en as jy rede het 
om te leef, is dit heel waarskynlik omdat jy glo jou lewe het 
betekenis. 

Nie een van ons het gekies om hier te wees nie. Meeste 
van ons weet alte goed dat die lewe nie altyd maklik is nie, en 
op tye kan dit bitter ellendig wees. Meeste mense is ook bewus 
van verskeie maniere om hulle lewens te beëindig. Dit sal dus 
nie onvanpas wees nie om op hierdie punt die gevolgtrekking 
te maak dat dit van die allergrootste belang is om redes te vind 

HOEKOM 

JY 

WIL 

LEEF. 


Terloops, die laaste sin wat ek gister begin skryf het (“Om jéu 
lewe te verloor sodat ander kan leef ...”) is steeds onvoltooid 
omdat almal aan hulle eie naamwoorde of frases kan dink om 
die sin mee klaar te maak. Moontlikhede sluit in, “... is om `n 
held te wees”, “... is om `n gewer van lewe te wees”, 
ensovoorts. Mense wat self rede insien hoekom hulle wil leef, 
maar steeds op die ingewing van die oomblik, of na lang 
bepeinsing besluit om die risiko te neem om moontlik hulle 
eie lewens te verloor ter wille daarvan dat ander kan leef, 
verdien om geëer en onthou te word. 

Die ander rede hoekom ek nie gister die sin voltooi het 
nie, was omdat ek moeg was vir daai spesifieke gedagtegang. 


Ek kan wel dink aan heelwat redes hoekom ék wil leef: 
samesyn met familie en vriende, liefde, moontlik my eie gesin 
eendag, om kreatief te wees, om meer van die wêreld te leer 
en te verstaan. Op die oomblik gee sommige van hierdie dinge 


58 


vir my rede op `n daaglikse basis om voort te gaan met my 
bestaan. Ek is egter ook genoodsaak om ander dinge te doen 
wat nie op `n daaglikse basis op hulle eie goeie redes is om 
voort te gaan met my bestaan nie, maar wat met die verloop 
van tyd hopelik `n nuwe omgewing en bestaanstoestand sal 
bewerkstellig wat, so glo ek tans, vir my nog meer rede sal 
gee om te leef. 


* 


Om op te som en af te sluit: 


Elkeen van ons word gebore in `n bepaalde era en in `n 
samelewing met sekere reëls en heel moontlik `n bepaalde 
dominante kultuur, met `n verskeidenheid hulpbronne om ons 
behoeftes mee te bevredig, en wisselende hoeveelhede 
daarvan. 'Teen die tyd dat ons `n sekere fisiese en 
verstandelike volwassenheid bereik het, het ons gewoonlik `n 
paar dinge geleer oor die lewe: dis soms hard, dis soms lekker; 
dis soms sleg, en soms is dit goed. Die mooiste dinge kom 
Soms oor ons pad, en soms gebeur die teenoorgestelde. Ons 
raak ook bewus van die feit dat almal uiteindelik doodgaan, 
maar dat dit ook maklik genoeg is om ons eie dood te verhaas. 
Diep onder die invloed van al voorafgenoemde dinge besluit 
ons met die verloop van tyd WAT ons met ons lewens wil 
doen, WAAR, en moontlik SAAM MET WIE. Ons 
kontempleer ook moontlik die betekenis van ons lewens, en ʼn 
moontlike doel vir ons bestaan. 

Terwyl ons antwoorde op hierdie vrae probeer uitwerk, of 
moontlik nd ons reeds `n paar bevredigende antwoorde 
geformuleer het, of soms nog véér ons enige moontlikhede 
oorweeg het, moet ons weet of ons WIL lewe. (Ek sê “weet” 
eerder as om te sê ons moet dit “kontempleer”, want hoewel 
dit sekerlik `n algemene verskynsel is dat mense dink oor sake 
soos wat jy met jou lewe wil doen, wa4r en saam met wié, 
reken ek nie soveel mense gaan sit onder `n boom of op `n klip 
en kontempleer die vraag of hulle inderdaad wil lewe nie. 


59 


Soms sal mense `n punt bereik wanneer hulle bewus raak 
van `n gebrek aan entoesiasme om voort te gaan met hulle 
bestaan. Tot iemand hierdie punt bereik, aanvaar hulle dit 
egter heel moontlik as vanselfsprekend dat hulle wil lewe, 
siende dat dit reeds die bestaande realiteit is, en hulle ervaar 
wat beskou kan word as `n aanvaarbare minimum entoesiasme 
vir hulle eie voortbestaan.) 

As jy bewus is van `n mate van bereidwilligheid om die 
lewe `n kans te gee, of selfs `n graad van entoesiasme, volg 
dit dat jy redes sal oorweeg hoekom jy sal wil voortgaan 
met `n bestaan wat begin het sonder dat jy `n keuse gehad het 
oor die dag, plek, en ander detail wat `n deurslaggewende rol 
speel in wie en wat jy is. 

Wil jy dus voortgaan met jou lewe? 

Indien wel, hoekom? 

Indien jy nié wil voortgaan met jou lewe nie en verkies 
om dit te beëindig, is jy bereid om verantwoordelikheid te 
aanvaar — terwyl jy steeds bewus is daarvan — vir die gevolge 
wat jou besluit sal hê vir die betekenisvolle ander persone in 
jou lewe? 


* dy 


Aan die einde het ons net onsself, ons verhoudings met ander 
mense, en wat ons in glo. Die hoop is altyd dat ons iéts sal 
vind om aan vas te hou, iets wat ons sal oortuig dat alles aan 
die einde van die dag die moeite werd is. Die hoop is verder 
dat hierdie goeie dinge ons pad na die afgrond sal blokkeer, 
Sou ons dit wel ernstig oorweeg om op te gee. 


60 


Resultate van `n lewe 
Vrydag 11 Junie 2004 


Die vraag bly, wat is die verskil tussen “my, nou” en “my, tien 
jaar gelede”? Watse verskil maak dit dat ek myself nou 
“beter” ken, of beter gedefinieer het? 

Ook, wat is die verskil tussen my en iemand anders wat 
nie sy SELF so goed ken of gedefinieer het nie? Maak dit my 
gelukkiger? Meer tevrede met myself? Stel dit my in staat om 
makliker vrede te vind met ander mense in my omgewing? 

Kyk ek 'n groot waarheid mis? Hoe belangrik is 
RESULTAAT? [Sien ook notas rakende “resultate van jou 
handewerk” in die stuk, “Die SELF word gebore” van 
Donderdag 8 April 2004.] Is dit wat die kunstenaar van die 
salaristrekker onderskei (as albei kinders het, wat kan tel as 
resultate van jou lewe, of albei nie kinders het nie)? Is dit wat 
die persoon wat tyd en geld opoffer vir `n goeie saak onderskei 
van die persoon wat hoofsaaklik vir homself leef? 

Ons kom uit Niks, en ons keer terug na Niks. Wat ons 
agterlaat is wat ons met ons lewens gedoen het — ons 
“handewerk”, dit wat aan ons lewens waarde gee, ferwyl ons 
lewe. (Terloops, dis vreemd dat sommige mense die “Niks” 
verwysing as ateisties beskou, en tog is die lyn “stof is jy, en 
tot stof sal jy terugkeer” sentraal aan die (Christelike 
begrafnisritueel.) 

Nog `n vraag: Hoe beinvloed die vlak van VERLIGTING 
wat `n INDIVIDU bereik tydens sy of haar leeftyd, die 
RESULTATE wat hy of sy agterlaat? 


* 


Op Vrydagaand, 11 Junie 2004 om 23:15 ag ek die volgende 
twee vrae as van die belangrikste wat enige persoon hom- of 
haarself kan vra: 


61 


1. WAT MAAK JOU LEWE DIE MOEITE WERD? 


2. WATSE RESULTATE LAAT JY (OP DIE HUIDIGE 
OOMBLIK) AGTER VAN JOU LEWE? 


62 


Identiteit, die SELF, en die resultaat van alles 
Woensdag 23 Junie 2004 


Vier jaar gelede het ek ook aan myself gedink as `n skrywer, 
maar op `n daaglikse basis, van opstaan tot slaap, was ek vir 
alle praktiese doeleindes my inkomste genererende professie. 
Wat was hierdie inkomste genererende professie? Ek was `n 
Engelse onderwyser wat, in alle eerlikheid, meestal misluk het 
in die taak wat ek gehuur was om te doen, vyf dae uit elke 
week. Ek het aan myself gedink as `n skrywer, en ek hét 
geskryf (die hele “Persoonlike Agenda: Boek EEN?” is `n 
bewys daarvan), maar ek het nie die oortuiging gehad oor 
myself en my identiteit wat ek nou het nie. Ek was, tot `n groot 
mate, `n onvervulde, gefrustreerde persoon omdat ek 
onvervuld en gefrustreerd was in my beroep. 

Vyf honderd jaar gelede in Europa — tydens die pre- 
industriële era — was die posisie van die familie in die feodale 
hiërargie een van die belangrikste bepalers van persoonlike 
identiteit, ten minste sover dit die gemeenskap aangegaan het 
in wie se midde die persoon hom- of haarself bevind het. Die 
arbeidsrol wat `n persoon vervul het (indien dit enigsins nodig 
was dat hy of sy enige arbeid moes verrig), was ook gekoppel, 
tot `n betekenisvolle graad, aan geboorte. 

Dit kan dus gesê word dat identiteit, in die Europa van 500 
jaar gelede, hoofsaaklik gedikteer is deur noodlot — waar die 
persoon gebore is, en die posisie wat sy of haar familie beklee 
het in die feodale hiërargie, en ook deur die behoeftes van die 
gemeenskap — wat tesame met noodlotsdata, die persoon se 
arbeidsrol bepaal het. 

Sedert die ontdekkingsreise, en die gevolglike 
ekonomiese, politieke, wetenskaplike en industriële 
rewolusies, het professie ingetree as `n addisionele, en 
kardinale bepaler van identiteit. Die mens wat sy of haar 
bestaan slyt in die geindustrialiseerde wêreld het tot `n mate 'n 
keuse van watter rol hulle wil speel in die gemeenskap, watter 


63 


spesifieke behoeftes van die gemeenskap hulle wil vervul, en 
selfs waar hierdie rol gespeel en die behoeftes vervul sal 
word, of dan in watter gemeenskap. Finansiële mag kan 
genoem word as `n verdere faktor wat mense se beskouing van 
hulself affekteer, asook hoe hulle hul identiteit definieer. Geld 
is ook `n groot gelykmaker — verhale van mense wat in slote 
gebore was en in paleise opeindig is wel steeds raar, maar dit 
gebeur. 

As dit kom by die vraag na wie jy is, kyk meeste mense 
dus steeds na die kaarte wat aan hulle uitgedeel is —- plek van 
geboorte, geslag, voorkoms en talente, sosio-ekonomiese 
status van familie, en spesifiek in die geval van volwassenes, 
ook na professie — wat status en rol in die gemeenskap 
definieer. 


Meeste van bogenoemde gedagtes was voorheen genoteer in 
hierdie literêre projek, so wat is die punt daarvan om dit weer 
te noem? 

Dit was tot onlangs vir my `n private plesier om te glo ek 
wys die “waarheid” uit aan mense wat miskien geglo het `n 
goeie werk en baie geld is die beste waarna hulle kan strewe 
in die lewe. Ek wou sulke mense nader roep, `n antieke 
trommeltjie oopsluit, en binne in sou hulle dan `n Groter 
Waarheid sien: “Jy ken nie jou WERKLIKE self nie! Wat jy 
op hierdie stadium van jou lewe is, is net `n resultaat van 
noodlot, omgewing, en gebeure wat jéd lewe onderskei van 
die volgende persoon s'n. Jy leef onder die illusie dat jy weet 
wie jy is; `n illusie wat jou nietemin in staat stel om te 
funksioneer as `n Mens-in-Hierdie-Tyd-en-Plek.” 

Die bedoeling was dat eers wanneer `n mens in jou eie siel 
terugkyk en jou “ware self” identifiseer, kan jy aanspraak 
maak op volle mensheid, op die feit dat jy (uiteindelik) weet 
wie jy “werklik” is. Ek het gereken dat om jou “ware self” te 
ontdek — of dan te definieer — die Groot Prys is aan die einde 
van `n lang, en baie persoonlike reis. 

Nuwe insigte het egter bogenoemde beskouing begin 
ondermyn. (Ook hierdie vars insigte is reeds genoem, maar 


64 


siende dat dit immers die onderwerp aanspreek van die 
waarde van `n enkele menslike lewe, reken ek dis in die haak 
om weer die saak aan te raak.) Wat, sou ek dan reken, is 
belangriker as die ontdekking en definiëring van die “ware 
self”? Die antwoord: RESULTATE VAN JOU LEWE. 

Ons almal arriveer as klein bondels vlees en bloed op 
hierdie planeet, ons gil ons mensheid uit aan almal wat wil 
hoor, raak ouer en groter, en uiteindelik breek die dag aan wat 
ons weer die toneel verlaat. Die vraag, aan die einde, behoort 
nie te wees of jy bestaan en gefunksioneer het as jou Eie Ware 
Self nie, maar watse resultate jy agterlaat van jou tyd op aarde. 

Het jou lewe meer positiewe as negatiewe resultate 
opgelewer? Sal die wêreld `n sug van verligting slaak wanneer 
jy jou laaste woorde uiter? Het jy net daarna gestreef om jou 
eie behoeftes te vervul, en so lank as moontlik so gelukkig as 
moontlik te wees? Is dit belangrik vir jou om positiewe 
resultate van jou bestaan agter te laat? Wat is positiewe 
resultate? Hierdie is vrae wat elke persoon vir hom- of 
haarself kan, en behoort te beantwoord. 

Ek het `n paar beginsels ontdek en `n paar maatreëls 
geimplementeer wat dit vir my moontlik maak om as `n 
redelik normale volwassene te kan funksioneer in die tyd en 
wêreld waarin ek gebore is. Ek het ook ontdek dat die lewe 
buite my woonsteldeur tot `n groot mate `n spel is, en dat as 
jy die reëls kan ontsyfer en jouself tot `n bevredigende graad 
kan versoen daarmee, jy moontlik `n gelukkige lewe kan lei, 
en aan die einde sal kan verklaar dat jou lewe die moeite werd 
was. 

Tog, as ek kan kies, sal ek my lewe wil leef as `n 
bewustelike poging om meer positiewe resultate as negatiewe 
resultate te bewerkstellig wat ek kan agterlaat, eerder as net 
om te weet ek was gelukkig en my lewe was die moeite werd, 
of selfs dat ek geslaag het daarin om my “ware self” te vind. 
(Wat is die waarde van `n hoogs ontwikkelde bewussyn van 
jou eie self, as dit nie uiteindelik positiewe resultate oplewer 
van jou tyd op hierdie planeet nie?) 


65 


Kan `n mens verder gaan en vra na die resultate van elke 
dag? Elke week? Goed dan, die gemiddelde resultate van elke 
jaar? Kan `n mens “positiewe resultate” koop kort voor die 
einde van jou lewe? Wie bereken die kwaliteit van die 
resultate? En wat is die moontlikheid dat die mooiheid van `n 
enkele dag of selfs `n enkele oomblik verlore kan gaan in die 
gejaag om `n positiewe erfenis agter te laat van jou bestaan? 

Ongeag wat jy glo oor die waarde en betekenis van jou eie 
lewe, of oor wat die lewe vir jou die moeite werd maak, 
ongeag die belangrikheid wat jy heg aan resultate van jou 
lewe, bly een ding aan die einde staan: JOU LEWE SAL 
UITEINDELIK RESULTATE OPLEWER. Of hierdie 
resultate meer positief as negatief gaan wees, hang tot `n baie 
groot mate af van jouself, en van die keuses wat jy maak op `n 
daaglikse basis. 


66 


Die formule wat lei tot resultaat 
Sondag 27 Junie 2004 


Wat is die verskil tussen my en Josef Stalin, of tussen my en 
Bill Gates? Die verskil is resultate van ons lewens. 

Ek, Josef Stalin, en Bill Gates was al drie gebore in 
partikulêre plekke, op partikulêre tye, in gemeenskappe met 
partikulêre behoeftes. As Stalin in 1979 gebore was in plaas 
van 1879, in dieselfde dorp in Georgië, met `n relatief 
soortgelyke huislike agtergrond (aangepas vir 1979 
werklikheid), sou sy lewe ander resultate opgelewer het. 
Dieselfde kan gesê word as ek in 1771 gebore was, en nie in 
1971 nie. Die belangrikheid van noodlotsdata — waar jy 
gebore is, wanneer, en as wie se kind, asook gebeure later in 
jou lewe waaroor jy geen beheer het, of gehad het nie — asook 
die behoeftes van die gemeenskap kan NOOIT onderskat 
word as bydraende faktore tot die eindresultate van `n 
partikulêre mens se lewe nie. 

Die enigste ander faktor wat `n betekenisvolle rol speel, is 
keuses. Stalin het gekies feen die pad wat sou gelei het daartoe 
dat hy `n priester sou word, en gekies Zen gunste van 
aansluiting by Lenin en die Bolsjewiste. So ook het ek 
byvoorbeeld gekies teen watse betrekking ek ook al in Suid- 
Afrika kon losslaan, en gekies ten gunste van English teaching 
in Taiwan om myself aan die lewe te hou. Die keuses wat 
Josef Stalin gemaak het, het `n dramatiese invloed gehad op 
wie en wat hy geword het, en op die resultate wat hy 
bewerkstellig het van sy bestaan. Die keuses wat ek sover in 
my lewe gemaak het, het ook `n dramatiese invloed gehad op 
wie ek is op die huidige oomblik, en op die resultate wat ek 
sover bewerkstellig het van my bestaan. 


Die volgende formule kan dus voorgestel word: 
RESULTAAT VAN JOU LEWE - NOODLOT - 
BEHOEFTES VAN DIE GEMEENSKAP - PERSOONLIKE 
KEUSES. 


67 


Brousel vol gedagtes 
Maandag 28 Junie 2004 
00:02. 


Kinders is die maklikste “resultaat van `n lewe” om te 
produseer. Die moeilike deel kom daarna. 


00:09 


Ouers laat — in die ideale ouer-kind scenario — kinders agter 
as `n resultaat. Besigheidsmense laat profyt en besighede 
agter. Entrepreneurs en uitvinders laat produkte agter. 
Kunstenaars laat kuns agter. Skrywers laat boeke agter. 
Argitekte laat geboue agter. Siviele ingenieurs laat 
infrastruktuur agter. Rewolusionêre laat `n nuwe politieke 
bestel agter. 

En dan is daar die rewolusionêr wat ook kinders agterlaat, 
die uitvinder wat kinders én profyt agterlaat, die skrywer wat 
ook `n suksesvolle onderneming opbou waarby ander kan baat 
tot lank nadat hy aanbeweeg het ... 


68 


Verloor jouself, of wend jouself aan 
Vrydag 3 September 2004 
(Johannesburg) 


Dis eenvoudig, dis voor die hand liggend, en almal weet dit, 
maar dis nogmaals handig om te noem: ten einde te oorleef, 
het jy nodig om te funksioneer. Identiteit (al die antwoorde op 
die “Wie is ek?” vraag) dien `n doel, en hierdie doel is om jou 
in staat te stel om te funksioneer in `n partikulêre omgewing, 
Op `n partikulêre tyd. 

Die vraag is dan: Is dit wie jy werklik is? 

Dit wil voorkom asof daar voorgestel word dat ten einde 
jouself werklik te kan vind, jy jouself moet verloor. Dit is `n 
risiko in die partikulêre omgewings en tyd waarin ons leef. 
Ten einde te kan oorleef, moet ons kan funksioneer, en ten 
einde te kan funksioneer, het ons nodig om onsself te kan 
voorstel aan ander in ons omgewing (ons moet onsself 
identifiseer, en het derhalwe nodig wat genoem word 
“identiteit”. 

Dit kan verder gesê word dat die omgewing (of 
omgewings) waarin van ons verwag word om te funksioneer 
— en dan binne sekere neergelegde grense van 
aanvaarbaarheid, nie bevorderlik is daarvoor om sulke reuse 
stappe te neem soos om jouself te “verloor” nie. (As daar `n 
Kaart van die Psige was, sou so `n plek waar jy jouself kon 
verloor, gemerk gewees het met die waarskuwing, “Hier lê 
drake!” 

Die enigste manier hoe `n mens dus jou “ware self” kan 
ontdek in hierdie lewe, is om te onttrek na `n plek waar jy 
steeds kan oorleef, maar sonder om te funksioneer in 
gemeenskap met ander mense (waarvoor jy sogenaamde 
identiteit benodig). 


69 


Interessant om te kyk wat twee spesifieke godsdienste te sê 
het op hierdie gebied. 

Tot `n mate is dit wat Boeddhisme voorstel — onttrek van 
die wêreld, moenie geheg raak aan aardshede nie, en spits 
jouself toe daarop om voor te berei vir die uiteindelike 
vrylating van die onsterflike element van jou persoon uit die 
oënskynlik eindelose siklus van lewe en dood. 

Die Christelike geloof vertel weer van Jesus wat `n 
partikulêre identiteit gehad het, en relatief goed gefunksioneer 
het in die tyd en omgewing waarin hy gebore was, as beide 
timmerman en prediker -— laasgenoemde was relatief 
suksesvol tot en met sy dood. Hy het geleef volgens sy 
oortuigings, en uiteindelik gesterf vir dit waarin hy geglo het; 
anders gestel, toe die keuse aan hom gestel was om sy 
oortuigings af te water of te sterf daarvoor, het hy geweier om 
homself, of sy oortuigings te verloën. Jesus het homself —- wie 
en wat hy was as mens — opgeoffer; hy't gesterf in, en volgens 
die Christelike geloof, vir hierdie wêreld, en uiteindelik 
geword, volgens Christelike dogma, wie hy werklik is — God. 
Volgens Christelike leerstellings het hy derhalwe gesterf as `n 
partikulêre mens ... en Universele God geword. 


[Sekere teoloë, en slim dominees, sal moontlik daarop wys dat 
Christus reeds as Partikulêre Mens ook Universele God was. 
Hoewel dié punt van allergrootste teologiese belang is, is 
hierdie teks nie die korrekte platform om meer aandag te gee 
aan hierdie onderwerp nie.] 


* N 


Miskien is die doel van hierdie lewe nie om te gaan waar die 
drake lê nie, naamlik, om jouself te “verloor” nie, maar om 
betrokke te raak, kant te kies, en jou self as't ware aan te bied 
vir `n “goeie saak”. 

Wend jouself dus reeds in hierdie lewe aan vir die 
verwesenliking van goeie dinge, en berei jouself daardeur 


70 


voor vir wat ook al wag na jou aardse bestaan. (Ek is bewus 
van die dramaties nuwe rigting waarin ek my kompas draai.) 


* 


“Tye converted to a new faith.” 

“Oh? What's it called?” 

“TEOs called... oh heck, Idomt know what it's called. Does 
it matter?” 


* 


Ek herhaal wat ek reeds geskryf het in `n vorige nota: Miskien 
is die doel van hierdie lewe nie om jouself te verloor ten einde 
jou ware, reiner self te vind nie, maar om jouself, wie en wat 
jy nou is, aan te wend tot `n goeie saak. 


[Hoekom nie net jouself “aanwend” tot jou eie geluk nie? 

Ek ken my eie redes, my eie motiverings, wat vir my goed 
genoeg is en wat nie. Ek kan derhalwe nie hierdie vraag vir 
enige iemand anders as myself antwoord nie ... vir nou. ] 


71 


Los fragmente wat aansluit by “Verloor 
jouself, of wend jouself aan” 


Maandag 6 September 2004 


Vrees is die Fondasie waarop die Huis van Lewe en 
Funksionerende Identiteit gebou is. Die vraag is, wat lê 
begrawe onder die huis? 


* 


Die opsies: Onttrek of Raak Betrokke 


* 


“Vervul jou doel op aarde deur betrokkenheid met die 
wêreld.” 


Serve your purpose and leave ... or stay and enjoy the show 
for as long as your ticket is valid? 


* N 


As onttrekking die antwoord is, wat is dan die sin van die 
manier hoe geboorte plaasvind? 


* N 


Die Boeddha het sy vrou en pasgebore kind verlaat, en die 
wildernis binnegestap. 

Jesus het betrokke geraak. Hy't vertroosting gegee, pyn 
verlig waar hy kon, en homself — sy fisiese self — opgeoffer 
vir `n “goeie saak”. 

Mohammed het ook betrokke geraak. Hy't oorlog gemaak 
om die wêreld te transformeer sodat mense hul lewens op 
“korrekte” wyse kan leef (volgens sy oortuigings). 


72 


Siddhartha Gautama (die Boeddha) het onttrek die wildernis 
in. Mohammed het ook aanvanklik onttrek — na `n grot. Jesus 
het veertig dae en nagte in die woestyn gespandeer. 

Beide Jesus en Mohammed het onttrek... en toe betrokke 
geraak. 

Selfs Nietzsche se held — die uiteindelike “superman” — 
het vir tien jaar onttrek, en toe begin met `n poging om mense 
uit onkunde te verlos. 


* N 


Dus: Onttrek ... en herverskyn as `n getransformeerde mens 
— een met `n agenda, `n saak waarvoor jy bereid is om te sterf? 


73 


Verloor jouself, of wees jouself ... 
Dinsdag 7 September 2004 
00:40 


As iemand my moet vra wat die eindresultaat is van tien jaar 
se dink en skryf oor “dinge”, sal ek aanvanklik etlike temas 
wil noem. In praktiese terme kom dit egter daarop neer dat ek 
toenemend voel ek verstaan hoe dinge werk, dat ek gereed is 
om aan te beweeg. Ook dat die dag tot dag stryd om 
oorlewing, om behoeftevervulling, `n spel is waaraan ek nie 
werklik meer wil deelneem nie. Wat amper blyk `n 
selfmoordwens te wees, is eerder wat ek nou onttrekking 
noem — om te “sterf” as deelnemer in hierdie wêreld. Hoewel 
die idee, oppervlakkig gesien, aanloklik is — geen lang 
argumente of verduidelikings meer nie, geen konvensies of 
reëls nie, huiwer ek steeds by die kruispad: onttrek, of raak 
betrokke? 

(En dan is daar die moontlikheid dat die afgelope vyf of 
tien jaar — my laaste jaar op Stellenbosch, twee jaar in Korea 
en sover amper ses jaar in Taiwan, wel gesien kan word as my 
onttrekking van die wêreld.) 


`n Paar maande gelede het ek gesê: Vind jouself. 
Nou sê ek: Verloor jouself, of wéés jouself vir `n goeie 
doel. 
08:19 
Hoe sou jou persoonlikheid, jou identiteit, wie en wat jy is, 


gelyk het as dit nie gebou was op vrees nie — vrees vir honger, 
vir armoede, vir pyn, vir die dood, of vir eensaamheid? 


74 


14:16 


Weereens, as jy uiteindelik op die punt kom waar jy verklaar 
dat jy weet wie jy is, en jy weet ook hoekom jy dit is en nie 
iets of iemand anders nie, dan besef jy moontlik dat die soeke 
na jou “ware, naamlose self” maar nog net begin het. 

Jy staan dan voor `n keuse: verminder die noodsaaklikheid 
om te wees wie jy nou is — ter wille van funksionering in `n 
partikulêre omgewing — deur jouself te onttrek van die wêreld 
(relatief gesproke); 6f, kies `n rol en begin om die rol te vervul 
(wetende dat dit `n rol is), en pas jou kennis, jou ervaring, jou 
vaardighede en jou persoonlikheid toe op `n wyse wat jou 
lewe waarde gee in `n partikulêre omgewing, en op `n 
bepaalde tydstip van die wêreldgeskiedenis. 

In ander woorde: Wees wie jy (nou) is, ter wille van `n 
goeie saak. 


75 


Woestyn of stad | `n Beginsel 
Dinsdag 21 September 2004 
WOESTYN of STAD? 


Om jou identiteit-ter-wille-van-funksionering te verloor, of 
om dit te aanvaar en te wees ter wille van `n (goeie) doel ... 
sê jy stap al vir jare lank in sirkels en loop kruis en dwars oor 
dieselfde areas maar jy kry dit reg om lank genoeg koers te 
hou, en jy kom by die rand van die STAD, net voor jy die 
WOESTYN betree, waar jy nie meer hoef te funksioneer 
volgens konvensies van tyd en plek nie, en jy draai om en stap 
terug, weer die STAD binne, om met die kennis wat jy het oor 
wie en wat jy waarlik is, en wie en wat jy moet wees om te 
oorleef en te funksioneer, jou lewe te leef in diens en 
nastrewing van `n Goeie Saak ... tot die tyd aanbreek wat jy 
die WOESTYN in `n ander gedaante sal betree. 


Donderdag 23 September 2004 
`n Beginsel ... 


Vele van ons bly vasgevang in `n lewe wat nie die beste is wat 
ons kan bewerkstellig nie, want om verstellings te maak, sal 
meer energie verg as wat dit vat om die huidige, soms 
frustrerende lewe bloot te onderhou op `n daaglikse basis. 

Dit is hoekom verandering gewoonlik volg op `n 
bliksemstraal wat ons tot aksie skok — `n gebeurtenis of 
insident wat ons huidige bestaan ondraaglik maak. 


76 


VERSKYN of VERDWYN? 
Donderdag 23 September 2004 


Vir jare het ek gesoek na wie ek is, en probeer uitwerk hoe ek 
moet verskyn aan die wêreld. Ek het uiteindelik tot die insig 
gekom dat jy jou “gegewe self” moet konfronteer, moet 
aanvaar wat jy nie kan verander nie, en dan in ag genome die 
gegewe materiaal, asook gegewe tyd en plek, moet definieer 
wie jy wil wees, hoe jy aan die wêreld wil verskyn, of jy 
enigsins `n rol wil speel in die wêreld, watse rol jy wil speel, 
waar jy hierdie rol wil speel, asook hoe jy beplan om in jou 
behoeftes te voorsien op die plek waar jy is en in ag genome 
wie jy gedefinieer het jy wil wees en watse rol jy wil speel, of 
watse bydrae jy wil maak. 

Een vraag bly egter na jy hierdie dinge uitgesorteer het: 
WIL JY VERSKYN? 

Indien jy kies om wel te verskyn, skop al jou antwoorde 
op bogenoemde vrae in. 

Sou jy kies om nié te verskyn nie, verander alles. Dit maak 
meeste van jou antwoorde nutteloos, met nuwe vrae wat 
beantwoord moet word om `n ander stel behoeftes te vervul 
(of soortgelyke fisiese behoeftes, maar sielkundig 
verskillend). 

Dit is die vraag wat ek op hierdie punt van my lewe 
kontempleer. Wil ek wees wie ek (tans) is, op die plek waar 
ek gekies het om hierdie “ek” te wees, en die rol vervul wat 
ek vir myself gedefinieer het, of wil ek verdwyn ... of dan 
slegs minimale, en meestal anonieme verskynings maak ten 
einde my basiese fisiese behoeftes te vervul? 


Sondag 10 Oktober 2004 
Jy raak moeg daarvoor om jouself te verduidelik aan ander 


mense. Jy raak ook toenemend bewus van jou eie karikatuur 


71 


in verskyning aan die wêreld. Jy begin toenemend `n behoefte 
te ervaar om te onttrek. 

Is dit `n noodwendige verloop van spirituele ewolusie? 
Kan dit vermy word dat jy jouself toenemend wil losmaak van 
die wêreld? 


78 


Doel van bestaan, drie stelle opmerkings 
Saterdag 2 Oktober 2004 
1. 


Elke klein dingetjie om ons dien `n doel — onderdele van `n 
masjien, die masjien self, organe en liggaamsdele, diere, 
insekte, suurstof, ander chemiese elemente, organiese 
verbindings. Dit sal belaglik wees om voor te stel dat mense, 
wat letterlik omring is deur doel, nie self een of ander doel 
dien nie. 


* N 


Nie-menslike lewensvorme asook lewelose dinge dien `n doel 
sonder om daaroor te “dink”. $o ook is daar sommige mense 
wat uiteindelik `n doel dien sonder om ooit die onderwerp 
ernstig te oorweeg, maar vele ander mense moet die doel van 
hul eie lewens doelbewus kontempleer. Hoekom? Het ons as 
mense verander op maniere wat dit `n uitdaging maak om ons 
doel te ontdek en te vervul? 


2. 


Twee weke gelede het ek gereken niks is belaglik nie, as jy 
regtig daaraan dink. Dinge kom eers voor as belaglik, so't ek 
genoteer, as mens beskouings en verwagtinge het oor hoe 
dinge, of mense, veronderstel is om te wees, en die 
werklikheid stem nie ooreen met ons beskouings of 
verwagtinge nie. Wat dan van hierdie hele beskouing dat die 
mens se lewe `n doel het? Kom die idee van `n doellose 
bestaan dan nie totaal belaglik voor bloot omdat ek die 
beskouing, en selfs die verwagting het dat menslike lewe `n 
doel moet dien nie? 


79 


Ek reken dis heeltemal redelik om te verwag dat sommige 
dinge veronderstel is om X, Y of Z, te wees of te doen. As ek 
die aankoms van `n gas afwag en my deurklokkie lui, gaan ek 
verwag dat die persoon op normale wyse my woonstel sal 
betree. Indien hy of sy dan op hulle hande instap, sonder `n 
draad klere aan hulle lyf, en voete wat wild skop in die lug, 
sal min mense my kwalik neem as ek uitbars van die lag. 
Hoekom? Die persoon se gedrag sal belaglik wees. 

Nou, ek is bereid om te erken dat reaksies op die naakte 
verskyning iets te make het met kulturele beskouings en 
verwagtinge van “normale gedrag” — wat verskil van plek tot 
plek, en van een historiese periode na die volgende. Die op- 
die-hande-loop as daar niks verkeerd is met jou bene en voete 
nie, aan die ander kant, is doodgewoon nie hoe `n mens ... en 
die orrelis gaan in `n hoër oktaaf in, die handeklap raak 
ritmies ... dis doodgewoon nie hoe die mens ontwerp is nie. 

Dieselfde kan gesê word as ek een aand by die huis kom 
en een van die kakkerlakke wat gereeld hulle nagtelike 
verskynings in my kombuis maak, is besig om aandete te 
kook, met `n netjiese klein voorskoot aan. Ek sal lag — of gil 
van verskrikking. Dit is nie wat die kakkerlak veronderstel is 
om te doen nie. Hoekom doen nie enige van die kakkerlakke 
in my kombuis so iets nie? Hoekom sit die spinnekop nie in 
die sitkamer en TV kyk wanneer ek op die rekenaar besig is 
nie? Hoekom sit die straatkatte nie buite op die sypaadjie 
met `n bottel bier in die een poot, en `n sigaret in die ander 
nie? Omdat dit fisies onmoontlik is. Omdat dit nie is wat hulle 
genetiese kode dikteer nie. Katte se fisiologie maak dit vir 
hulle maklik en natuurlik om die muisbevolking in toom te 
hou. Kakkerlakke se fisiologie maak dit vir hulle moontlik om 
te ... doen wat hulle veronderstel is om te doen. Bye se 
fisiologie stel hulle in staat om rond te vlieg en blomme te 
bestuif. Blomme doen weer iets anders. 

Wil ek impliseer dat alles soos `n goed geoliede masjien 
moet funksioneer? Moet alle vorme van lewe hul plekke ken, 
hul rolle speel, en die verskillende doele van hul bestaan 
uitleef? Ek gee toe dit is ietwat problematies. Min mense, ek 


80 


ingesluit, hou immers van die idee dat hulle elke wakker-uur 
van hul lewens hul rympies moet resiteer en hul arms en bene 
moet beweeg soos dit vooraf bepaal is. 

Dis duidelik nie `n swart-en-wit saak nie. Maar net omdat 
dit nie eenvoudig is nie, is nie `n verskoning om nie te erken 
wat jy net kan ignoreer as jy belaglik is nie, naamlik dat ons 
omring word met doel. 


3. 


So te sê alle aasvoëls dien dieselfde doel. Dien die mens as 
spesie ook `n spesifieke doel, of word verskillende doele 
gedien deur individuele lede van die spesie? lndien 
laasgenoemde, hoekom? 

Nog `n vraag: Hoe argumenteer mens doel sonder `n 
“skepper”? 


81 


Vir as enige iemand vergeet het 
Saterdag 23 Oktober 2004 


Ons het nodig om te funksioneer, en om dit te kan doen het 
ons inligting nodig — wie ons is, wat ons is, wat ons nodig het, 
wat ons wil hê, en wat ons moet en mag doen om te kan kry 
wat ons nodig het en/of wat ons wil hê. 

Ons moet ook `n omgewing skep, of ons deel bydra in die 
skepping van `n omgewing, wat bevorderlik is vir ons om te 
word wat ons wil wees. 

Hierdie proses van “word” moet egter nie beperk word tot 
mense wat net hul eie agendas dien nie, wat net hul eie 
behoeftes en begeertes najaag nie. Die deelname van 
individue in `n groter proses wat gemik is op `n resultaat 
waarby meer as net `n enkele persoon of `n handvol individue 
sal baat, moet altyd opreg en aktief aangemoedig word. 

Hoekom? Vir een rede, soos jy bydra tot die verbetering 
van iemand anders se omgewing, so dra iemand anders by tot 
die verbetering van joune. Ons deel ook omgewings, beide in 
die groter sin van die woord en in `n meer plaaslike sin. As 
ons almal bydra tot die verbetering van ons gemeenskaplike 
omgewings, trek ons almal individueel voordeel daaruit. 


82 


Planeet gevul met doel en rede 
Sondag 9 Januarie 2005 


“Hoekom moet daar noodwendig `n doel wees aan die mens 
se lewe?” mag iemand dalk vra. 

Ek glo, as ek kyk na die natuurlike wêreld, dat alles, van 
wolke tot lug tot water tot die voelers van ʼn kakkerlak `n doel 
het. Hoekom op aarde, as die hele planeet gevul is met doel 
en rede, sal daar geen doel en rede wees vir die mens se 
bestaan nie. 

Vir my is die vraag eerder: WAT? 


[05/01/12: Die pote van `n sjimpansee dien `n duidelik doel. 
Maar watse doel dien die sjimpansee? Het elke dier en elke 
spesie werklik `n doel? Muskiete versprei virusse en parasiete 
wat verhoed dat sekere spesies te veel aanteel en die 
natuurlike balans versteur... behalwe natuurlik dat muskiete 
en die vrag wat hulle dra in die moderne wêreld beskou word 
as `n gruwel wat uitgeroei moet word. 

Die vraag na doel is warm vir kontemplasie en bespreking. 
Ek is ten volle oop vir die moontlikheid dat doel en betekenis 
slegs waardes is wat ons heg aan dit wat ons waarneem in die 
fisiese wêreld, insluitende ons eie lewens. Tog wil dit 
voorkom asof die hele wêreld deurspek is met hierdie-ding- 
doen-dit-en-daardie-ding-doen-dat. 

My bedoeling is nie om af te stuur op `n teologiese 
argument nie, dit gaan eerder vir my oor die veronderstelling 
dat as doel `n patroon is regdeur die hele sigbare wêreld, dat 
die mens se lewe ook `n doel moet hê. [Maandag 25/05/15: 
Kan “mens se lewe” werklik vergelyk word met iets soos 
“sjimpansee se poot” of “menslike oog”? Is eersgenoemde nie 
te abstrak om `n doel te hê nie?]] 

En net om dinge te kompliseer, moet mens dalk ook 
wonder of individuele sjimpansees 'n unieke doel het wat 
hulle onwetend nastreef ...] 


83 


[26/12/12: Dis soos `n hiërargie: hierdie sel dien `n doel; 
hierdie versameling selle dien `n doel; hierdie versameling 
van verskeie groepe vorm `n “voet”, wat `n doel dien; die 
“voet” is vas aan `n “been”, wat `n doel dien ... maar die totale 
organisme waaraan die voet en die been en die oog en die kop 
en die hand ensovoorts gekoppel is, dien geen doel nie? Of 
“doel” is net `n versinsel van ons verbeelding?] 


84 


Vermoë om `n doel te vervul | 'Totalitêre staat 
Dinsdag 8 Februarie 2005 

08:57 

Twee gedagtes: 


1. Piet X is nie noodwendig “op aarde geplaas” om 'n sekere 
doel te vervul nie, maar hy was wel gebore met die vermoë 
om ʼn sekere doel te vervul — soos ʼn vrou gebore word met 
die vermoë om swanger te raak en geboorte te gee, iets wat 
ten nouste gekoppel is aan `n sekere rol wat vervul moet word, 
of `n doel wat gedien moet word. 


2. `n Totalitêre staat sê: Gee jouself aan die staat, en die staat 
gee aan jou `n identiteit met `n sterk nasionalistiese karakter, 
iets groter as jyself waarmee jy kan identifiseer en waar jy `n 
tuiste sal vind, waar jy sal voel jy behoort, en talle maniere 
waardeur jy jou lidmaatskap gereeld kan bevestig. 


14:32 


Om GEGEE te word die vermoë om `n bepaalde doel te dien, 
en die VRYE WIL om dit te doen, of nie. 


85 


Die doel van bestaan 310305.doc 
Donderdag 31 Maart 2005 


`n Fundamentele verskuiwing het plaasgevind in my denke. 
Vier jaar gelede het ek gepoog om die doel van my eie bestaan 
te formuleer as “kreatiwiteit”. Ek het geglo dat om kreatief te 
wees, om te skep, die uiteindelike doel was nie net van my eie 
bestaan nie, maar van enige mens se bestaan, sou hy of sy ver 
genoeg ontwikkel van `n bestaanstoestand van primêre 
behoeftevervulling. 

Die mens se bestaan word gevoer binne `n spesifieke 
omgewing met unieke (of semi-unieke) sosiale, kulturele, 
ekonomiese, politieke en historiese elemente, en met behulp 
van, en soms gekortwiek deur, `n unieke mengsel van 
genetiese eienskappe wat aan elke mens GEGEE word deur 
die spreekwoordelike noodlot. Soos dinge is, vind sommige 
mense dit moeilik om `n lewe met `n bepaalde betekenis te 
bewerkstellig binne hierdie omgewing wat aan hulle gegee is. 
Belangrike KEUSES moet dan gemaak word. Hierdie 
individue sal moontlik verstellings moet aanbring aan hulle 
identiteit wat elemente van ander oorde sal benut as wat 
oorspronklik aan hulle gegee is. Hulle sal heel moontlik — in 
ag genome die kardinale impak van omgewing op wie en wat 
ons is en hoe ons ons bestaan aanwend — van omgewing moet 
verander. Uiteindelik sal die uitvoering van die rolle wat hulle 
mettertyd vir hulleself definieer neerkom nie net op `n bestaan 
met `n bepaalde betekenis nie, maar op die nastrewing van `n 
spesifieke doel van hulle bestaan. 

Sou enige iemand my nou tromp-op loop met die vraag 
van hoe kreatiwiteit inpas in hierdie hele aangeleentheid, sal 
ek moet bieg dat ek nie `n antwoord gereed het om te resiteer 
nie. Om kreatief te wees, om jou aardse bestaan te voer as `n 
Skepper, is nie meer vir my goed genoeg as antwoord op die 
vraag na die doel van my eie bestaan nie. 


86 


Die vraag na die Ware Doel van die Mens se Bestaan sny 
SOOS `n ritualistiese lem deur die sagte vlees van dit wat ons 
noem, “lewe”. Waar kom die mens vandaan? Is daar `n rede 
vir ons teenwoordigheid op hierdie planeet? Watse tipe vrae 
het ons vroegste voorouers gevra? Is hierdie ding van vrae 
vra `n byproduk van ons ontwikkeling, of deel van dit wat ons 
vorentoe dryf? Was dit altyd op die spreekwoordelike kaarte 
van wat die mens sou word? Is daar `n onsigbare mag agter 
die mens se bestaan? Was, en is die veronderstelling van 
hierdie “mag” dat ons een of ander doel moet dien? Indien 
wel, hoekom word dit nie duidelik aan ons uitgelê nie? Was 
dit al aan ons uitgelê, meer as een maal, met vele van ons wat 
dit eenvoudig bly ignoreer, soos vele van ons voorouers ook 
gedoen het? Hoekom, as ons vir die oomblik aanvaar dat 
om `n doel te dien inderdaad belangrik is, word die doel van 
ons bestaan dan nie weer en weer en weer aan ons uitgespel 
as `n saak van daaglikse kosmiese ritueel nie? 

Die mens is tot `n mate wat nooit oordryf kan word nie, `n 
produk van sy of haar omgewing. Die stel klanke waarmee jy 
kommunikeer en die woordeskat waarin jou gedagtes vorm 
aanneem, die oortuigings wat jy aanhang, die ambisies wat jy 
as jou eie definieer, waar jy woon, waar jy werk, hoeveel 
inkomste jy bewerkstellig elke dag, maand of jaar, waar jy 
slaap, op watse meublement, onder watse beddegoed, saam 
met wie, wat jy doen tussen die oomblik van wakker word en 
die oomblik wat jy tot rus kom, hoe gereeld jy jou tuiste 
verlaat, vir hoe lank, waarheen jy jouself vervoer en met watse 
vervoermedium, en hoe al hierdie dinge op jou bewussyn 
inwerk, kan alles direk, of indirek, teruggevoer word na die 
omgewing wat aan jou “gegee” is met geboorte. (Selfs as die 
omgewing waar jou volwasse bestaan gevoer word radikaal 
anders is as die omgewing wat aan jou gegee is, is jou gekose 
omgewing steeds onlosmaaklik verbind aan jou gegewe 
omgewing omdat jou uiteindelike keuse heel waarskynlik 
beinvloed was deur jou gegewe omgewing en moontlik tot `n 
mate `n reaksie was daarop.) 


87 


Dit is dan ook so dat die omgewing waar jy ontstaan het 
en waar jy jou vroegste “programmering” ontvang het, die 
primêre bron is van informasie aangaande die doel en 
betekenis van die mens se bestaan. Nou, 500 of 1500 jaar 
gelede was dit ook so, maar die wêreld waarvan vele van ons 
bewus is in die 21ste eeu strek natuurlik aansienlik verder as 
net die grense van die dorp, stad of gehuggie waarbinne ons 
bestaan gevoer word. Massamedia en die Internet stel ons 
bloot aan alternatiewe idees oor die moontlike doel en 
betekenis van ons lewens wat twee of drie geslagte gelede nie 
op die rustigste van oggende kon besin nie. 

Die bronne wat ons kan raadpleeg, sou ons `n minuut 
@rens wou afknyp om daaroor te kontempleer, is veel ryker 
as `n geslag of tien gelede. Ten spyte hiervan kies vele steeds 
om antwoorde te soek by plaaslike leermeesters, hetsy dit 
ouers, grootouers, vriende, pastore, priesters, rabbi's, imams, 
selfhelp-ghoeroes of populêre vermaaklikheidsterre is. 
Antwoorde word sekerlik gevind by hierdie mense. My vraag 
bly: watse antwoorde? Watse moontlikhede word uitgelê deur 
die gewone selfaangestelde, of gemeenskapberoepte Gewers 
van Waarheid en Leiding? 

Miskien `n vraag nader aan die hart van die een wat 
wegkruip agter `n rekenaarskerm met woorde wat hy tik 
terwyl niemand hom steur in die privaatheid van sy eie 
woonstel nie: WATSE ANTWOORDE SOU EK GEE AS 
IEMAND MY MOES NADER OOR DIE WARE DOEL EN 
BETEKENIS VAN DIE MENS SE AARDSE BESTAAN? 


[Een-honderd-twee-en-sewentig woorde netjies geweef in 
vier paragrawe het gevolg, om op te maak vir die feit dat ek 
nie aan enige duidelike antwoorde kon dink nie. Een-honderd- 
twee-en-sewentig woorde het derhalwe die spit gedelf.] 


88 


de de dk RR RR AR HE dd RE 


Maandag 18 April 2005 


`n Amerikaanse ontwikkelingswerker (vrou met die naam van 
“Marla”) is die naweek oorlede in Irak (bom langs die pad). 
Sy was heel waarskynlik in vele opsigte `n doodgewone vrou 
— net SO gewoon soos meeste van ons. Wat wel buitengewoon 
was aan haar, was haar waarde vir `n sekere gemeenskap van 
mense wat vasgevang is in `n primitiewe stryd om oorlewing. 
Wat buitengewoon was aan haar, was haar bereidheid om haar 
lewe te verloor vir hierdie stryd. 


de de dk RR HR Rd dd ER ER ER EE 


Donderdag 21 April 2005 


Walter Reuther (1907-1970), Amerikaanse vakbondleier: 
“There is no greater calling than to serve your fellow man. 
There is no greater contribution than to help the weak. There 
is no greater satisfaction than to have done it well.” 


de de dk RR RR AR RE RR ER ER 


89 


Alles draai om die PUNT 
Woensdag 4 Mei 2005 
15:41 


Soms ontvou `n mens se lewe op `n wyse wat jou laat verstaan 
dat daar `n PUNT is waarom jou lewe draai. Wat dan gebeur 
is dat alles wat jy doen, gesien kan word in terme van hoe ver 
hierdie aktiwiteit van die PUNT af is. Basiese higiëne en 
voedselinname onderhou byvoorbeeld die liggaam, wat 
noodsaaklik is vir jou om jou lewe (wat nie moontlik is sonder 
die liggaam nie) te laat draai om hierdie PUNT. So ook is dit 
met werk, of dan inkomste genererende arbeid, wat in die 
eerste plek gedoen word om kapitaal te verdien om jou lewe 
te onderhou. (Tensy jou werk die PUNT van jou lewe is, 
wat `n saak is wat jy met jouself moet uitsorteer.) Nog `n 
voorbeeld is my eie EFL-projekte. Ek kontempleer tans of `n 
sekere reeks uit drie of vyf boeke moet bestaan, hoeveel prente 
daarin moet kom, of dit in kleur of swart-en-wit moet wees, 
hoeveel en watse tipe oefeninge ek moet insluit, wat die 
grootte van die boek moet wees, en so meer. Solank ek weet 
hierdie besluite wat ek moet maak, is steeds verwant aan die 
PUNT van my lewe (in hierdie geval in 'n 
sekondêre/onderhoudende/bevorderlike rol) kan ek 
voortgaan om dit te doen sonder om `n eksistensiële krisis 
daaroor te ontwikkel. 


17:02 


Alles draai om die PUNT. 
Die PUNT is nie `n doelwit waarna jy streef en dan bereik 
nie — dis iets waarom jou lewe draai. Jy streef wel vir jare 


daarna om iets te bewerkstellig SODAT jou lewe om hierdie 
PUNT kan draai. 


90 


[27/01/153: Wat is “doel”, en wat is “punt”? `n Doel is `n rede 
hoekom jy iets doen (soos leef). Jy kan 6f slaag daarin, 6f 
misluk. `n Punt is `n spil waarom dinge draai. Hoekom draai 
dinge om daai spesifieke spil? Dalk omdat dit jou in staat stel 
om die doel van jou lewe na te streef. Dus: om die doel van 
jou lewe na te streef en te vervul, moet jou lewe om `n 
bepaalde spil draai. ] 


[13/06/15: `n Vrou sê, “Om my kinders gelukkig te hou en 
hulle goed groot te maak sodat hulle self eendag produktiewe 
lede van die gemeenskap kan wees en kan help om beskawing 
te onderhou, is die doel van my lewe ... Nee, wag. Die vrou 
sê eintlik: “Die doel van my lewe is om `n bydrae te lewer om 
van die wêreld `n ordentlike plek te maak, vir myself, vir my 
kinders, vir al die ander mense wat ek liefhet, en vir almal met 
wie ons die wêreld deel. In ag genome dat ek dit sien as die 
doel van my bestaan, sien ek my primêre rol op hierdie 
stadium van my lewe om my kinders gelukkig te hou en hulle 
goed groot te maak sodat hulle self eendag produktiewe lede 
van die gemeenskap kan wees en kan help om beskawing te 
onderhou. Om dit te kan doen, om hierdie rol behoorlik te kan 
speel, moet my kinders die PUNT wees waarom my lewe tans 
draai.” 


Saterdag 7 Mei 2005 


Om onafhanklike welstand te bewerkstellig deur 
entrepreneurskap en kreatiwiteit, ten einde (meeste van) my 
eie tyd te besit, om my daaglikse bestaan te kan toewy —te kan 
aanwend — tot die nastrewing van doelwitte wat sal strek tot 
die voordeel nie net van my eie lewe nie, maar ook tot die 
vervulling van die potensiaal van ander mense om 
doelgerigte, konstruktiewe, welwillende en gelukkige lewens 
te lei. Om sodoende my eie aardse bestaan te laat draai 
rondom hierdie sentrale PUNT. 


91 


Slegs waarde vir enkele ander mense 
Maandag 9 Mei 2005 


Besig om die woordeskatlys voor te lees aan die 16:30 tot 
18:00 klas toe die woord “irrelevant” in my gedagtes opduik, 
soos in, “Ek is bang na al my pogings is my lewe in 
werklikheid irrelevant, met slegs waarde vir enkele ander 
mense ...” 


—a mundane life — 
— a life of no significance — 


[16/06/15: “slegs waarde vir enkele ander mense ...” — so wat 
is die magiese nommer? 7? 53? 125? wanneer `n mens se lewe 
waarde het vir hoeveel mense sal jy nie meer dink jou lewe is 
irrelevant nie? jy red een persoon van verdrinking — kyk jy 
rond om te sien of daar nie dalk nog mense is wat verdrink nie 
want een is te min? jy red een persoon van sieldodende 
armoede — nie goed genoeg nie? nie eens die moeite werd nie, 
sal jy dink?] 


92, 


Waardig om te bestaan | Teleologie | Redelike 
filosofie 


Donderdag 12 Mei 2005 


Ek het die afgelope ... sê, twintig jaar of so in die gewoonte 
verval om te glo ek moet die heeltyd bewys dat ek, Brand 
Smit, waardig is om te bestaan, dat my geboorte nie 'n swak 
oordeelsfout was nie, dat ek moet bewys — voortdurend — dat 
ek inderdaad die bloed in my are waardig is. Wat ook al die 
rede hiervoor, dit gaan my dryf tot in `n vroeë graf. 


Saterdag 14 Mei 2005 


Ek moet laat gaan. Ek moet aanvaar dat my lewe een of ander 
tyd gaan eindig, dat die wêreld sal voortgaan sonder my, 
amper ... amper asof ek nooit hier was nie. 

Sien die ware verhouding tussen dinge, en jou eie plek in 
die Groter Werklikheid. 

Ek moet insien dat my lewe nie naastenby so waardevol is 
as wat ek graag reken nie. (Kan `n suicide-of-sorts ingewerk 
word in hierdie begrip?) 


* N 


`n Geval dus van erken dat jou grootste vrees tot `n groot mate 
waar is? Daar's `n aangename element aan hierdie tipe 
aanvaarding ... 


Sondag 15 Mei 2005 


“Aristotle came more and more to think of the universe as a 
vast complex of organisms each striving to attain the end 
assigned by Nature to it. [...] The Aristotelian system is often 
described as “teleological'.” —- Uit die inleiding tot Aristotles 
se Ethics 


93 


17/06/15: 


“A teleology is an account of a given thing's purpose. For 
example, a teleological explanation of why forks have prongs 
is that this design helps humans eat certain foods; stabbing 
food to help humans eat is what forks are for. 

A purpose that is imposed by a human use, such as that of 
a fork, is called extrinsic. Natural teleology contends that 
natural entities have intrinsic purposes, irrespective of human 
use or opinion. For instance, Aristotle claimed that an acorn's 
intrinsic telos is to become a fully grown oak tree. 

Though ancient atomists rejected the notion of natural 
teleology, teleological accounts of non-personal or non- 
human nature were explored and often endorsed in ancient 
and medieval philosophies, but fell into disfavor during the 
modern era (1600-1900). 

In the late 18th century, Immanuel Kant used the concept 
of telos as a regulative principle in his Critigue of Judgment. 
Teleology was also fundamental to the speculative philosophy 
of Georg Wilhelm Friedrich Hegel. 

Contemporary philosophers and scientists are still actively 
discussing whether teleological talk is useful or accurate in 
doing modern philosophy and science. For instance, in 2012, 
Thomas Nagel proposed a neo-Darwinian account of 
evolution that incorporates impersonal, natural teleological 
laws to explain the existence of life, consciousness, 
rationality, and objective value.” 


Bron: https://en.wikipedia.org/wikv/Teleology 

Maandag 16 Mei 2005 

13:51 

Die Griekse filosowe, of dan spesifiek Aristoteles, het nie 


vanuit die staanspoor op gesag aanspraak gemaak op 
teologiese gronde, wat hulle veronderstel het almal, of dan die 


94 


meerderheid, aanvaar nie. Hulle fondasie was een van rede, 
van `n groep mense wat om `n spreekwoordelike tafel sit en 
sê, “Laat ons ooreenkom dat ons intelligente wesens is, dat 
ons bewus is van ons bestaan, en dat ons in staat is tot goeie 
aksies, en ook in staat is tot die teenoorgestelde van goeie 
aksies. Laat ons voortgaan om te definieer wat “goed' beteken, 
in die praktyk, en wat 'sleg' beteken, hoe ons eersgenoemde 
kan nastreef, en ook die redes hoekom dit beter is.” 

In hierdie opsig is my eie beskeie pogings van die 
afgelope paar jaar nader aan die Griekse filosowe van meer as 
23 eeue gelede, as aan moderne predikers en teoloë. 


18:24 


Is ek net nog `n toevallige samesmelting van sperm- en eiersel 
wat sover 33 jaar en `n paar maande oorleef het, en daagliks, 
saam met biljoene ander op die planeet, of miljoene ander op 
hierdie eiland, of duisende ander in hierdie stad, `n stryd voer 
om kos, skuiling, `n bietjie gemak en vermaak elke dan en wan 
— in kort, wat stry vir my plekkie in die son, OF ... kan ek `n 
bydrae maak tot ander mense se lewens, wat die waarde van 
my eie lewe sal transendeer verby hierdie tyd en hierdie plek? 


(31/12/2013: Die antwoord op die eerste deel van die vraag is, 


ja. Die antwoord op die tweede deel: dit sal goed wees indien 
jy kan. ] 


95 


Waarde in die Groter Beskouing 
Woensdag 1 Junie 2005 
15:4] 


Die feodale orde en die georganiseerde samelewings wat 
gevolg het op die feodale orde is goeie illustrasies van hoe 
mens gebore word met sekere gegewens — nooit in sement 
geanker nie, maar waarvolgens mense nietemin hul lewens 
slyt. 

So ook is dit vandag. Tensy jy gebore word met 
uitstekende — inderdaad, voortreflike — afkoms en ander 
gegewens in terme van posisie, welvaart en voorgeskrewe rol 
en funksie — val jy in die groep waarin meeste mense hulself 
bevind: waar jou posisie asook jou waarde vir alle praktiese 
doeleindes by verstek neerkom op fokkol in die Groter 
Beskouing van Dinge, of Slegs van Waarde vir Vriende en 
Familie. 

Dit kom dus daarop neer dat, teen die tyd wat jy `n 
funksionerende volwassene is, jy in een van drie groepe 
sorteer: a) Fokkol in die Groter Beskouing van Dinge, Slegs 
van Waarde vir Vriende en Familie; b) rol, funksie en waarde 
wat verder strek as jou Kring van Vriende en Familie; o) 
Fokkol in die Groter Beskouing van Dinge, en van Geen 
Waarde vir Enige Lewende Wese. (Trein arriveer. Die punt: 
as dit nie gegee is nie, maak dit `n werklikheid.) 


16:08 
Stelling: Sommige mense se lewens het slegs waarde vir 
vriende en familie, en per toeval moontlik ook vir enkeles 


buite hierdie kring. (Kom ons noem dit vir die oomblik Tipe 
A.) 


96 


Stelling: Sommige mense se lewens het waarde vir vriende en 
familie, en deur eie wil ook vir enkeles buite hierdie kring. 
(Tipe B) 


Stelling: Sommige mense se lewens het waarde vir vriende en 
familie, en deur eie wil ook vir mense wat hulle nooit 
persoonlik sal ontmoet nie, op plekke wat nooit deur die 
persoon besoek sal word nie. $y of haar waarde oortref dus 
die tyd en plek waar sy of haar bestaan gevoer word. (Tipe C) 


Stelling: Sommige mense se lewens het waarde vir vriende en 
familie, asook deur eie wil vir mense wat hulle nooit 
persoonlik sal ontmoet nie, op plekke wat hulle nooit sal 
besoek nie; hierdie individue se name sal opgeteken word in 
die amptelike politieke geskiedenis van `n nasie. (Tipe D) 


Stelling: Selfde as Tipe D, maar grootliks vanweë gegewe 
faktore eerder as eie wil, byvoorbeeld die kroonprins van die 
Britse koningshuis. (Tipe E) 


Nota: Sommige Tipes A aanvaar hulle redelik beperkte 
waarde. Ander murmureer, maar doen nooit iets om dit te 
verander nie (kan dus genoem word, onderskeidelik Tipe A en 
Tipe A2). 


Stelling: Sommige mense se lewens het geen waarde vir 
vriende en familie nie (moontlik vanweë die afwesigheid van 
die persoon in familie en voormalige vriende se lewens, en/of 
die afwesigheid van vriende en familie in die persoon se 
lewe), en het ook geen waarde vir enige ander mens of dier 
nie. (Tipe A2) 


97 


Nie almal is belangrik nie 
Maandag 6 Junie 2005 
20:20 


Aan die einde kom en gaan 99.9% van die mense op aarde, en 
dra 6f by tot die handhawing en groei van Beskawing, 6f dra 
by tot die vernietiging daarvan. Van slegs 0.01% van mense 
en dalk selfs minder sal daar in terugskouing gesê kan word 
dat hulle buitengewoon was, verhewe bo meeste van hul 
tydgenote, selfs dat hulle “bestem” was vir belangrike rolle. 


22:20 


Almal wil weet dat hulle belangrik is. Die gedagte dat jy vir 
niemand — geen mens of dier — van enige belang is nie, is vir 
meeste mense te veel om te verduur. Hoe bevestig mense hul 
waarde? Hoe maak hulle op daarvoor as hulle van mening is 
dat hulle waarde onbeduidend is? 


98 


Die tipe volwassenes wat ons word 
Saterdag 2 Julie 2005 
11:35 


Ek is besig om `n Kevin Bacon movie te kyk, en `n spesifieke 
storielyn vang my onkant vir die soveelste keer in my 
volwasse lewe. Nou, ek weet dis net `n movie, maar dis nie 
wetenskapfiksie nie, dis `n gedramatiseerde weergawe van `n 
lewe waarmee ek seker is meeste kykers, wat sekerlik in die 
miljoene tel, kan assosieer. 

Die storie verloop soos volg: `n jong man wat ambisies 
het om `n skrywer te wees en `n beskouing het van homself as 
iemand wat nie net dieselfde wil doen as die spreekwoordelike 
almal nie, trou met `n jong vrou wie se karakter nie so duidelik 
ontwikkel is as haar eggenoot s'n nie, maar wat mens kan 
veronderstel ambisies het van `n meer konvensionele lewe. 
Hulle koop `n huis in `n middelklasbuurt. Hy kry werk by `n 
advertensie maatskappy, en probeer skryf in die aande, maar 
kry nie veel uitgerig nie. Hy weet nie regtig wat hy wil hê uit 
die lewe nie, maar werk nietemin om die “huis” wat sy lewe 
is, te handhaaf — `n lewe wat hy nie soseer gekies het nie as 
dit net gebeur het as `n standaard opsie waarvoor hy die regte 
aksies geneem het op die regte tye, soos om op te daag vir `n 
werksonderhoud en om op te daag by die bank om vorms in 
te vul vir `n huislening. Hy wonder hoekom hy homself nie 
net kan aanvaar soos hy is nie, en tevrede kan wees met die 
plek waar hy is nie. 

Soos verwag kon word, vat dit nie lank voor swangerskap 
en kinders deel word van die storie nie. Die man kla dat sy 
lewe sonder betekenis is, en dit word toenemend gesuggereer 
dat “fatherhood” die groot verskil gaan maak. 

Die storie verloop dus soos volg: 

— Man en vrou trou. 


99 


— Man en vrou is onseker oor die werklike waarde van hul 
lewens in die Groter Beskouing van Dinge (en hoewel dit al 
genoem is dat ons nie altyd leef in die Groter Beskouing van 
Dinge nie, leef ons ook nie net in die wêreld van vrot melk en 
vals musiek en kinders wat skree nie — al hierdie dinge is deel 
van iets groters, en dit weet meeste van ons). Hulle glo 
moontlik selfs dat hulle hul bestaan moet regverdig. Hulle 
moet aan die wêreld kan wys dat ook hulle iets werd is, en `n 
waardige aanspraak kan maak op die suurstof wat hulle 
inasem, en die son wat hul wange warm bak. 

— Hulle kry @rens werk, koop `n huis, en probeer die gate 
vul wat onsekerheid oor die waarde van hul bestaan brand op 
hulle bewussyn soos `n oop vlam gate sal brand deur delikate 
ryspapier. 

— Hulle kry kinders — die blydskap, die groot aanpassing 
wat hulle moet maak in hul daaglikse lewens, die geluk en die 
gelukwensings onderstreep dat hulle `n goeie punt bereik het. 
Hulle is nou ouers, wat beteken nuwe rolle om te speel asook 
die addisionele waarde wat dit aan hul lewens gee in die 
Groter Beskouing van Dinge. Die kind of kinders word 
grootgemaak om aanvanklik soos hulle ouers te wees (taal, 
sport voorkeure, religieuse waardes en ander lojaliteite), en 
na `n paar dekades dalk soortgelyke lewens te leef. Die hele 
siklus word voortgesit: kry kinders, volwassenheid, kry 
kinders, volwassenheid, kry kinders ... 

Wat is my probleem hiermee? Ek hou van kinders! My eie 
susters het pragtige kinders en ek is gelukkig vir hulle! Ek wil 
dalk self eendag kinders hê! Wat is my probleem met hierdie 
mees primitiewe, mees wydverspreide verskynsel? My 
probleem is die tipe volwassenes wat vele mense word. En ek 
glo die tipe volwassenes wat mense word, word sterk 
beinvloed deur die rede of redes hoekom hulle in die eerste 
plek ontstaan het. [Dink byvoorbeeld aan Prins William van 
Brittanje: rede vir ontstaan: om eendag koning te word (of 
koningin as die dobbelsteen anders geval he0).] As ek kyk na 
my eie geval, het my ouers my dalk gehad omdat hulle meer 
kinders wou hê om hul eie selfsugtige redes. Ek het oukei 


100 


uitgedraai. As volwassene lewer ek pittige dog effens siniese 
kommentaar oor ander volwassenes se lewens, ek betaal my 
rekeninge (laat, maar darem), en ek glo ek maak my bydrae, 
hoe beskeie ook al, tot die vooruitgang van beskawing, of ten 
minste tot die behoud van wat goed is. 

Is dit nie aan die einde goed genoeg nie? 

Ek dink dis tyd dat ek een van die naarste waarhede ooit 
in die gesig staar en dit erken: Nie almal se lewens is belangrik 
in die Groter Beskouing van Dinge nie. Om een lewe te hê 
met waarde wat die primêre behoeftige-organisme-gedrag- 
tot-behoefte-vervulling-model oortref, is moontlik dosyne 
primêre modelle nodig. Dis `n aaklige waarheid hierdie: dat 
my lewe in die Groter Beskouing van Dinge meer werd is as 
iemand anders s'n, en dat iemand anders se lewe weer meer 
waarde het as myne — dat ek inderdaad wegdoenbaar is ter 
wille van `n ander wie se lewe meer kosbaar is, meer 
waardevol as my eie. (En ek verwys nie na waarde van my 
lewe in die sin dat my lewe waarde het vir my ma, en Piet X 
se lewe het waarde vir Moeder X nie, ek praat van waarde 
waar verhoudings nie ter sprake is nie.) 

Wat dit sal beteken is dat dalk soveel as nege uit elke tien 
volwasse mense kinders moet produseer om waarde te gee aan 
hulle lewens, en om hul deel by te dra tot die bevrediging van 
die behoeftes van die gemeenskap in die dekades wat kom 
(kinders word onderwysers, en dokters, en padbouers, en so 
meer). Een uit elke tien, of dalk net een uit elke honderd 
mense, doen meer — iets wat hul waarde transendeer bo hulle 
intieme binnesirkel en die arbeidswaarde wat hulle het vir die 
plaaslike ekonomie. Ten einde hierdie een-uit-tien of een-uit- 
honderd mense te produseer, MOET MEESTE VOLWASSE 
MENSE KINDERS KRY. Dis hoe dit is. Dis tyd dat ek dit 
aanvaar. 


(Terloops, die movie se naam is, She 's having a baby.) 


101 


23:40 


Weereens kom dit hierop neer: daar is geen universele 
menslike waarde nie. Elke persoon moet sy of haar eie waarde 
uitwerk in die Groter Beskouing van Dinge. As hy of sy nie 
tevrede is met die voorlopige uitslag nie, moet hy of sy self 
aksies neem om `n gewenste waarde te bereik — sover dit binne 
sy of haar vermoë is. 

Wat is jou waarde as jy dit nie self uitwerk nie, en as jy 
nie tel onder die groep mense wat gepla is met hulle waarde 
in die Groter Beskouing van Dinge nie? Dan is jou waarde die 
resultaat van noodlot — plek en tyd van geboorte, geslag, 
familie, sosio-ekonomiese status, ras, ensovoorts, behoeftes 
van die gemeenskap — x-hoeveelheid onderwysers benodig, X- 
hoeveelheid rommelverwyderaars, ensovoorts, en keuses en 
aksies wat jy neem, of geneem het om jou behoeftes te 
bevredig tot op die huidige oomblik. 

Great. (Moontlike titel of subtitel vir `n opstel: 
Aanvanklik oor `n movie.) 


[Sê jy werk jou eie waarde uit — wat dit ook al beteken, en jy 
reken jy kan ook getel word onder die groep mense wat gepla 
is met hul waarde in die Groter Beskouing van Dinge, is dit 
nie uiteindelik ook 100% deel van jou proses om jou eie 
behoeftes te bevredig nie? Een uit 100 mense wat dan uitstyg 
bo die spreekwoordelike massas, doen dan so vir dieselfde 
rede hoekom `n bestaansboer `n aartappel plant en oes: om eie 
behoeftes te bevredig. ] 


102 


Stellings en vrae | Vier doelwitte 
Maandag 25 Julie 2005 
10:25 


Uiteindelik kom alle vrae oor eie identiteit, geloof, 
oortuigings, geintegreerde beskouing van bestaan en 
lewensfilosofie neer op `n praktiese aangeleentheid: Hoe moet 
ek funksioneer? Hoe moet ek leef van slaap tot slaap? Wat 
moet ek doen met die bestaan wat ek nie anders kan as om te 
erken nie? 


15:45 


Al daai vrae van die 10:25 teks kom neer op meer as net 
funksionering. Dit kom ook neer op die resultate wat jy sal 
agterlaat van jou bestaan. 


* N 


Ek maak `n stelling: My gunsteling kleur is groen. `n Ander 
persoon hoor dit en dink, “Wat is my gunsteling kleur?” 

Ek sê, “As ek NT$100,000 het, sal ek vir drie maande lank 
China toe gaan.” 

Die ander persoon sê, “O. Wat sal ek doen as ek 
NT$100,000 het?” 

Ek sê, “Die doel van my lewe is om 

Die ander persoon hoor dit, en dink na oor sy of haar eie 
lewe. “Wat is die doel van my bestaan?” sal die persoon vra. 

Die punt is dus nie om net vrae te vra nie, maar om ook te 
sê wat jy glo, wat jy doen, en hoe jy dinge sien. `n Ander 
persoon hoor wat jy sê, of lees wat jy geskryf het, en `n 
innerlike stem skop ook in by daai persoon, wat dan van 
dieselfde vrae vra wat jy oor die jare gekontempleer het. 


”” 


103 


18:50 


Vraag: Waaroor gaan die lewe? (Een van verskeie moontlike 
formulerings van wat in beginsel dieselfde vraag is.) 


Antwoord: Funksionering 4 Eindresultate 
Saterdag 30 Julie 2005 
My vier doelwitte in die lewe is as volg: 


1. Om gelukkig te wees, en as ek gelukkig kan wees saam met 
iemand, sal dit uitermatig goed wees. 


2. Kreatiewe onafhanklikheid — om te kan skep, om te kan 
produseer wat ek goedvind, en nie soos dit gedikteer word 
deur ander nie. 


3. Finansiële onafhanklikheid — om nooit in enige iemand se 
oë hoef te kyk vir geld nie; om oor voldoende kapitaal te 
beskik om die volgende moontlik te maak: kreatiewe 
onafhanklikheid, in werklikheid en nie net as `n ideaal nie; om 
dinge te kan doen wat my gelukkig maak; om `n huislike 
omgewing te kan skep, of om mede-skepper te wees van `n 
tuiste, waar ek gemaklik kan werk, kuier en rus; om `n 
lewenstyl te kan bekostig wat ek al vir jare lank nastreef. 


4. Om ander mense by te staan in hille stryd om oorlewing, 
en/of om van waarde te wees in hul eie pogings om `n begrip 
te ontwikkel van hul bestaan wat hulle in staat sal stel om 
gelukkige en produktiewe lewens te kan lei; ook om by te dra 
tot `n gesonder habitat vir mens en dier. 


104 


Om iets agter te laat 
Donderdag 29 September 2005 


Tien hoop dat hulle iets waardevol agter sal laat van hul 
lewens. Ses besef na X-jare as volwassene dat die enigste 
manier hoe hulle iets kan nalaat van hul bestaan, en 
terselfdertyd `n bevredigende rol kan speel, is om kinders te 
hê. Drie reken uiteindelik dat hulle geen kans het om iets na 
te laat of enigsins `n beduidende rol te speel nie, of hulle het 
geen motivering vir die aksies wat van hulle vereis word om 
iets waardevol na te laat of `n min of meer waardevolle rol te 
speel nie. 


* 


Bogenoemde is `n oorvereenvoudigde voorstelling. In 
werklikheid begin vele met die proses om iets waardevol agter 
te laat, dinge loop skeef, en hulle lewens eindig gestroop van 
alle waardigheid en selfrespek. 

Ander weer kry kinders in `n desperate poging om beter 
te verskyn aan hulself en aan familie en vriende, net om tien 
jaar later, as gevolg van `n sameloop van omstandighede, 
benewens die rol wat hulle speel om kinders groot te maak, 
ook `n ander prominente rol te speel of bydrae te maak wat `n 
onuitwisbare en baie konstruktiewe resultaat sal agterlaat van 
hul bestaan. 

En dan is daar ander wat reken hedonisme is hul gelukkige 
lot en persoonlike religie, maar wat soms eindig as martelaars 
vir `n goeie saak waarvoor hulle as hedoniste, jare tevore, 
nooit `n minuut van hul tyd sou afknyp nie. 


105 


de de dk RR RR AR AE dd RE 


Woensdag 30 November 2005 


Stryd is `n kernaspek van ons bestaan — aanvanklik vir 
oorlewing, en daarna vir meer. Om uit te werk wat hierdie 
“meer” is, is deel van ons lewensreis. 

Ook, hoe voer ons die stryd? Hoe bestaan ons van dag tot 
dag? Ons bestaan, en handhaaf en rig ons stryd, deur `n 
Spesifieke Persoon te word, met `n min of meer unieke 
identiteit. Hierdie identiteit stel ons in staat om te oorleef en 
te funksioneer. Ons persoonlike stryd word rigting gegee deur 
tradisie, kultuur of religie, of dit word gedefinieer deur onsself 
in `n komplekse proses wat elemente van verskillende bronne 
insluit. Hierdie stryd word die doel van ons bestaan — dit gee 
waarde en betekenis aan ons lewens. 


de de dk RR RR AA HE dd RE 


106 


Lewe wat `n doel dien | Intelligente, kreatiewe 
agent — of agente 


Dinsdag 6 Desember 2005 


Ek het nodig dat my lewe `n doel moet dien. Hierop sal 
sommige mense dalk ietwat skepties reageer. “Doel?” sal 
hulle vra. “Doel in die lewe is 'n primitiewe religieuse konsep. 
Dit veronderstel dinge wat nie bewys kan word nie. Dit 
impliseer ook dat jou lewe waardeloos is tensy dit `n doel 
dien.” 

My reaksie: Gestel jy het twee mans, Meneer A en Meneer 
B. Laasgenoemde het geen begeerte om te voel dat sy lewe `n 
doel dien nie. Sy fokus is meestal op homself, en op sy eie 
materiële en emosionele behoeftes. Hy werk — want hy het die 
geld nodig; hy trou — want dis beter as om alleen te wees; en 
hy maak vriende — want hy hou van die gevoel dat ander 
mense van hou, hy hou van die geselskap, en dit verlig sy 
verveling. Sy lewe bestaan dus uit familie, vriende, werk, en 
ander dinge wat hy geniet om te doen. Hy streef nie aktief 
daarna om enige iets te doen of om deel te wees van enige iets 
wat hom na sy eie lewe sal laat kyk met die oortuiging dat hy 
een of ander (goeie) doel dien nie (Die kans is dat hy sonder 
om te probeer `n goeie doel dien, of al gedien het, maar ter 
wille van hierdie argument is dit belangriker om sy geval te 
illustreer as een waar geen doel aktief en doelbewus gedien 
word nie.) 

Meneer A, aan die ander kant, is een van daai mense wat 
glo om bloot te bestaan — om te werk, `n gesin van sy eie te 
hê, om vriend te wees en vriende te hê, en om dinge te doen 
wat hy geniet — nie genoeg is nie. Hy voel `n sterk drang om `n 
goeie doel te dien — iets wat sy lewe meer waarde en betekenis 
sal gee. Gestel hy kies as sy doel in die lewe om regsdienste 
te lewer aan mense wat nie oor die finansiële hulpbronne 
beskik om hierdie diens te kan bekostig wanneer hulle dit 
nodig het nie. Oor die verloop van 30 jaar verskaf hy 


107 


regsadvies — direk, of indirek deur `n organisasie wat hy begin 
het — aan honderde, selfs duisende mense. (Dit mag wees dat 
hy hierdie doelgerigte lewe nastreef as `n volger van een of 
ander godsdiens, wat ook aan hom die satisfaksie sal verleen 
dat sy diens gesanksioneer word deur `'n spesifieke 
godsdiensgemeenskap. Dit mag ook wees dat hy `n ateis is, en 
dat hy gemotiveer word deur die selfrespek wat sy diens 
inspireer, en deur die respek en dankbaarheid wat ander mense 
hom gee. Sy keuse om `n doelgerigte lewe na te streef sal `n 
positiewe resultaat hê op mense ongeag of sy keuse 
gemotiveer word deur een of ander religieuse oortuiging.) 

Kom ons sê beide Menere A en B is gebore in dieselfde 
jaar, in dieselfde stad, met soortgelyke kulturele agtergrond en 
SOS10-ekonomiese status, en kom ons sê verder hulle albei 
sterf in dieselfde jaar na `n kort siekbed. Meneer B se lewe 
was goed. Hy sal gemis word deur sy kollegas, sy vriende, en 
sy familie. Meneer A het ook `n goeie lewe gehad, en hy sal 
ook gemis word deur kollegas, vriende en familie. Wat is die 
verskil? Meneer A se lewe het honderde, selfs duisende mense 
se lewens verbeter. Sy lewe het waarde gehad wat die 
lewenswaarde van die gemiddelde persoon wat nie aktief `n 
doelgerigte lewe nastreef nie, ver oortref. Hy sterf met die 
vervulling dat sy lewe `n doel gedien het. Hy het sy lewe 
geleef met die vervulling dat sy kollegas, vriende en familie 
nie die enigste mense was wat voordeel getrek het uit sy 
bestaan en die keuses wat hy gemaak het nie. Meneer B het 
geleef sonder hierdie vervulling, en hy het gesterf wetende dat 
benewens sy binnesirkel nie veel ander mense veel voordeel 
getrek het uit sy bestaan nie. Hopelik het dit nie veel aan hom 
saakgemaak nie, siende dat hy reeds vroeg in sy volwasse 
lewe dit duidelik gemaak het dat hy nie die begeerte voel om 
enige doel te dien nie, of dat sy lewe waarde en betekenis moet 
hê buiten wat hy, of sy binnesirkel daaruit kry nie. 

Hierop reageer my debatsvennoot: “So dit gaan oor 
persoonlike vervulling? Of gaan dit oor nommers — die een ou 
se lewe raak honderde, selfs duisende ander mense, en die 
ander ou se lewe raak miskien 20 ander mense?” 


108 


My antwoord: Een ou se lewe het twee dosyn of so ander 
mense se lewens positief geaffekteer. Die ander ou het 
honderde, selfs duisende mense se lewens positief 
geaffekteer. Wat presies is jou vraag? [*] 

Debatsvennoot: “Gestel ek vertel jou daar's `n nuwe pil 
op die mark wat geen newe-effekte het nie, wat uiters 
bekostigbaar is, en dit bevat `n natuurlike bestanddeel wat jou 
brein voorsien van presies dieselfde gevoel as wat `n mens sal 
kry van `n doelgerigte lewe. Dit sal jou dus dieselfde skop gee, 
sonder enige moeite!” 

Ek: En die mense wie se lewens ek dalk positief kon 
beinvloed het, bly ongeaffekteer. Werklike resultate van die 
aksies wat ek beplan het, bly ongerealiseer. Ek sal sê, nee 
dankie. Ek sal eerder die moeite doen. 


* [Die vraag is dalk, is dit beter om twee mense se lewe 
positief te affekteer as net een? Wat van om 2,243 mense se 
lewe positief te affekteer teenoor 2,242 mense? Wat van een 
persoon wat 50,000 mense se lewens positief affekteer en die 
ander persoon wat positief en konstruktief bydra tot slegs 76 
mense se lewenskwaliteit?] 


Woensdag 7 Desember 2005 


Vir baie mense is die idee dat daar geen intelligente, kreatiewe 
agent is agter alles wat bestaan nie, die mees verregaande ding 
waaraan enige mens kan dink. Wat, of wie hierdie agent is — 
of wat of wie hierdie agente is, is iets waaroor mense al 
wonder, argumenteer, oorlog voer en sterf sedert mense begin 
dink het aan dinge. Ons het hierdie veronderstelde agent — of 
agente — name gegee. Ons het hom/haar/hulle menslike 
eienskappe gegee. Ons het selfs gedink aan die geslag en 
voorkoms van hierdie veronderstelde agent — of agente. Vele 
mense is tevrede met `n eenvoudige term: “God.” 

Ons kan voortgaan om te dink, te redeneer, te baklei en te 
sterf vir spesifieke oortuigings oor hierdie agent — of hierdie 
agente. Dit is blykbaar in ons natuur om so te doen. En as dit 


109 


vir mense `n gevoel gee van doel en sekerheid en betekenis in 
hul lewens, dan maak dit seker sin tot `n mate dat ons 
voortgaan om dit te doen. Een ding bly egter staan: vir baie 
mense is daar niks wat enige iets kan wegneem van die feit 
dat `n intelligente, kreatiewe mag die enigste redelike 
verduideliking is vir ons eie bestaan, en vir die bestaan van 
alle ander vorme van lewe nie. 

Waarom hierdie veronderstelde intelligente, kreatiewe 
mag ons bestaan veroorsaak het, of ons bestaan `n doel dien, 
en selfs die moontlike aard van hierdie veronderstelde agent, 
of van hierdie agente, hierdie is vrae wat so boeiend sal bly 
soos hulle nog altyd was. 


110 


`n Lewensbeskouing om oor verleë te voel 
Donderdag 26 Januarie 2006 
20:13 


Vrees vir verleentheid: die groot, verskuilde oorsaak vir `n 
sekere benadering tot die lewe wat ek nog nooit kon skud nie. 
Ek het nog altyd gedink as mens kom op jou sterwensoomblik, 
en jy't vyf minute te vore nog rondgespring en gelag van 
blydskap dat jy lewe, hoe verleë jy nie moet voel in daai 
oomblik voor jy jou laaste asem uitblaas nie. Dink net hoe laf, 
hoe simpel jy sal voel! Amper asof jy vir die Engel van Dood 
wil sê, “Jammer dat ek vyf minute gelede nog so ligsinnig 
was ...as ek geweet het... en ek moes geweet het! As ek maar 
op daai oomblik gedink het daaraan dat ek oor vyf minute my 
laaste asem sou uitblaas ... sou ek soveel ernstiger gewees 
het! Ek sou nie grappies gemaak het en opgewekte musiek 
geluister het nie! Ek het inderdaad Dood disrespekteer deur so 
ligsinnig te wees! Kyk nou na my! Ek voel so ontsettend 
skaam ...” 

So dan is `n mens maar ernstig die heeltyd. Of indien dan 
nie die heeltyd nie, sorg jy dat jy gereeld genoeg dink aan die 
dood, en aan slegte dinge wat kan gebeur, en aan al die 
situasies wat dreig met moeilikheid as jy nie oppas nie, sodat 
wanneer jy in die moeilikheid kom, of nog erger, as jy Dood 
in die gesig staar, jy ten minste nie skaam hoef te wees nie. 
Sodat niemand, minste van almal jyself, op daai laaste 
oomblik kan sê nie, “Ja, en om te dink jy't oomblikke gelede 
nog so lekker gelag!” Of, “Jy was nou die dag nog so 
gelukkig. Kyk hoe simpel lyk jy nou!” 

Vrees vir verleentheid — hoeveel kommervrye dae, 
hoeveel geluk offer ek nie op, op die altaar van hierdie vrees 
nie? 


* 


111 


Wat is vrees vir verleentheid? Wat is skaamte? Is dit nie om 
ontbloot te word vir wat jy is nie— naak, klein, weerloos, bang, 
en aan die einde, sterflik, soos `n plant of `n insek? Dit ten 
spyte van ons beste pogings om onsself te laat verskyn as beter 
en meer gesofistikeerd as insekte of plante of ander diere. 

“Ts ons dan nie belangriker as `n plant of `n insek nie?” 
mag jy dalk vra. 

Natuurlik is ons, sal vele argumenteer. Maar op watter 
punt word Belangriker As `n Plant of `n Insek ons ondergang? 
Op watter punt raak trots en selfliefde die oorsake van ons 
vrees om ontbloot te word? 

Aan die einde: Wat is ons werklik? Wat is ons werklike 
waarde? Hoe word dit gemeet? En is `n laaste oomblik van 
skaamtelose erkenning van ons sterflikheid dit werd om die 
heeltyd in ons spoor te trap om nie te gelukkig te wees nie? 


20:43 


Asof 'n mens verder sal val wanneer Dood en Onheil jou tref 
terwyl jy hard probeer het om jouself oor minder te bekommer 
en dalk `n bietjie gelukkiger te wees, en so nou en dan geslaag 
het daarin. 

Bly dan maar sukkelend, bly maar arm, kruip maar voort 
in die modder ... ten minste sal jy nie so ver val nie. 

En droom! Ja, droom van baie geld en lekker tye en doen 
wat jy wil! Drome is goedkoop! Moet net nooit hard genoeg 
daaraan werk om dit waar te maak nie. Want as jy eers baie 
geld het, as jy sien hoe lekker dit is ... dat dae verby gaan wat 
jy nie bekommerd is oor enige iets nie, wat jy reis en 
interessante plekke sien en tyd spandeer met familie en dinge 
doen wat jy geniet ... gaan jy al hoe hoër klim ... gaan jy al 
hoe verder val. 

Twintig jaar gelede sou ek gedink het God kyk na my met 
kwaai oë as ek te hoog wil klim. Nou is dit Dood en Onheil. 
En jy moet hulle respekteer. “Bly laag,” sê jy vir jouself. 
“Sukkel. Maar droom voort. Dit maak in elk geval nie saak 
nie...” 


112 


Doel en rede — ten minste drie moontlikhede 
Saterdag 29 Julie 2006 


Moontlikheid 1: Daar is `n vooraf opgestelde plan en doel vir 
my bestaan — wat beteken ieder en elke menslike lewe van die 
afgelope 30,000 plus jare moes haarfyn beplan word om 
(onder andere) “Brand Smit” te produseer. Dit beteken niks 
kon aan toeval oorgelaat word nie, en geen faktor wat alles in 
die wiele kon ry, soos vrye wil, kon enigsins toegelaat word 
nie. Wat beteken niemand is skuldig aan enige aksies wat 
hulle pleeg wat nie “goed” is nie, want almal speel net hul 
rolle. ('n Sogenaamde krimineel is derhalwe net so skuldig 
aan sy of haar misdaad as wat die akteur Anthony Hopkins 
skuldig is aan moord in die film, Silence of the lambs.) 


Moontlikheid 2: Daar is geen vooraf opgestelde plan nie, maar 
dit is wel moontlik dat 'n plan en doel opgestel is na my 
geboorte, in ag genome bekende feite oor my bestaan 
(agtergrond, etnisiteit, taal, ensovoorts) en statistiese 
moontlikhede. 


Moontlikheid 3: Vrye wil, wat beteken ekself definieer die 
doel en rede vir my bestaan, en streef dit na so goed as wat ek 
kan, volgens my vermoëns en diepte van my oortuigings. 


(Ek het nie die nota doelbewus afgestuur op die “vrye wil” 


moontlikheid nie; dit was eenvoudig die derde moontlikheid. 
Daar mag ook ander moontlikhede wees.) 


113 


Ek besluit die doel van my bestaan 
Dinsdag 1 Maart 2011 


Ek kyk na `n stortkop, en ek sien iets wat se bestaan `n doel 
dien. Ek weet ook dit is iets wat ontwerp is met `n bepaalde 
doel in gedagte, en vervaardig is om hierdie doel te dien. 

Sommige mense glo dit is logies om af te lei as daar 'n 
doel aan jou bestaan is, dat jy — jy spesifiek — deur `n 
Onsigbare Mag ontwerp en vervaardig is met sekere 
spesifikasies om hierdie doel te dien. 

Dit sal oneerlik van my wees om te laat blyk dat ek ook so 
glo. 

Waar laat dit my? Een moontlikheid is om te aanvaar dat 
my lewe geen doel dien nie. 

Gestel egter ek besluit my lewe moet een of ander doel 
dien. In so 'n geval kan ek my lewe, selfs my persoon sover 
dit moontlik is, ontwerp vir hierdie doel. Ek sal moet werk 
binne beskikbare middele, maar is dit nie wat die mense agter 
die stortkop ook gedoen het nie? Ek sal dus vir alle praktiese 
doeleindes `n lewe vervaardig om `n sekere doel te dien. 

My lewe sal dan uiteindelik hierdie doel dien, omdat ek 
besluit het dit is die doel van my bestaan. 


114 


Drie breë moontlikhede vir hoe jy jou lewe 
kan leef 


Maandag 12 Maart 2012 


Ek dink al vir lank dat ek alles wat ek tot nou toe geskryf het, 
op `n punt moet trek om `n antwoord te kan gee vir die vraag: 
Wat nou? 

Een gedagte wat dalk ingewerk kan word: Ek glo daar is 
drie breë moontlikhede vir hoe jy jou lewe kan leef. 

Opsie een: Jy leef vir jouself, vir jou eie geluk, en vir jou 
eie welsyn. 

Opsie twee: Jy onttrek, en spandeer soveel tyd as moontlik 
op jou eie. Dalk doen jy dit omdat jy jou eie geselskap verkies, 
of omdat jy jou lewe eenvoudig wil hou. Dalk doen jy dit as 
deel van `n spirituele eksperiment, wat sommige mense 
noem, ʼn “soeke na God” of “om naby God te wees”. En dalk 
doen jy dit net vir `n periode van jou lewe om dinge vir jouself 
uit te sorteer. 

Opsie drie: Jy leef vir iemand anders, of vir iets waarin jy 
glo. Jy kies om jou eie geluk en welsyn, en die vervulling van 
jou eie drome en ambisies tydelik op te skort, of permanent op 
te offer, ten einde `n ander persoon of persone in hulle stryd 
by te staan, of om jouself te bearbei vir die groei van 'n 
instelling, of om `n saak te bevorder waarin jy glo. 

Soms domineer een van bogenoemde drie leefstyle `n 
persoon se lewe tot so `n mate dat dit nie moeilik is om te sien 
in watter groep hierdie mense sorteer nie. Daar is wel ook baie 
mense wat aspekte van al drie maniere van leef kombineer. 
Sommige mense glo dis verkeerd om net vir hulleself te leef, 
so hulle gee Nommer Drie sterk oorweging. Hoewel meeste 
mense daarvan hou om deel te wees van iets groter as 
hulleself, en werklik ander mense se geselskap geniet, droom 
vele van ons ook soms van Nommer Twee — wanneer “alles” 
“te veel” raak. En selfs al offer mense die beste deel van elke 
dag op vir hulle kinders of vir vriende en familie, sal hulle 


115 


soms iets doen net vir hulleself — selfs al moet iemand 
anders `n bietjie swaarder dra vir `n rukkie as gevolg daarvan. 


116 


Deurweek met spesifieke doel en funksie 
Vrydag 20 Julie 2012 


Stel jouself voor `n dik sny witbrood. Jy smeer `n dun lagie 
botter op, en dan gooi jy omtrent sewe eetlepels goue stroop 
oor die sny brood. Sewe eetlepels. Dan gaan kyk jy TV vir 
So `n uur. Wat kry jy as jy terugkom in die kombuis? Soos 
verwag kan word, kry jy `n sny brood absoluut deurweek met 
stroop. 

So is dit met doel en alle lewe op aarde. Alles van die oog 
van die vlieg tot die onderdele van `n mikro-organisme, tot by 
jou eie oë, vel, tone, bloed en beendere — alles is absoluut 
deurtrek met spesifieke doel en funksie. [Eintlik nogal `n 
komplekse saak. Eers het wetenskaplikes gedink heelwat van 
die menslike genetiese struktuur is “gemors DNS” met geen 
funksie nie, toe ontdek hulle dat hulle dalk `n paar dinge 
misgekyk het.] 

Hoe op aarde kan elke onderdeel van elke klein en groot 
organisme en kreatuur op hierdie planeet `n spesifieke doel 
hê, maar die geheel van die vis of die kokkerot of die renoster 
het nie `n doel nie? Hoe kan elke klein onderdeel van die 
mens `n spesifieke “taak” hê om te doen, maar die mens as 
geheel nie? Hoe kan iemand sy skouers optrek en beweer dat 
sy of haar lewe nie juis `n doel dien nie? En as dit wel `n doel 
dien, weet hulle nie wat dit is nie. 

Natuurlik word niemand gebore met `n nota vasgemaak 
om hulle nek wat verduidelik wat die doel van hulle lewe 
veronderstel is om te wees nie, maar hoeveel mense is nie juis 
vreeslik entoesiasties om te soek na wat dalk die doel van 
hulle lewens kan wees nie? 

Het menslike lewe `n doel? Het elke individu `n spesifieke 
rol om te vervul? Indien wel, wie — of wat — bepaal wat dit is? 
En na watse moontlikhede kyk ons? 

Vele mense wat wonder hieroor, sal draai na hulle 
plaaslike dominee, pastoor, priester, imam of rabbi, en verwag 


117 


dat hierdie figure vir hulle sal sê wat die doel van hulle lewe 
veronderstel is om te wees, om dit vir hulle uit te spel, om vir 
hulle duidelike instruksies te gee. 

Ek dink dit is lui. Ek dink dis die maklike pad. Ek dink 
dis `n kort pad wat te veel mense vat. 

`n Vraag: Berei die opvoeding wat ons kry van ons ouers, 
en op skool, en by die breë gemeenskap, ons voor om uit te 
sorteer of te ontdek wat die doel van ons lewens is? 

Indien nie, wat kan ons as volwassenes doen om dit vir die 
volgende geslag makliker te maak? Wat moet ons as 
volwassenes doen, vandag, om hierdie soektog `n redelike 
kans te gee op sukses — vir die volgende geslag, en ook vir 
onsself? 


Meer inligting: 


“Gemors DNS” 
https://en.wikipedia.org/wiki/Noncoding DNA#Junk DNA 


“Junk DNA not so useless after all” 


http://healthland.time.com/2012/09/06/junk-dna-not-so- 
useless-after-all/ 


118 


Resultaat, Proses, Identiteit en Geluk 
Saterdag 11 Augustus 2012 


RESULTAAT is wat saak maak. En met RESULTAAT word 
nie net bedoel die bewerkings wat gemaak word die dag na 
jou dood nie, maar die resultaat van elke taak, elke 
onderneming, elke projek wat jy aanpak. 

PROSES is wat RESULTAAT voorafgaan. PROSES is 6f 
bevorderlik vir goeie RESULTAAT, 6f dis nie bevorderlik 
daarvoor nie. 

IDENTITEIT is wat jou in staat stel om te funksioneer in 
die historiese tydvak wanneer jou bestaan uitspeel, en in die 
plek waar jy gebore is, of waar jy jouself bevind as 
volwassene. Jou IDENTITEIT is goed genoeg as dit jou in 
staat stel om te oorleef, en as dit jou in staat stel om goeie 
RESULTAAT na te streef. 

GELUK is een van die kondisies wat PROSES die moeite 
werd kan maak. 

OM GELUKKIG TE WEES maak dit meer waarskynlik 
— hoewel daar altyd uitsonderings is — dat die PROSES sal lei 
tot goeie RESULTAAT. 


Voorgedagte: 


Ek het hierdie week my kantoorspasie begin oorskuif na `n 
huis so vyftig meter van my ou woonstel af. Die nuwe plek — 
eintlik net twee leë vertrekke op die tweede verdieping van `n 
huis waar die eienaars so een keer elke twee maande kom 
oornag as hulle besigheid in die stad het — is orraait, maar nie 
perfek nie. 

“Die resultaat van die proses is wat uiteindelik belangrik 
is,” het ek gedink op pad terug huis toe vroeg vanaand, “en 
die plek is goed genoeg om ten minste nie die proses te 
ondermyn nie.” 


119 


de de dk RR RR AA AE dd RE 


Maandag 15 April 2013 
Vraag: Hoe regverdig jy jou bestaan? 


Antwoord: Ek kan dit nie regverdig nie. Ek is gebore — het 
geen keuse daaroor gehad nie. Ek leef. Ek probeer om meer 
goed as sleg te doen. Ek probeer om iets te beteken vir `n paar 
mense. Ek probeer om iets positief na te laat van my aardse 
bestaan. Dis dit. Daar's geen regverdiging nie. 


de de dk RR RR AR AE dd RE 


120 


Duidelik veel om te leer van `n kat (en `n kat 
probeer nie eens om jou iets te leer nie) 


Dinsdag 28 Mei 2013 


Hoekom skryf ek? 
Om `n saak te dien? 
Om `n argument te probeer wen? 
Om `n bydrae te maak? 
Ek skryf, tot `n groot mate, om een ding te sê: Ek was hier. 


Woensdag 3 Julie 2013 


“Wat doen ek?” vra ek myself. 

Sou die ou in die tronk ook hierdie vraag aan homself vra? 
Indien wel, wat sou hy antwoord? $ou hy antwoord: “Niks, ek 
is in die tronk”? 

Indien die gesinsman homself die vraag vra, Sou hy 
sekerlik antwoord, “Ek sorg vir my familie.” 

Is dit genoeg? Is dit goed genoeg? 

Vra die pastoor of dominee of sendeling die vraag, kan 
hulle antwoord, “Ek doen God se wil.” 

Maklik. Skuif die verantwoordelikheid oor op God. “Ek 
voer net opdragte uit.” 

Vra die soldaat homself die vraag, is die antwoord 
soortgelyk aan dit wat die godsdienstige gee: `n vooraf 
geformuleerde antwoord word geresiteer. Met oortuiging. 

Sal die arm man of vrou in die plakkerskamp antwoord 
dat hulle hul bes probeer om weer op hulle voete te kom? 

Vra die ma van twee kinders in `n oorloggeteisterde 
gebied haarself die vraag, is dit sekerlik heeltemal redelik as 
sy antwoord: “Op hierdie stadium doen ek wat ek moet doen 
om myself en my kinders veilig en aan die lewe te hou.” 

Wat antwoord sy na die gewere stil geraak het? 

Wat antwoord die egpaar wat pas teruggekeer het na die 
ruines van hulle huis na twee jaar in `n vlugtelingkamp? 

Wat antwoord die heroienverslaafde? 


121 


Wat antwoord die alkoholis wanneer hy sy eerste sopie 
van die dag drink, kort na ontbyt? 

Wat antwoord die gewetenlose besigheidsman? Sou hy 
antwoord, “Ek maak soveel geld as wat ek kan,” asof jy dit 
sekerlik kon raai? 

Is hy werklik tevrede daarmee? As hy redelik intelligent 
is, en so nou en dan `n bietjie dink oor dinge, en jy sit vir `n 
uur saam met hom by `n koffiewinkel of `n kroegtoonbank, 
wat sou sy meer uitgebreide antwoord wees? 

Wat antwoord die entrepreneur met `n sosiale gewete? 

Wat antwoord die jong politieke leier wat nog nie sy siel 
verkoop het nie? 

Wat antwoord die skrywer, die kunstenaar, die akteur, die 
dramaturg, die komediant? 

As almal moet koes vir koeëls of skrapnel, of hulle word 
wakker in die nag van hongerpyne of koue, of van die 
roepstem van `n honger geliefde, reageer almal net. As enige 
een in die omgewing `n geleentheid wil aangryp om `n 
filosofiese vraag te vra, sal hy of sy heel waarskynlik eenkant 
toe gestoot word. As jy bloot reageer elke oomblik wat jy 
wakker is, is die antwoord op wat jy doen, voor die hand 
liggend. 

Maar wat gebeur wanneer jy nie in onmiddellike gevaar is 
nie, en jy opsies het waaroor jy `n besluit moet neem voor jy 
oorgaan tot aksie? Wat doen jy dan? En hoekom spesifiek daai 
keuse of aksie? 


Vrydag 5 Julie 2013 


Wat doen `n kat? 

Die kat het nie gevra om gebore te word nie. Die kat het 
geen keuse gehad oor sy spesie of geslag, of oor die tyd, plek 
of omstandighede van sy geboorte nie. 

En tog, daar is hy — of sy. 

Wat doen die kat met sy daaglikse bestaan? Hy probeer 
deur die dag en nag kom so spanningsloos as moontlik. 

Dis al wat sin maak vir hom. 


122 


de de dk RR RR AA AE dd RE 


Sondag 23 Februarie 2014 


Om te weet wie jy is, is nie die einddoel nie. 

Om te weet wie jy is, stel jou in staat om @rens te hoort, 
om deel te wees van iets groter as jyself. 

Om deel te wees van iets groter as jyself en te voel jy hoort 
êrens, is egter ook nie die einddoel nie. 

Die einddoel is om te glo jou lewe is die moeite werd om 
te leef. 

Om te voel jy hoort êrens, is bevorderlik daarvoor om te 
glo jou lewe is die moeite werd om te leef. 

Om oor `n funksionerende identiteit te beskik (om te 
“weet wie jy is”), is bevorderlik daarvoor om te voel jy hoort 
@rens. 


de de dk RR RR HR AE dd Ed N 


123 


Waarvoor jy leef, en waarvoor jy sterf — `n 
paar kort notas 


Woensdag 29 Oktober 2014 


Op Sondag 14 November 2004 skryf ek: “Die vraag is nie aan 
die einde net waarvoor jy leef nie, die vraag is ook waarvoor 
jy sal sterf. My opinie is dat jy sterf vir die dinge of die mense 
waarvoor jy leef, vir die saak wat jy dien.” 

Soos ek die nota kontempleer, dink ek: Mense wat kinders 
het, het iets waarvoor hulle lewe, en iets waarvoor hulle sal 
sterf. 

Ek noem dit nie omdat ek wens ek het kinders gehad nie; 
dis bloot `n tema wat gereeld opkom as ek dink aan belangrike 
sake wat die volwasse persoon se lewe raak. 

Onvermydelike vrae: Waarvoor lewe ék? Watse saak dien 
ék? Waarvoor sal ék sterf? 

Antwoord: Ek het `n maat. Ek het haar lief. Ek dink nie 
gewoonlik dat ek leef om haar gelukkig te maak nie, maar dit 
is iets wat daagliks meeste van my belangrike aksies en 
besluite affekteer. Sal ek bereid wees om vir haar te sterf, 
indien nodig? Ja, ek sal. 


Ek het later gesien daar was twee addisionele notas op 
Maandag 13 Desember 2004: 


” ” 


* N 


“Die vraag is dan, waarvoor leef jy? 
Vele mense sal antwoord, “Ons leef vir ons kinders. 


” 


124 


Ek vra: Wat beteken dit? Jy leef vir jou kinders, hulle leef 
vir hulle kinders ... op een of ander punt sal iemand moet leef 
vir iets anders, maak nie saak of hulle kinders van hulle eie 
het of nie. 

Ek dink dis ondeurdag, selfs gevaarlik om te sê jy leef vir 
jou kinders. Dit voel reg. Jy's lief vir jou kinders, en jy sal 
iemand se gesig pap slaan ter wille van jou kinders, so ... dit 
kan mos net reg wees om te verklaar: “Ek leef vir my kinders! 
En vir my vrou ... (of man).” Dan nie? 

Nee! Dis iets wat edel en reg véél— en lyk op papier, maar 
in werklikheid vervang die een geslag die ander met geen 
behoorlike begrip van die waarde of moontlike doel van hulle 
lewens nie, anders as, “Ek moet kinders kry.” 

Hoor enige iemand anders die alarm weeklaag?” 


125 


Ou spoke, of slapende honde 
Sondag 25 Oktober 2015 
23:28 


Wie is ek? Waar hoort ek? Waar is my plek in die wêreld? 
Wat is die doel van my bestaan? Wat moet ek met my lewe 
doen? 

Ek vind dit vreemd dat ek nie meer juis dink oor hierdie 
dinge nie. Asof dit maar net op `n stadium van `n mens se lewe 
vir jou belangrik is. 

Sal dit nie interessant wees om weer die ou spoke te gaan 
opsoek nie? Of is dit slapende honde? 


23:42 


Dink ek nie meer oor daai vrae nie omdat ek die antwoorde 
ontdek het, of uitgewerk het? Of dink ek nie meer daaroor nie 
omdat ek nie meer omgee nie? Indien laasgenoemde, is dit 
omdat ek meer sinies geraak het die afgelope tien jaar? 
Hoekom het ek meer sinies geraak? Was ek naief tien jaar 
gelede? Of eerder, waaraan het ek nog geglo soos `n kind tien 
jaar gelede? 

`n Paar dae gelede op pad kafee toe vra ek myself `n groot 
guns: Moet asseblief nie `n bitter ou man word nie. 


126 


Die werklike, of nie werklike, doel van ons 
bestaan 


Dinsdag 15 Desember 2015 


Roer die moontlikheid aan dat die mens se bestaan `n doel 
dien, en jy praat noodwendig van die mens se oorsprong. 

Ek reken daar is drie moontlikhede: die mens is geskape 
deur `n godheid; die mens was stadig besig om te ontwikkel 
uit vroeë lewensvorms, toe arriveer wesens van die buitenste 
ruim en plant van hulle DNS in `n vroeë inkarnasie van wat 
uiteindelik die moderne mens sou word; die mens het stadig 
oor miljoene jare ontwikkel uit vroeë lewensvorms tot in die 
organisme wat ons vandag sien, sonder enige inmenging van 
godhede of vreemde wesens. 

Elk van hierdie moontlike oorspronge het unieke 
implikasies vir die moontlikheid van `n doel van ons bestaan. 

As `n godheid die mens geproduseer het, maak dit sin dat 
ons die doel van ons bestaan moet gaan soek by hierdie 
godheid: Wie is die godheid? Wat wil die godheid van ons hê? 
Hoekom het hierdie godheid ons geskape? Wat sal gebeur as 
ons nie doen wat ons moet doen nie, of indien ons om enige 
van verskeie redes nie kan uitwerk wat ons moet doen nie? 

Indien ons die resultaat is van inmenging van wesens van 
die buitenste ruim, is die vrae soortgelyk: Wie is hulle? Waar 
kom hulle vandaan? Hoekom het hulle kom inmeng met ons? 
Wat is ons veronderstel om te doen? Wat sal gebeur as ons dit 
nie doen nie, of as ons nie kan uitwerk wat hulle wil hê ons 
moet doen nie? 

Indien ons stadig ontwikkel het oor miljoene jare, en dalk 
soveel as honderde maar heel waarskynlik ten minste dosyne 
verskillende inkarnasies deurgegaan het voor ons gekom het 
by die organisme wat ons vandag “mens” noem, kan ons nie 
werklik kyk na 'n mag buite ons wat lank gelede een of ander 
plan in gedagte gehad het nie. 


127 


Indien ons ons bestaan te danke het aan laasgenoemde, 'n 
hoogs waarskynlike en tog vreemd genoeg hoogs 
kontroversiële moontlikheid, kan ons `n redelike afleiding 
maak. Dit sal beteken “doel van bestaan” is, soos identiteit, 
iets waarmee onsself vorendag gekom het om onsself te help 
om deur die spreekwoordelike dag te kom. Dit is met ander 
woorde nie regtig werklik nie. 

lets hoef egter nie regtig werklik te wees om praktiese 
waarde te hê nie. Identiteit is een voorbeeld: Ek is nie regtig 
“Brand Smit” nie. Of, “Brand Smit” is nie `n regte ding 
Soos `n hond of `n olifant of `n potlood nie. Dis iets wat 
uitgedink is, oorspronklik deur my ouers, en toe het ék `n 
bietjie bygedra, en ander mense het hand bygesit, en toe ek 
ouer geraak het, het ek meer kreatief geraak daarmee, en 
deesdae speel ander mense soms saam met wat ek sê, en soms 
nie. “Brand Smit” het wel praktiese waarde. Nie net help dit 
die skrywer van hierdie teks om deur sy dag te kom en redelik 
mooi saam te werk met ander organismes en kreature in die 
omgewing nie, dit kan hom selfs motiveer om van sy tyd en 
geld op te offer om bystand te verleen aan ander mense en 
diere. 

Meeste mense wat sal baat by sy onbaatsugtige aksies sal 
heel waarskynlik nie veel omgee hoe hy dink aan die doel van 
sy bestaan nie. Hy kan byvoorbeeld `n sopkombuis begin vir 
honger mense wat by die treinstasie slaap, en ek reken hulle 
sal nie juis omgee as die helper verklaar dat hy dit doen omdat 
hy dit sien as die doel van sy bestaan soos geopenbaar deur 
wesens van die buitenste ruim nie. 


* N 


Daar is dus `n groot kans dat beide identiteit en oortuiging dat 
ons bestaan `n doel dien, dinge is wat ons self uitdink. Dit is 
ook so dat sommige van ons hierdie dinge hanteer asof dit 
heilige waarheid is waaraan ons nie veel kan skaaf of verander 
nie. 

Is dit goed om te dink jou bestaan dien `n doel? 


128 


Ek het reeds die idee vermeld dat iemand warm sop en 
brood kan voorsien aan honger mense sonder vergoeding, en 
teen geen koste vir die persoon wat die sop en brood kry nie, 
moontlik omdat die voorsiener glo dis `n manifestasie van die 
doel van sy of haar bestaan. 

Dan is daar ook die ou wat nie glo sy bestaan dien enige 
doel nie; dat hy gebore is en uiteindelik sal doodgaan en 
tussen-in maar net sy bes sal doen om so goed as moontlik oor 
die weg te kom met sy bure, uit die moeilikheid te bly meeste 
van die tyd, en die lewe soveel as moontlik die moeite werd 
sal maak vir homself, siende dat hy maklik genoeg sy eie lewe 
kan beëindig. 

Persoonlik het ek nie `n probleem met `n persoon wat nie 
glo sy bestaan dien enige doel nie. En as die persoon by die 
sopkombuis sê sy is `n wese van die buitenste ruim wat maar 
net haar opdrag uitvoer, gaan ek ook nie `n probleem hê met 
haar nie — solank die sop en brood van `n kwaliteit is wat 
gewone aardbewoners deur die dag kan help. 

Aan die ander kant van die spektrum sal ek wél omgee as 
iemand my kop wil afsny omdat, volgens hierdie persoon, 
antieke geskrifte hom opdrag gee om dit te doen; dat dit 
inderdaad deel is van die doel van sy bestaan soos geopenbaar 
deur sy “heilige” boek. 

Die oortuiging dat jou bestaan `n doel dien is, soos 
identiteit, nie inherent goed of sleg nie. Beide kan jou help om 
heel en redelik gesond deur die dag te kom, en nie in die tronk 
of die malhuis te beland nie. Beide kan ook jou pad na die 
tronk of die malhuis besonders kort en reguit maak. En beide 
kan jou 6f in staat stel om in relatiewe vrede te leef met meeste 
mense in die gemeenskap, 6f dit kan jou op `n oorlogspad sit 
met hulle, of met mense in ander gemeenskappe. 

Wie is jy, aan die einde van die dag? En glo jy jou bestaan 
dien `n doel? Indien wel, wat is hierdie doel, en waar het jy 
aan die idee gekom dat dit die doel van jou bestaan moet 
wees? 


129 


Almal wil `n punt bereik 
Woensdag 18 Januarie 2017 


Sommige mense organiseer hulle lewens volgens stelsels wat 
hulle reken die waarskynlikheid sal verhoog dat hulle sal 
oorleef en ten minste die helfte van die tyd goed sal voel oor 
hulleself. Ander mense het doelwitte wat hulle een vir een 
nastreef. Ongeag of jy stelsels of doelwitte verkies, of iets van 
albei, ek glo almal streef na wat ek kan beskryf as `n punt. 
Soms is jy bewus daarvan dat jy hierdie punt nastreef, soms 
nie. 

Hierdie punt is vir vele mense `n ideale leefstyl — `n 
spesifieke manier hoe hulle hul dae en nagte op aarde wil 
verwyl. 

Sommige mense se punt is om `n gesin te hê, om die rol 
van moeder of vader te speel vir kinders van hul eie. 

Dan is daar mense wat `n punt nastreef van amper 
onuitputlike finansiële vermoëns — om te weet hulle kan koop 
wat hulle wil, en doen wat hulle wil, die put gaan 6f nooit 
opdroog nie, 6f die geld wat vandag gespandeer word, word 
eenvoudig mêre vervang. 

My punt is om die vermoë te kan hê om verlore te kan raak 
in `n aktiwiteit — kan wees `n skryfprojek, of `n boek, of 
navorsing oor `n onderwerp wat my interesseer. Ek wil verlore 
kan raak daarin sonder om nodig te hê om myself te herinner 
daaraan dat ek later moet uitgaan om iets te verkoop 
(gewoonlik my vermoëns om iets te kan doen), of om iets 
anders te doen wat veronderstel is om geld te maak. 

Meeste mense dink nie elke dag daaraan dat die werklike 
doel wat hulle nastreef is om daai betrokke dag en nag te 
oorleef nie. En as jy oorleef, doen jy wat jy moet doen om jou 
oorlewing die moeite werd te maak. Om `n punt te hê wat jy 
nastreef, is meer as net `n doel wat jy hoop om te verwesenlik. 
Dit voorsien die inspirasie wat jou vorentoe dryf; dit help om 
jou oorlewing vandag die moeite werd te maak. 


130 


Punt, en wat my lewe die moeite werd maak 
Maandag 14 Augustus 2017 


Die PUNT van my lewe is om te rapporteer. Ek leef; ek ervaar 
dinge; ek dink oor dinge; ek skryf daaroor. Dalk vind iemand 
anders `n insig of `n siening bruikbaar. 

Wat my lewe die MOEITE WERD maak, is om `n getuie 
te wees van die lewe van die vrou wat ek liefhet, om `n maat 
te wees vir haar, en om haar te laat voel dat sy bemin word. 
Wat my lewe verder die MOEITE WERD maak, is om goeie 
verhoudings te handhaaf met familie en vriende, om 
troeteldiere te versorg, om lekker te eet, interessante dinge te 
lees, te ontspan wanneer ek moeg is, om interessante of 
snaakse films te kyk, om te reis, of om plekke te besoek 
waarvan ek hou, en om die PUNT van my lewe na te streef. 

Het my lewe `n DOEL? Kyk na die PUNT van my lewe, 
en na wat my lewe die MOEITE WERD maak. 


131 


dk dk dk RR RR dd RR ER ER HE 


Indien jy hierdie bundel geniet het, of dit opvoedkundig 
gevind het, oorweeg dit asseblief om `n gedrukte kopie te 
koop, of `n elektroniese kopie vir jou leestoestel. 


Onthou: die skrywer moet ook eet en huur betaal! 


BRANDSMIT.NET/BOEKWINKEL 


dk dk RR HR HR dd RR ER ER AE 


132 


de dk RR Rd HR dd AR ER ER ER N 


Beskikbare titels deur Brand $mit — in beide digitale en 
gedrukte formaat: 


In die greep van ketters — of, Die Christen 
Nie tafel, hond of potlood nie 
Die werklike, of nie-werklike doel van ons bestaan 
Solank jy staande bly ... 
Die noodsaaklike onaangenaamheid 
Die volwasse lewe 
Oor skryfwerk en die skrywer 
Ballingskap 


Dertien minute op 'n Saterdagaand 
Tyd vlieg nie regtig nie 


Koors/Fotografie: Twee versamelings gedigte 
Meer inligting is beskikbaar op die skrywer se webwerf: 


BRANDSMIT.NET 


de dk RR Rd HR dd AR ER ER ER N 


133